Dringende bloedtekort in Wes-Kaap

Foto bloot ter illustrasie. (Unsplash)

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het Dinsdag ’n beroep op Wes-Kapenaars gedoen om dringend bloed te skenk. Die Wes-Kaapse Bloeddiens het tans ʼn groot tekort aan bloed en het net een dag se voorraad vir die O-bloedgroep oor.

Volgens Marike Gevers, woordvoerder by dié bloeddiens, is daar verskeie redes vir die lae voorraad.

Sy sê die bloeddiens sukkel die afgelope ruk om sy teiken van 700 eenhede bloed per dag te behaal.

“Die ideaal is om altyd genoeg voorraad vir minstens vyf dae te hê, maar ons sukkel om daarby uit te kom.

“Wanneer daar ʼn tekort aan voorraad van een bloedgroep is, plaas dit ook druk op ander bloedgroepe. Ons het net een dag se voorraad oor vir die O-bloedgroep en twee dae vir die B- en A-bloedgroep.”

Gevers sê minder mense het oor die afgelope ruk bloed geskenk, onder meer oor die baie vakansiedae wat daar in April was.

“Dis natuurlik ook winterseisoen. Mense kan nie bloed skenk as hulle griep of verkoue het nie.”

Winde sê daar is terselfdertyd ʼn toenemende vraag na bloed om oortappings binne die gesondheidsorgstelsel te doen.

“Deur bloed te skenk, kan jy tot drie mense se lewens red. Die bloed wat jy vandag skenk, kan mense help wat ernstige en traumatiese beserings opgedoen of geboorte geskenk het, aan bloedarmoede ly of bloedafwykings het, asook mense wat behandeling vir kanker ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Roedolf Johannes ·

Dalk sal dit die S A BLOED DIENSTE weer laat dink om AFRIKAANSE vorms beskikbaar te stel.Ek het n voorstel gemaak dat die Voms in al die tale in S A te gedruk word,sodat elkeen wat die diens lewer die voorreg het om dit in sy eie taal te kan invul.Ek het107 Eenhede geskenk en opgehou as gevolg van die die vorm ENGELSE VORM.Ek hoop daar is nog baie persone wat soos ek oor die saak voel

Piet ·

Ek het 100 eenhede geskenk. Toe val hulle privaatheid plat. Bye bye….

KatjieDeKat ·

Ek voel in so n geval kom die geskenk uit die hart, so as jy Engels magtig is, vul dan die Engelse vorm in en skenk bloed. Maar net my opinie, elkeen moet doen wat reg voel vir hom of haarself. Ek voel net dat iets so amper heilig soos om jou eie lewensbloed aan n ander te skenk, behoort verhewe te wees bo sake soos tale op vorms. Maar ja, net my eie opinie.

annie ·

Nee. Die wyse waarop bloed buite in wind en weer deur arrogante glo verpleegkundiges getrek word in smerige omstandighede sal dringend aandag moet kry. Om aan die eenkant ‘n edele doel na te streef, maar self groot geld maak, terwyl die skenker dalk erge ontsteking in die proses kan opdoen, is misbruik.

dave ·

Ek skenk al vir jaare nie meer nie want as ek skenk en ek kort bloed eendag moet ek teen duurte petaal vir bloed en hulle kry dit vir n paar koekies dan moet hulle dan maar kort ek stel nie beland om weer te skenk nie en van hulle maak n mens baie seer ek sal vir vriende en famielie skenk ja maar nie vir SA bloedbank nie

Karinda ·

Daar sal dalk meer skenkings gemaak word as die ure aangepas word, bitter min mense kan skenk gedurende werksure, ek word gebel aangesien ek ‘n gesogte bloedgroep het, maar wanneer ek sê ek kan net na-ure skenk word daar klem gelê op hul “werksure”.

Sukkel dan maar.

KatjieDeKat ·

Ek onthou as kind in die vroee 70’s het my pa my ma geneem om in die aand bloed te skenk, in Bellville. Ja mens sou dink vir iets so belangrik kan darem aanpassings gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.