Dringende hofaansoek oor ivermektien gebring

(Foto: SAPD)

’n Dringende hofaansoek is teen die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gebring om te verseker dat dokters ivermektien vir die behandeling van Covid-19 kan voorskryf.

Die burgerregteorganisasie AfriForum, ’n Pretoriase dokter en sy twee pasiënte het die aansoek gebring en voer aan Sahpra het tot dusver nagelaat om aansoeke van mediese dokters goed te keur om ivermektien te laat goedkeur vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. Die aansoeke is gebring ingevolge artikel 21 van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels.

Dr. George Coetzee van Silver Lakes in Pretoria voer in hofstukke namens twee pasiënte, wat met Covid-19 gediagnoseer is, aan dat hy die reg het om wettiglik medisyne saam te stel en toe te dien ten gunste van sy pasiënte, wat volgens hom dien as ’n effektiewe profilakse en behandeling van Covid-19.

“Verder is ek geregtig om spoedige besluite van Sahpra te ontvang ten opsigte van aansoeke ingevolge artikel 21 van die Wet op Medisyne, ten gunste van die tweede en derde aansoekers, ingevolge waarvan toestemming gevra word vir die verkoop en toediening van ’n spesifieke medisyne, naamlik ivermektien, wat tans nie geregistreer is vir gebruik deur die mens ingevolge die Medisynewet nie.”

Volgens Coetzee het sy pasiënte dringend die toediening van ivermektien vir die behandeling van Covid-19 nodig en word hul regte nadelig beïnvloed deur Sahpra se versuim om ’n besluit te neem wat die artikel 21-aansoeke betref. ’n Derde pasiënt is dood voor die aansoek ingedien kon word.

In die hofaansoek word onder meer versoek dat Sahpra se versuim om die artikel 21-aansoeke goed te keur tersyde gestel word en dat die hof die artikel 21-aansoeke goedkeur; ’n verklarende bevel dat ivermektien medisyne is wat veilig is vir mense om te gebruik mits dit behoorlik en beheers toegedien word onder die toesig van ’n mediese praktisyn; en ’n verklarende bevel dat gekwalifiseerde mediese dokters en aptekers volgens artikel 14(4) van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels geregtig is daarop om medisyne saam te stel volgens die voorskrif van ’n mediese dokter, wat ivermektien insluit.

Barend Uys.

“Ons verkeer in buitengewone omstandighede. Mense sterf daagliks en gesondheidspraktisyns swoeg. Elke dag kos lewens. Onder sulke toestande moet die potensiële risiko’s en voordele van ’n besluit met dringendheid opgeweeg word en daar moet met beslistheid opgetree word,” sê Barend Uys, AfriForum se hoof van navorsing.

“Ivermektien is op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se lys van noodsaaklike medisyne en dit is bewys dat dit veilig is – ook vir kinders. Studies wat in onder meer die VSA, Argentinië, Indië, Egipte en Spanje gedoen is, toon almal dat ivermektien potensiaal toon om Covid-19 te behandel en sterftes te verminder. Die balans tussen risiko en voordeel is duidelik; daarom doen ons nou dié stappe om die beskikbaarheid daarvan te verseker.”

Sahpra het vroeër die maand weereens benadruk dat studies wat oor die gebruik van ivermektien vir die behandeling van Covid-19 gedoen is, in hierdie stadium steeds beperk is.

Die middel word gebruik vir die behandeling en beheer van parasiete in diere, asook vir die behandeling van tropiese siektes wat nie algemeen in Suid-Afrika voorkom nie. Dit word soms ook voorgeskryf vir die behandeling van skurfte of kopluise.

Volgens Sahpra is dit nie in Suid-Afrika geregistreer vir gebruik deur mense nie, hoewel die raad soms toelaat dat dit as ongeregistreerde produk vir die behandeling van individuele pasiënte gebruik mag word.

Dr. Theo de Jager. (Foto: Saai)

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê boere is tans die grootste verbruikers van veemedisyne wat ivermektien bevat. “Al meer mense gebruik egter dié produkte, wat veroorsaak dat daar uitdagings vir boere ontstaan in terme van beskikbaarheid en bekostigbaarheid.

