Die burgerregteorganisasie AfriForum het Woensdag sy dringende hofaansoek teen ses respondente beteken in die saak oor die vrylating van Jacob Zuma op mediese parool.
Dié respondente is die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, die mediese paroolraad, Zuma self, die sekretaris-generaal van die geregtelike ondersoek na bewerings van staatskaping en bedrog in die openbare sektor, insluitend staatsorgane, die minister van justisie en korrektiewe dienste en die president van die Republiek van Suid-Afrika.
Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê hierdie is ’n saak van nasionale belang en dat dit ’n skande is indien mense op grond van hul politieke aansien bevoordeel word.
“Ons beskou hierdie aansoek as dringend aangesien hierdie ’n duidelike geval van magsmisbruik is deur die regering op grond van ’n persoon se politieke posisie. Dit is ook vir ons duidelik dat die toepaslike wetsvoorskrifte om iemand op mediese parool vry te laat nié nagekom is nie. Ons vra dus in ons aansoek dat die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat, omgekeer moet word,” sluit Roets af.
Gee hulle gas.Ek vewag nie dat die hof anders sal besluit nie maar ten minste is daar weerstand om die besluit omgekeer te kry.
Die hele land is in magsmisbruik deur die anc.
En Cyril glo vas hy red sy eie bas. Die sterwend Zuma het hierna niks meer om te verloor nie. Hy gaan net die paadjie oopskoffel vir boetie se troon-bestyging en sy eie entourage en clan se volgehoue weelderige bestaan. Ace & kie word bloot gebruik om onkruit te saai en biskruit af te vuur voor die komende sirkusseisoen vanuit die Nkandla-hooftent.
Stem saam met die optrede van Afriforum. Dis sommer bog, twak en nonsens dat elke jan rap en sy maat n bespotting van die regstelsel kan maak.
Wat is die beheptheid met Jacob Zuma se doen en late? Hoeveel gaan dit nou weer die belasting betaler kos om hom vir ‘n verdere 3 maande van kos en verblyf te voorsien….. nie eens te praat vd regskostes daaraan verbonde nie.
Dit gaan hier oor die integriteit van ons regstelsel. Wat verkeerd is, IS verkeerd.
“Wat verkeerd is, IS verkeerd”….. gemeet teenoor wie se maatstaf van reg-&-geregtigheid?
Dis die prinsiep van die saak. Hy moet sit in sy oranje overall
Misky, “hy moet sit in sy oranje overall”….. om wat reg te kry of, het jy maar net jou individuele stem verloor, en besluit om op daai anti Zuma bandwagon te spring.
Dink jy geregtigheid het hier plaasgevind @Peach? Dink jy dis reg dat die mediese paroolraad die aansoek afgekeur het, maar Zuma se pel besluit hy mag maar by Nkandla gaan sit?
Misky, ongeag Jan Alleman se opvatting, Arthur Fraser verdien ‘n medalje want, ten minste was hy dapper genoeg om ‘n besluit te neem….. daar is baie belangrike saak van nasionale belang wat hangend is omdat iemand nie ‘n besluit kan neem nie….. die nagevolge van ‘n Tri partied alliance staat waar almal moet gekonsulteer word en saam stem.
Dit is Afriforum wat die hofsaak aanhangig gemaak het, en laas toe ek gekyk het, het hulle hulself befonds en nie die staat nie. So slaap rustig voort.
Duwweltjie, AfriForum is ‘n organisasie en nie ‘n entiteit wie “hulself” kan befonds nie….. lede of mense, wie ook belasting betalers is, befonds die organisasie en daardie lidmaatskap fooie of skenkings word gebruik om hul regskostes te betaal.
Ja Peach en daarom behoort ons aan hulle (wat ookal jy dit wil noem), want hulle baklei vir geregtigheid en daarom skenk ons. En hulle weet hoe om met geld te werk, so jy kan kalmeer.
Klink of die kaping nog steeds gebeur onder ons oe. Die skade wat Zuma aan die land gedoen het is onberekenbaar en die nagevolge sal nog vir die volgende 10 jaar gesien word.
Nie net 10 jaar nie, baie jare meer.
Daar is nou ‘n kultuur van “vat wat jy wil hê” geskep en dit gaan baie lank neem om dit om te keer.
Nee wat hiervan gaan net mooi vere kom..kyk mooi
Stuur sommer vir Shaik ook weer terug…
Nou gaan ou jz en shaik lekker saam golf speel
Solank Hoed,kopdoek ens vir Zuma dek sal daar nie hond haar afgemaak word nie. Dit is ‘n skreiende skande dat hy op mediese parool uit is sonder verduideliking, DUBBELE STANDAARDE dit is mos die ANC Beleid.