Driejarige verdrink in swembad

Argieffoto

’n Driejarige dogtertjie is Woensdagmiddag aan die Wes-Rand dood nadat sy vermoedelik in ’n swembad by ’n huis in Florida, Johannesburg, beland het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê parmedici het kort ná 12:30 met hul aankoms op die toneel die dogtertjie in ’n erf aangetref waar sy omring deur omstanders gelê het. Die omstanders het in dié stadium mond-tot-mond-asemhaling op die kind toegepas.

“Na wat verneem word, is sy in die swembad gevind. Paramedici het dadelik gehelp en voortgegaan met behandeling.”

Volgens Van Huyssteen is die dogtertjie in ’n ambulans na ’n hospitaal gehaas terwyl daar deurgaans behandeling op die kind toegepas is.

Die dogtertjie is egter later ten spyte van die nooddienste se pogings dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

Innige meegevoel aan familie. So baie kinders sterf onnodig weens onbeskermde swembaddens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.