“Saai het ’n direkte belang by die welstand van familieboere, hul gesinne en hul werkers. Ons ondersteun daarom dié poging om die beskikbaarheid van ivermektien wat geskik is vir menslike gebruik dringend te verseker.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

annie ·

Dit is ‘n tragiese grap. Die entstowwe vir Korona wat nou glo ‘n regstellende proses moet deurstaan is nie nie eens behoorlik getoets nie. Ivermektien is al dekades op die mark. Miskien moet regstellende aksie weer inskop dan sal ons dit kan koop. En raai watter land sal dit vir ons vervaardig…

Irma ·

Ek stem saam met Annie. Daar is volgens my ook nie genoeg navorsing gedoen Nie. Ek betwyfel daarom die VEILIGHEID van die Covid 19 entstof.

Piet ·

Dan moet jy die gebruik van die veemiddel vir behandeling van Covid eers ernstig betwyfel want omtrent geen navorsing is in die verband gedoen nie.

Charles ·

Want normale entstof word oor baie jare getoets en ontwikkel Piet.

Pieter ·

Ivermektien is op die WHO se lys vir mensmedisyne, maar ons ïgnoreer hulle wanneer ons dit pas, maar al die ander WHO Covid-19 regulasies volg ons slaafs na. Duidelike bewys dat Ivermektien as teenvoeter teen Covid-19 nie deur die toutrekkers in ag geneem is nie en die pandemie vinnig kan laat verdwyn, iets wat nie toelaatbaar is nie.

pestilensie ·

Dis my gat se deksel dat daar hoegenaamd n aansoek gebring moet word . Wat die duiwel gaan met die regering aan . Niemand maar niemand kan so onosel wees , as een lewe gered word deur hierdie middel is dit genoeg . Gin wonder mense begin in alle sameswerings teorie glo nie

JJ ·

soek na max egan se “the poisened needle” en ” forty five years of registration statistics’ op thecrowhousedotcom en jy sal sien wat werklik aan die gang is. Ongelukkig word bronne van inligting eenvoudig verwyder soos die vernietiging van boeke in Alexandria en tydens die Nazi regime.

Werner ·

Hulle sal dit nooit goedkeur nie anders sal hulle nie die entstof waarop hulle n monopolie het verkoop kry nie

gatgogga ·

En hierdie regering wil ook alleenreg he om lewens te red of te verwoes – soos wat dit hulle pas. Hulle is mos baas.

Pieter ·

Die siek ANC sirkus gaan nooit op hou nie. So gaan dit as jy net graad een op skool het

JJ ·

Hoe trek jy die lyn deur van die Raad wat die medisyne moet goedkeur deur na die ANC? En jou stelling dat diegene wat die medisyne moet goedkeur, net graad een het, ia tog ‘n bietjie verregaande, simpel en nodeloos om te se , onnodig neerhalend.

Corne123 ·

Alles gaan oor selfveryking kyk maar n R10 veearts pil gaan nou rR100 word oornag tragies verby . En ja die boere trek weer aan die kortse end as hy medesyne moet gaan koop vir sy vee

Hennie ·

Die entstof vervaardigers gaan groot verlieste ly, so ek kan net dink hoe vol hulle ons korrupte politikuste se oorsese bankrekeninge gaan stop om Ivermectin se gebruik te stop! Selfsugtige blikslaers!

Vlooitjie ·

Ek dink nie mens moet of kan als wat ons sg kenners voorhou en riglyne van die WHO voorskryf net so vir soetkoek opvreet nie. Selfde met net dit wat ons hoor en sien van main stream media ook nie. Ek bly verbaas dat mense nie net vir hul self bietjie verder lees of navors vir hul self nie. Nie alles wat teen entstowwe spreek is conspiracy theories nie. Vir die wat wil, kyk gerus hierna;
https://www.facebook.com/TheNewAmerican/videos/1035267880287818/?sfnsn=scwspmo

Neelsie ·

Facebook is ook nie die mees betroubare navorsingbron nie. Jy kan beslis nie alles vir soetkoek op eet wat op sosiale media gepubliseer word nie.

Vlooitjie ·

Ek stem met jou saam, dit gaan beide kante toe, dis my punt. Jy skiet dit summier af, ek sê ondersoek wyer. Nie vir ‘n oomblik gesê daai link is die alpha en omega nie

Piet ·

Logika wil dit he dat die “wondermiddel” nie so fantasties kan wees vir Covid nie siende dat dit nie juis gebruik word vir Covid in lande waar dit vrylik beskikbaar is nie. In Indie is dit glad nie effektief nie, mense gaan dood aan die virus in massas en Indie is nou genoodsaak om die grootste inentingsveldtog ter wereld te loods. Kan maar net sowel disprin en panados in plaas van die “wondermiddel” gebruik om simptome te verlig.

pestilensie ·

Behalwe , jy mag disprin en Panado,s gebruik as jy so voel maar nie die “ wondermiddel “ . Hoekom nie ? Net omdat dit jou opinie is ?

