Dringende hofaansoek om UV-taalplan vir 2017 te stuit

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

AfriForum, AfriForum Jeug en die vakbond Solidariteit het vandag met hul regspan gekonsulteer oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) se raadsbesluit Vrydag dat slegs Engels vanaf 2017 die onderrig- en administratiewe taal van die universiteit sal wees.

Die organisasies het besluit om die hof gesamentlik te nader met ʼn dringende aansoek om die implementering van die raad se besluit tydelik te stuit totdat dit deur die hof onder die loep geneem is.

AfriForum en AfriForum Jeug het reeds voor die universiteit se besluit in prokureursbriewe die universiteit om terugvoer gevra oor huidige studente wat vir studie in Afrikaans ingeskryf het, maar vind dat klasse net in Engels aangebied word. Hierdie praktyk kom neer op diskriminasie en druis in teen studente se taalregte.

Die belange van lede, ouers en enige ander studente wat in Afrikaans by die UV wil studeer is vir dié organisasies uiters belangrik.

Die organisasies meen die verwydering van Afrikaans sal nie die einde van transformasie beteken nie, maar is ʼn voorwaarde vir die begin van transformasie. Kovsies se radikale transformasie en ontwrigting begin dus nou eers, aangesien die universiteit sonder Afrikaans ook sonder stabiliteit sal wees. Daarom wil dié drie organisasies alles moontlik doen om dit te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Theresa B ·

Goeiste – ek kan nie dink hierdie mense gee net toe en dink almal moet dit nou maar gedwee aanvaar nie. Dis bangbroeke wat dit net sommer verander om by sekeres te pas. Nou is dinge net omgekeer en almal is veronderstel om voordeel uit hul taal te trek. Hoe werk dit nou…??

Louis ·

Kom tog by – Langenhoven het gesê “Hoeveel tale ek kan, soveel male is ek ‘n man”. Die wêreldtaal is engels, die rekenaar praat engels, meeste handboeke is in engels, ens., ens. Onthou ook tog dat ons swart broers se huistaal nie engels is nie. So moedertaalonderig verskonings hou nie water nie. Hoekom sal ek my moedertaal veloor as ek in ‘n ander taal onderrig word? Ek sal altyd in afrikaans bid en baklei!

tamboti ·

Aag Louis dink weer man, los vir ‘n oomblik Afrikaans en kyk na die swart kinders om jou en die wat in die Engels ingedruk word – hul verengels heeltemal en los hul moedertaal!
Om Afrikaans as onderrig taal te versaak het net een gevolg: dit sal bykans uitsterf en net voortleef by mense soos ek wat my kinders en hul kleinkinders Afrikaans grootmaak, en vir private Afrikaanse skole opdok. Jou nageslag sal Engels word, in SA en in buiteland.
HOEKOM??
Die antwoord is maklik: dit is ‘n natuurlike uitvloeisel.
Jou siening verraai jou eie moedertaal!

Reinhardt ·

Dis juis dit. Ons wil nie he Afrikaans moet slegs n taal wees om te bid en te baklei nie. Ons wil he dit moet n taal wees waarin akademiese verslae geskryf word, waarin ons besigheid doen,w aarin ons lees, waarin ons kan filisofeer. Afrikaans is meer as net n ou taal by die huis, Afrikaans gelykstaande aan uitnemendheid. Afrikaans is die sleutel tot wes-Europa. Het jy geweet jy word toegelaat om voorleggings te gee in Afrikaans wanneer jy in Nederland en Belgie is? Want hulle verstaan ons. Kom tog by.

Francois ·

Louis, ek moet (teen my sin) in ‘n mate met jou saamstem. Anton van Niekerk (van wie ek, terloops, geen aanganger is nie) skryf in vanoggend se Burger dat daar op Stellenbosch ‘n merkbare afname in die aanvraag na Afrikaanse onderrig onder Afrikaanssprekende studente is – hulle verkies onderrig in Engels. Ek vermoed dat dié tendens by al die voormalig-Afrikaanse universiteite (behalwe waarskynlik Potch) te bespeur is. Markkragte begunstig dus Engelse onderrig. Waar ek egter met AfriForum saamstem, is dat dit heeltemal onaanvaarbaar is vir universiteite soos Stellenbosch en die Vrystaat om betalende studente in te neem met die belofte van Afrikaanse onderrig, en dan hul Afrikaanse aanbod grootliks of heeltemal uit te rangeer. Dit kom op ‘n verneukspul neer, en ek ondersteun enige aksie om sulke instellings by hul eie taalbeleide te hou.

johan jordaan ·

Louis ek was een van daardie studente wat nie n klas sou bywoon of n vak sou voltooi as dit nie in Afrikaans was nie, maar nou 12jaar nadat ek my graad vewerf het is ek spyt ek het nie my dwars houding daardie tyd al laat staan nie! Engels is die taal van die wetenskap en so ook baie ander velde! In Suid-Afrika sukkel jy al as jy nie Engels magtig is nie! Ek is trots Afrikaans maar ek sal my kinders aanmoedig om in Engels hulle studies te voltooi en sodoende vir hulle self n oop toekoms te verseker!

