Driekwart van SAAT nou hul werk kwyt

Honderde werkers by SAAT, sommige van hulle met dekades lange diens, is vandeesweek finaal afgelê. (Foto: Phillip Joubert/Facebook)

Die afleggingsproses by die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAAT) is afgehandel en sowat 75% van dié eens trotse onderneming se werkers het vandeesweek hul werkplek vir die laaste keer verlaat.

Vir hierdie mense, baie van hulle uiters kundig in hul veld, is die toekoms nou onseker.

“Dit was ʼn lang en uitgerekte proses. Dinsdag het almal uitgeklaar wat klaargemaak het. Dit was ʼn geweldige hartseer situasie,” het Derek Mans, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit, gesê.

Mans sê die afleggingsproses was onvermydelik nadat SAAT se inkomste nie meer sy uitgawes kon dek nie en sy grootste drie kliënte self in die moeilikheid beland het.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is vroeër in sakeredding geplaas en begin nou eers weer op dreef kom, Mango is in sakeredding geplaas en vlieg in hierdie stadium glad nie, terwyl Comair – wat SAAT honderde miljoene rande skuld – ook in sakeredding geplaas is en reeds geruime tyd nie vlugte onderneem het nie.

“SAAT kon nie ʼn inkomste genereer nie en werkers kry al vir langer as ʼn jaar net tussen 25% en 50% van hul salaris,” sê Mans.

In April vanjaar het SAAT altesame 2 019 werkers gehad. Sommige het vrywillige skeidingspakkette aanvaar, maar uiteindelik het net 484 posisie oorgebly. Werkers kon vir dié poste aansoek doen en diegene wat onsuksesvol was, is afgelê.

Comair gaan in die toekoms boonop sy sake na ʼn ander diensverskaffer skuif, terwyl SAL deesdae net ses vliegtuie bedryf van die net minder as 50 wat hy vantevore gehad het. Die vermindering in sakebedrywighede het afleggings verder onvermydelik gemaak.

Mans sê die Covid-19-pandemie het die nasionale tesourie se beursie boonop toegemaak en staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) wat vantevore reddingsboeie van die staat ontvang het, moes skielik bedryf word met die geld wat hulle self genereer.

“Covid-19 het SBO’s gedwing om soos ʼn gewone maatskappy bedryf te word, maar hulle het nie die vermoëns gehad nie,” sê Mans en waarsku dat soortgelyke situasies ondervind word by ander staatsinstellings soos die Poskantoor, Denel en die SAL.

Eindelik het honderde SAAT-werkers “betaal” vir die geld wat jare lank verkwis is deur diegene aan die stuur van SBO’s.

“Die beursie is tóé en nog swaar tye lê voor.”

Toekoms onseker

Vir die honderde werkers by SAAT wat afgelê is, wag ʼn onseker toekoms.

ʼn Werker wat die afleggingsproses vrygespring het en op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, het die situasie as ongelooflik hartseer bestempel.

“Ons het geweet dit gaan kom, so dit was nie ʼn verrassing nie, maar dit was werklik nie ʼn lekker gevoel nie. Dit het amper soos ʼn begrafnis gevoel.”

Hy sê dit was ook moeilik om die afgelope paar maande kommentaar oor die situasie by SAAT aan te hoor en te lees hoe mense vra dat die instelling sy deure sluit.

“Ons is net mense. Ek het kinders, ʼn gesin.

“Ek moes mense in die oë kyk, broodwinners, en sê ‘jammer, jy het môre nie meer werk nie’.”

Hy sê die afleggings lei ook tot ʼn reuseverlies aan kundigheid.

“Daar is soveel ondervinding wat verlore gegaan het, jare lange kennis.”

SAAT-werkers wat afgelê is, het op sosiale media hul stories gedeel en mekaar sterkte toegewens. Sommige van hulle het tot 40 jaar lank by die instelling gewerk.

In ʼn interne nuusbrief aan werkers sê SAAT die afleggings word betreur, maar kon nie vermy word nie. “Dit is ons opregte hoop en wens dat die lugvaartbedryf vinnig herstel sodat SAAT in ʼn posisie is om mense wat deur aflegging in die gesig gestaar word, sover moontlik weer in diens te kan neem.

“Hoewel die ongelukkige verwikkeling baie moeilik vir werkers en hul gesinne is, hoop ons mense besef dat ʼn versuim om SAAT te herstruktureer waarskynlik sal lei tot ʼn algehele ineenstorting van die onderneming wat beteken álle werksgeleenthede sal dan weens moontlike likwidasie verlore gaan.”

SAAT het werkers vir hul “lojale diens” bedank en hulle sterkte vir die toekoms toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lesly ·

Ek het 20 jaar vir hulle gewerk en in 1998 besef die einde van die land en SAL is in sig. besluit on die land te verlaat en nou werk ek vir ‘ lugredery op wie se vliegtuie ek op Johannesburg int lughawe gewerk het. Nog nooit spyt gehad nie.
Sterkte vir al my oud kollegas. Julle is ysters

Tanja ·

In 1995 was al Suid-Afrika se SBO’s top maatskappye, party die beste in die wêreld!
Wys jou wat kaders kan verrig in ń skamele 26jaar… donker

Jacobus ·

Deel Lesly se sentiment. Dis nou die situasie in ‘n land waar die vet salarisse van useless “manajôrs” baie hoër geag word as die tegniese veiligheid van die lugrame. Soos feitlik alles in die land.