Piet ·

Nee, omdat die vee-medisyne omtrent nog glad nie vir Covid-behandeling getoets is nie en slegs in uiterste gevalle vir behandeling van parasiete op mense gewaag is. Disprin en Panado is algemene pynmiddels wat al jare gebruik word vir MENSE.

Charles ·

Dis een van die beste medisynes met relatief min newe efekte, veilig vir menslike gebruik, en doeltrefend. Jou logika is vir my onverstaanbaar.

Piet ·

Dit is een van die beste veemedisyne vir diere met parasiete en is slegs in uiterste gevalle op mense gewaag vir parasietbehandeling soos kopluise. Hoe weet jy dit het min newe-effekte op mense wat Covid onder lede het? Die nodige navorsing moet eers hieroor gedoen word.

J P ·

Ja Piet, jy skryf, ook maar die eerste ding wat in jou gedagtes kom,doen jouself(en ons) ”n guns en gaan lees bietjie op.

Kobus ·

Piet, jy is heeltemal reg. Die middel is op n baie klein skaal getoets vir COVID behandeling in lande soos Indië, Pakistan en Bangladesh en het hoogstens getoon dat dit moontlik kan werk vir sekere simptome van COVID, maar die toetse was nie voldoende nie, en het ook newe effekte getoon. Dit is n erkende middel, maar nie vir die behandeling vir COVID nie. Dit is ook nie n wondermiddel wat jou skielik anderkant die poorte gaan haal as jy dodelik siek is nie. Ek vind dit altyd vreemd hoe mense op die wa spring om alles te politiseerd, as dit Dan nou als die regering ( wat ek nie ondersteun nie) se skuld is en deel van hul “ groot plan” hoekom word dit nie deur regerings regoor die wereld erken en beskikbaar gestel nie? Baie van die mense wat nou kommentaar lewer ten gunste van die middel erken nie eers dat COVID bestaan nie. Dink mense moet laat die middel eers medies bewys en goedgekeur, en deur dokters volgens protokol voorgeskryf word, voordat hulle op die conspiracy wa spring.

Raakvatter ·

Ek ook Paul, sommer 500ml van die goed. In geval van nood. @Piet, as ek moet kies tussen ‘n geliefde afstaan aan die dood of “kans waag” en moontlike “newe effekte” wat my geliefde se lewe sal red, dink maar self wat eks al doen!!

Piet ·

Daar’s ‘n verskil tussen voorkoming en behandeling. Lyk my sommiges sukkel om dit te verstaan.

Marlize ·

Dit gaan my verstand te bowe dat n entstof wat nog nie een n jaar oud is, waar daar GEEN langtermyn studies om die impak te bepaal, goedgekeur kan word, maar n paar dekade oue medisyne wat al goedgekeur is v menslike gebruik is in uitsonderlike gevalle, nie nou goedkeuring kan kry nie. Ons word gedurig herinner dat ons onsself in uitsonderlike omstandighede bevind – waarom sal medici dan nie toegelaat word om met pasiente se goedkeuring hierdie produk voor te skryf nie? Laat teken die mense n indemnity vorm teken waarin hul die regering vryskeld v toekomstige eise as die produk goefgekeur word in hierdie buitengewone tye as dit dan moet… maar gee die mense n keuse. Hoeveel onnodige sterftes kon al verhoed gewees het.

Piet ·

Die feit is dat hierdie vee-medisyne nog nie voldoende getoets is VIR COVID gevalle nie. So dis gevaarlik dat jy net kan aanvaar dat dit op Covid pasiente gebruik kan word sonder ‘n behoorlike toetsregime. Ons weet dis veilig vir mense met kopluise maar COVID? Die nodige navorsing moet eers gedoen word. Die entstof is die enigste manier tans om Covid te VOORKOM en om te keer dat jy iemand anders aansteek. Die veemedisyne kan hoogstens help met BEHANDELING van die virus as jy dit reeds klaar het, net soos om gewone pynmiddels te gebruik.