Irene ·

Hoogtyd dat ons wit afrikaners nou saam staan en doen wat hulle doen

Louis ·

Wees tog realities – Afrikaans is die toegang tot Wes Europa? Asseblief. Holland en die Flaamse gedeelte van België het 22 miljoen mense terwyl Duitsland alleen 80 miljoen mense het. Doen julle self ‘n guns as julle weer in ‘n restaurant is waar ‘n swart familie eet, vra hulle in watter taal hulle hulle kinders grootmaak. Die antwoord sal met min uitsonderinge Engels wees en die rede wat gegee word is dat hulle deel van die groter wêreld moet wees. Mis hulle iets want dis mos nie die siening van Afikaners nie? My kinders was vir 6 jaar in Amerikaanse skole en hulle het nooit hulle Afrikaans vergeet nie. Dit het hulle wel ‘n groot voordeel in hulle loopbane gegee.

Chrisp ·

Louis.
En die beste ingenieurs in Japan ,Frankryk,Duitsland, Italie ens leer almal in engels om by die groter wereld in te pas?
Ag nee wat moet nie val vir die ou swak seepbel nie.

wynand ·

Engels, Engels, alles Engels, Engels wat jy sien en hoor.
In ons skole , in ons Universiteite, word ons Moedertaal vermoor.
Ek is bly daar word iets aangedoen en bid julle sterkte toe.

tamboti ·

Louis gaan jou kinders se kinders ook Afrikaans as moedertaal he? Nee ek glo nie so nie, sien ek het ook familie en vriende oorsee.
Ons wil nie almal “Globaliseer” nie, my kinders sal dalk nooit, net soos ek , die buiteland sien nie. Dit is die punt: hierdie is my land net soveel soos die ander, my volk my taal my kultuur is hier gebore.
Hoekom word my toekoms dan nou bedreig in my eie land?
Klink my jy sit lekker in VSA, of is jy sak en pak terug?

Louis ·

Die antwoord is ja – die oudste een is finale jaar op Potch. My alma mater ook. Miskien moet jy tog ‘n buitelandse toer onderneem om te sien hoe onbelangrik Suid Afrika vir die res van die wêreld is. Dit is my laaste kommentaar.

Hannie ·

Daar is meer ernstige probleme om bekommerd oor te wees as die taal kwessie, konsentreer op die moord en dood waarvan ons elke dag hoor en beleef.

andries ·

Ek dink die Afrikaanse studente is moeg vir die gemors en wil nou net leer en klaarkry al is dit inEngels.

Andre ·

n Oorlog word veldslag per veldslag gewen of verloor. Jou siening is net nog n kapitulasie agtertoe. Ek moedig my seuns op universitet aan om hul man te staan, soos dit n man betaam.

HEVW ·

Dit is eintlik tragies dat baie mense in hierdie lateuur nog nie besef waaroor dit gaan nie. Theresa ja, hiedie mense gee toe en toe want daar is n vooropgestelde agenda ( ook inrernasionaal gedrewe) wat “hell or highwater” deurgevoer moet word. Hierdie gedrewenheid kom al baie jare. Dit is maar in die laaste jare met die swart regering, wat dien as handige instrument, wat dit meer intens word, en die greep al vaster gedraai word. Dan is daar ook Louis wat skynbaar nie n besef het van volksgees, eie taal en kultuur nie of dan ten minste gering skat. Al sou die hele wereld totaal verengels is dit nie n genoegsame rede dat die eiendomlike wese van die Afrikaner in die niet moet verdwyn nie. Die vernietiging van ons Afrikaanse taal is n minagting van die Afrikanerwese en die eindoel is die totale uitvasering van die Afrikanervolk.

Michael ·

Ek het net vandag begin om finansieel by te dra vir die uitbreiding van Akademia Afrikaanse universiteit wat sal groei tot die beste en eendag sal meeding met die beste in die wereld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.