Dringende hofaansoek teen polisie se regstellendeaksieplan

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die vakbond Solidariteit se dringende hofaansoek teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word. Solidariteit vra onder meer in die aansoek dat geen aanstelling of bevordering in die SAPD op die SAPD se huidige regstellendeaksieplan (vir die tydperk 2015-19) gebaseer moet word nie.

Solidariteit vra ook dat meer as 5 000 poste, wat in Februarie vanjaar geadverteer is, nie volgens die teikens van die polisie se huidige regstellendeaksieplan gevul moet word nie. Solidariteit meen dat dié plan, soos die polisie se vorige regstellendeaksieplan wat reeds ongeldig verklaar is, op ʼn kwotastelsel neerkom.

Die aansoek sal om 10:00 in die arbeidshof in Braamfontein gebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael ·

Dankie SOLIDARITEIT as dit nie vir julle was nie sou die huidige benadeelde minderheid weggekwyn het ,die hoof opposisie is so besig om stemme te kry by die huidige bevoordeelde meerderheid dat hulle nie hulle koppe sal uitsteek vir so iets nie

Anel ·

Gaan dit nou beteken dat van ons blanke kinders geleentheid gaan kry om by die SAPD aan te sluit?

Apie ·

Ek twyfel Anel. Hulle gooi mos net voor die wit applikant voldoen nie aan die criteria nie. So maklik.

Frederik ·

As die blanke kind aansluit, hoe gaan hy/sy dit hanteer. Al die seniors is reeds swart en sal die blanke net verneder.

André ·

Ek is al 30 jaar in die Polisie. Dis die laaste plek waar ek my kind sal wil laat werk.

Poeliesman ·

Drie dae voor ek 36 jaar diens in die SAPS gehad het , het ek my 30 jaar diens medalje ontvang.
Nie dat ek iets met dit kan doen nie.
Regstellende aksie aanstellings se skuld!!!!????????? Dienslewering is laaste op die agenda.
Sal ook nie wil he my kinders moet hier werk nie.

Willie ·

Dis hartseer dat die ou garde vervang word met salaris trekkers. My insiens is, in die ou dae was jy gebore polisieman, verpleegste, onderwysres, ents. Dit was iets wat gevolg was oor passie, n lewens roeping. Nie geld nie… Nee wat daar is nie toekoms vir wittes nie…

jaco ·

Selfs al wen hulle die hofsaak, gaan hulle nie enduit wen nie. Dis n geval van winning the battle but losing the war. Die wit boere van Zimbabwe het ook eers hofsake gewen en plaasbesettings en afvat van plase n rukkie lank gekeer. Later het Mugabe eenvoudig daardie regters afgedank en regters wat sy beleid steun aangestel. Dieselfde gaan in SA gebeur. Dis tyd dat die minderheid wit mense wat so oor regeringsbeleid kla begin stilbly, voordat alle wit mense gesien word as sleg en reaksioner en alle witmense weggejaag of uitgemoor word. Pas aan mense. Aanvaar affirmarive action is hier om te bly, aanvaar diskriminasie teen Afrikaans, aanvaar n klomp goed. Dis beter as dat ALLE wit mense later alles verloor en deur die regering uitgemoor word NET oor ons velkleur.

Ben ·

Moenie ooit aan die verkeerde kant van die gereg kom nie! Bly weg van die Polisie en moet nooit vir hulle gaan werk nie.

m ·

So lyk die hele staatsdiens nie net SAPD het diskriminasie nie. Wittes word nie eers mee na onderhoude genooi nie en equity is een groot grap… Dit sal baie interessant wees wat die arbeidshof se beslissing gaan wees, maar nou weet ons ook almal wat gese word en wat in die praktyk gebeur is ook twee verskillende dinge. Wittes is oorbodig in die staat, ons is ma net daar om die pilare regop te hou!!!!!!

Max Berg ·

Ek was 41 jaar in die polisie. Die eerste 20 jaar in die SAP was n roeping . Die laaste 21 jaar in die SAPD was n beproewing . Ek wag nou al drie jaar vir my 40 jaar diens medalje !

Michael ·

Hoekom wil Afrikaner kinders vir die staatsdiens werk bekwaam julself as entrepreneurs begin julle eie besighede hoekom wil julle ‘n polisieman word bekwaam jouself en begin ‘n sekuriteit maatskappy

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.