007 ·

Ek was ook 15 jaar daar en het Des 1999 my goedjies sommer self gepak. Van 1994 af het alles in ons eens pragtige gesonde land tot Junk status verval.
Hulle kan net eenvoudig niks bestuur en vooruitgang bewerkstellig nie.

Soethappie ·

Dis hartseer. Die afleggings, gesinne, voorheen broodwinners, kundigheid en jare se ondervinding ‘n knak toegedien. My hart gaan uit. So jammer

Zombie ·

Wat ń tragedie. Sterkte vir al die gesinne. Mag daar uitkoms wees.

Stephen ·

Die klug is dat van die SAAT tegnikuste wat moet uitklaar eers in middel Desember datums kan kry vir gereedskap kis inspeksies sodat hulle hulle uitgereikte persoonlike gereedskap kiste kan terug handig, weens die feit dat SAAT se bestuur weer eens nie voorsiening kon maak en so vêr kon sien om meer mense af te vaardig om die proses te maak vloei nie.
Dit beteken dat van die mense wie die maand laat gaan is, nie gaan kan aangaan met hulle reëlings, UIF, en oordrag van hulle pensioen en uitstaande salarisse en Belasting dokumente nie.
Nou trek die tegniese mense noustrop sonder geld, want sekere prosesse kan nie aangaan voor die gereedskap kiste nie ingehandig is nie… Hulle sal 10 teen een ook nie betaling kry al is die administrasie nie afgehandel weens SAAT se uitgerekte prosesse nie … So… Die tegnikuste wat ontslaan word moet op eie koste ingaan om hulle gereedskap kiste te laat nagaan, maar hulle word nie vergoed vir dit nie?? Ek hoop AUSA en Solidariteit kyk hierna?

Marius ·

Viva ANCancer,Viva,die res onder ANCancer beheer volg,al einde wat hul stop…is as als op..klaar..weg is,die res gaan 100% seker sonder twyfel volg,kwessie van tyd…

Jack ·

Ongelukkig het wat nou by SAAT gebeur het voorheen by baie ander staatsinstellings gebeur. Die ANC is die grootste ramp wat hierdie land nog getref het.

Barney ·

Ja jong. Julle wou mos JA stem in 1992. Lag myself simpel.

Meinung ·

‘n Pluimpie vir die ANC-manier van dinge doen. Nog ‘n slag was hulle suksesvol om iets te vernietig, te verinneweer, en af te breek wat eens rooskleurig was. ‘n Familielid het in die 70’s en 80’s daar gewerk. Wat ‘n organisasie gewees! Toe nog ‘n familielid in die vroeë 90’s. Hy het sy goedjies gepak en in Duitsland gaan werk so vyf jaar na 1994. Toe het hy al vir my gesê daar gebeur goed wat tot die einde van die afdeling sal lei. Nou ja, waar is ons vandag? Dit is só jammer dat goeie, gehaltemense en -tegnici nou onder die twak moet ly. ‘n Ramp!

Hondjie ·

12 Oktober se een opskrif oor sal.SAL-werkers staak drie weke na vlugte hervat.rest my case

Marius ·

Eet vandag more niks oor enige mens wat net n 5% brein sel het sal SAL kan reg kry

Yvonne ·

Dompel almal in verval en armoede…hoe redeneer die regering en sy mense

Marshall ·

A population with mean IQ of 69 is running (ruining) the entire country. The Afrikaner has a decission to make.
Either secede and survive or remain in this stricken unitary state and face extinction.
I saw it coming in 1970. Began preparing to leave and left the country some years later. My family prospered in a civilized, safe country.
Those, who at this stage, still can not see where this is going, probably deserve extinction.

Frank John ·

Jy sien, werk-skepping is nie om bestaande besighede met meer mense te bedryf nie maar om nuwe poste in nuwe projekte te skep. Om dieselfde werk te doen met meer mense as wat nodig is mis management. Onwys. Bestuurders moet dink. Goeie produktieweteit is waneer die bestaande werkers meer werk doen. Maar as dieselfde werk-las deur meer mense gedoen moet word is elke persoon se produktieweteit verlaag want hy/sy gebruik dieselfde ure om minder werk uit te sit.

Kokerboom ·

Hierdie is slegs die punt van die ysberg. Die HELE ekonomie is op ‘n glybaan. Die privaatsektor wurg. Donker tye wink. Die bankinstellings laat klein ondernemers in die steek. Buitelandse investeerders hou verby. Die gehate BEE program stoom voort bv vereistes vir eienaarskap van private sekuriteitsinstellings(wetgewing deur President geteken). EN die geagte President woed voort op sy fanatiese rassistiese beleid
Quo Vadis SA
Ons SAL SELF!

lodewyk ·

So jammer vir julle,ons hoop God sal vir julle n helder toekoms stig,wat my kwaad maak is dat 2 weke na die SAL weer begin werk het,strike die bietjie mense wat nog werk het weer oor demands,more huil hulle as hulle ook n aflegings brief kry…..

Waarnemer ·

Van harte geluk Cyril en kaders,julle kry reg wat julle 27 jaar gelede begin het,om die blanke uit te werk.Well done!!!Hou net een ding in gedagte….n BOER gaan nie le nie,hy mag dalk nou gebreek wees,maar as hy opstaan…..”EN HOOR JY DIE MAGTIGE DREUNING”…..SAAT manne sterk staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.