Dringende aansoek oor Valke-hoof se skorsing uitgestel

valkeʼn Dringende hofaansoek deur die Helen Suzman Foundation (HSF) om die skorsing van Answa Dramat, hoof van die Valke, tersyde te stel, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.

Die HSF en polisieminister Nathi Nhleko se regsverteenwoordiger het Donderdag in die hof ʼn skikking bereik nadat regter Bill Prinsloo die dringendheid van die aansoek aangehoor het.

Die uitstel sal toelaat dat die minister genoeg tyd het om ʼn opponerende beëdigde verklaring en argumente teen die aansoek in te dien.

Die aansoek sal Maandag om 08:00 aangehoor word.

Dramat is op 23 Desember geskors hangende ʼn ondersoek rakende sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

Die polisie het op 30 Desember bewerings ontken dat Dramat gevra is om inligting te verskaf oor die Nkandla-ondersoek aan Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris.

Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, het toe gesê haar party glo dat Dramat se skorsing verband hou met Nkandla. Ramaloko het egter die bewering ontken.

Johan Nortje, Dramat se regsverteenwoordiger, het destyds tydens ʼn onderhoud op Radio 702 genoem dat Nkandla moontlik die rede agter Dramat se skorsing is. Dramat se regsverteenwoordiger het Nathi Nhleko, minister van polisie, tot 5 Januarie tyd gegee om sy skorsing op te hef, wat nie plaasgevind het nie.

Die HSF het verlede week gesê hy gaan Dramat se skorsing,en die besluit om genl.maj. Benny Ntlemeza as waarnemende hoof van die Valke aan te stel, in die hof betwis.

Genl.maj. Shadrack Sibiya, die hoof van die Valke in Gauteng, het ook op 5 Januarie ʼn kennisgewing ontvang dat hy geskors gaan word. Dit hou glo ook verband met die onwettige uitlewering van die Zimbabwiërs. Kol. Leslie Maluleke, senior beampte by die Valke, het na bewering ook ʼn kennisgewing van skorsing ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Die huidige regering klou om aan bewind te bly, en sal skerm vir skelm JZ want as hy waai moet hulle ook waai, en hulle het nog nie klaar gesteel nie. Die dag wanneer JZ en sy kaders finaal die parlement verlaat gaan ons met NIKS sit nie. Ons sal hierdie land van vooraf moet opbou. want dit sal vrot gesteel wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.