Francois Le Cochon ·

Marlize, Ivermektien is ‘n medikasie wat op diere gebruik word vir die behandeling van parasiete. Die argument tans is dat dit moontlik kan help vir die behandeling van Covid, en nie om Covid te verhoed nie. Covid entstof aan die ander kant, is nie ‘n medikasie nie, maar ‘n entstof om Covid te verhoed. Wetenskaplikes het Covid entstowwe ontwikkel wat tans 90-95% effektief is vir die voorkoming van Covid. Dit is nog nie bewys dat iemand wat die entstof geneem het, nie nogsteeds die virus kan versprei nie. Covid is iets nuuts, so wetendkaplikes leer ook maar soos dinge vorder. Die Covid entstof is ontwikkel volgens die DNA kode van die 2003 SARS virus, so dit is nie so “jonk” nie. In alle entstowwe gee ‘n DNA kode jou bloedliggame “instruksies” hoe om immuniteit op te bou teen ‘n vreemde virus wat jou bloedliggame nie kan identifiseer nie. So werk entstowwe ook teen Polio, Pokke en al die kindersiektes.

Wonder ·

Die groot ding is dat die entstof kan werk net vir n kort rukkie omdat die virus homself “aanpas” met mens se imuunstelsel hoeveel entstowe gaan mens moet kry dan?
Waar die medikasie Covid verhoed asook “genees” die medikasie maak die virus dood waar die entstof dit nie doen nie.

Kobus ·

Piet, Francois, ons voer weer n verlore stryd. Moes eers bewys dan COVID wel bestaan, nou oor n entstof vir iets wat volgens baie nie bestaan nie. Dit is ironies en hartseer.

Francois ·

Kan die eerbare minister en geleerdes van Sahpra asseblief die eerbare ding doen, en amptelik onderneem om nooit self Ivermektien te gebruik nie – nie voor, óf nadat hulle Covid opdoen nie?

Vir die rekord: Ek hoop vir hulle part dat hulle dan nie die medisyne nodig mag kry wanneer die dood hulle in die gesig staar nie… Ek het reeds twee voormalige kollegas (ook vriende) aan Covid verloor. Miskien kon Ivermektien hulle gered het?

Piet ·

Te betwyfel. Wat sover bekend is, is dat dit moontlik help om die herstelperiode vir ligte en matige Covid-gevalle te verkort. Daar is geen bewyse dat dit die dood gaan verhoed by ernstige gevalle nie.

Wonder net ·

Piet, niemand se dit gaan jou die dood laat vryspring nie, ons almal weet as dit jou tyd is, is daar ongelukkig niks daaraan te doen nie. Maar dit gee mense n kans op oorlewing, en gee mense moed. Ek hoop van harte nie dat jy in die posisie geplaas word waar jy moet wik of weeg tussen Ivermektin of panado nie, want kom ek jou vertel, wanneer jy op jou goorste voel, dan sluk jy daai slegte 2ml bitter rooi vloeistof. Hierdie ding is nie lekker nke, dot kan ek jou waarborg. Maar each to his own. Ja daar is nie genoeg mediese bewyse nie, maar daar is genoeg mense wat dit al suskesvol ge ruik het en kan getuig datbdot werk.

Karina ·

Ek het iewers op google news gelees dat Ivermektien reeds in die sestigs goedgekeur is vir menslike gebruik. Wens ek het die artikel gehou om te deel. Meer besonderhede kan ek nie gee nie.

Schalk ·

Ek moet net met jou deel. Ek het die Ivermektien 1% gebruik (die diereproduk). Reeds suurstof probleme begin toon. My suurstof / bloed lesing het tot 69 gedaal met ‘n pols ritme van 103 terwyl ek stil gesit het. Bloedruk het gedaal to 108/82 .Geen koors behalwe koue koors gehad nie. Na my eerste iname per mond 1ml/50kg het ek na drie ure begin anders voel. My bloed suurstof het na 77 toe gestyg en pols gesak na 96. Bloedruk het verander na 117/70. Ek was reeds op dag 13 van siek wees. Ek het hoesmedisyne en groot dosise Vitamines gedring 6 uurliks. Die nag het ek sowat 7 ure geslaap. Die volgende dag het ek vroeg die volgende lesings geneem. Bloedruk 128/68 pols ritme 84. Suurstof 82. Ook nubiliseerder met Duolol gebruik met Acc200 kwart tablet in mengsel. En toe tweede dosis Ivermektien.. Na koppie hoendersop en yoghurt ses ure geslaap. Alhoewel my smaak nog weg was het ek begin ruik en honger voel. Ek het fisies baie beter gevoel. my hoesbuie bedaar. Herstel was daarna vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.