Dringende hofbevel teen grondbesetters bekom

Dr. Motodi Maserumule (derde van links) saam met die span van AfriForum buite die hof nadat die dringende hofbevel bekom is. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria bekom teen onwettige plakkers op ’n grondeienaar se plaas net buite die stad.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê dié bevel sal nou aan die grondbesetters en die SAPD beteken word, waarna die polisie verplig sal wees om die balju by te staan om die onwettige plakkers van die grond te verwyder.

Volgens Cameron het die probleem reeds Maandag begin toe ʼn groep van ongeveer 150 mense by dr. Motodi Maserumule se plaas, naby Soshanguve, opgedaag het. Cameron sê die besetters het vinnig ʼn sinkhuisie met die woord “office” daarop opgerig, en begin om “erwe” op die plaas teen R500 stuk te verkoop.

Cameron beweer aanvanklike pogings om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak was onsuksesvol, maar Maserumule kon uiteindelik Woensdag met AfriForum se hulp daarin slaag om ʼn saak van betreding by die polisie aanhangig te maak.

Mense staan in ‘n ry om glo vir hulle ‘n “erf” op die plaas te koop. Foto: Verskaf

Nadat die saak aanhangig gemaak is, het AfriForum die hof genader om ʼn bevel te bekom om die besetters te dwing om die plaas te ontruim. Cameron sê daar is tans reeds minstens 30 strukture deur die besetters op die grond opgeslaan en die verkoop van die sogenaamde “erwe” gaan steeds voort.

“Die polisie het tot dusver geskitter in hul afwesigheid om Maserumule se eiendomsreg te beskerm,” het Cameron gesê.

Hy sê Maserumule het beplan om ʼn gedeelte van die grond vir ʼn boerdery te gebruik, terwyl die ander gedeelte ontwikkel sal word. Maserumule bly nie tans op die plaas nie. Volgens Cameron is die huis op die plaas reeds vroeër al heeltemal deur plakkers geplunder.

“Ingevolge hierdie hofbevel moet die besetters onmiddellik van die grond af beweeg en die polisie teen hulle optree indien hulle dit nie doen nie,” sê Cameron. “Grondeienaars moet onmiddellik betredingsake by die polisie aanhangig maak indien hul eiendom beset word. Dit is ’n mite dat grondeienaars eers die hof moet nader.”

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Her ·

Die regering sal nog aan n plan kom om swart plaaseienaars immuniteit teen besetting te gee. Dis wit en dis al.

Piet ·

Piet yl vandag? Dis n goeie rede vir n ou wat onsamehangende woorde praat sonder om te verduidelik, so laat weet gerus. Groete van die ware Piet.

Chris Ws ·

AfriForum moet die minister van polisie dagvaar vir versuim van pligte.Hy sien NIE toe dat sy polisielede hul werk doen nie.Voorts moet die bevelvoerder van daai betrokke polisiestasie ook voor stok gekry word vir die versuim van sy pligte.Dis nonsens dat SAP lede einde van die maand salarisse betaal word maar versuim om hul werk te doen.

Groenie ·

Stem saam met Chris Ws. Begin by die wortel van die kwaad. Dagvaar die minister van polisie. Dalk word hy wakker.

Paul ·

Wat ‘n absolute skande is, is dat AfriForum ‘n hofbevel moes bekom om die polisie te dwing om op te tree.

Paul ·

Cyril Ramaphosa sal nou vir ons beduie hy is nie slegs ‘n Afrika Demokraat nie, maar hy is ook ‘n Afrika Tegnokraat, alhoewel hy ook ‘n sosialis is en dan is hy ‘n kapitalis van nature.

Dan Stephen Friedman van Johannesburg universiteit sê mos vanoggend in ‘n artikel op Netwerk24 dat Trump se twiet het weinig met grond te doen, maar eintlik met wit vrees.

DEWET GREYLING ·

Ja nee, Cyril&kie is gebotter aan alle kante – maar een ding laat hulle gruwelik na – én dit is om daarop te let, waar húl uiteindelik gáán eindig! Die mens kan op hierdie aarde probeer lieg-en-bedrieg soos hy wil, maar uiteindelik gaan elke knie buig en elke mond getuig, voor die EWIGE TROON! (Óf jy nou wit ,swart, bruin, ‘pienk’ of ‘pers’ is.) Jy gáán alleen verantwoording doen vir jóú doen en late – goed of sleg! Die geskiedenis wys óók vir ons, presies wat diesulkes se uitende was, wat VADER se Soewereine OPPERGESAG, uittartend en volhardend, steeds bly minag hét!

Koos de Meyer. ·

Uiters swak van die polisie, wat ‘n sirkus. Waar voor betaal ons belasting. Dis uiters swak.

Callie ·

Kom manne in kabinet. Vra vir Cyril die vrae. Hy lieg openlik as hy praat hulle sal nie onwettige besettings toelaat. Call sy bluff. Hy lieg. Bewys ons verkeerd Ramaphosa

Willem ·

Maar as die ANC die wit mense ‘n eie land gee, het hulle niemand om van af te tap nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hanna Hoekom ·

Twee bokke, 10 hoenders en n vier rye mielies maak mos v jou n boer of hoe dan nou? Almal is mos nou ewe skielik “boere” wat grond nodig het…

bos bos ·

wanneer gaan die paddaprins aan sy mense vertel plase gaan nie onteien word om rdp huise te bou nie? od gaan die plase juis vir behuisingsdoeleindes onteien word? is dit wat hy en sy lakeie VOEDSELSEKERHEID noem?

Johan ·

Die ouens vekoop onwettig erwe, wat nie bestaan uit hulle sink “office” terwyl die polisie voertuig by hulle staan. Dit is bedrog en die verkopers behoort gearresteer te word. Dit is nie nodig om n klag daarvoor by ‘n polisie stasie aanhanging te maak nie. As die polisie ‘ n misdryf sien of vermoed dan is hulle veronderstel om op te tree. Weereens ‘n bewys hoe onbevoeg hulle is.

Grootboet ·

Mooi so Afriforum! Maar die mense wat die verkoopwerk doen en die astrantheid om die kantoor op te rig moet ook aangekla word.

John ·

Die polisie weet ook nie meer mooi wat hulle moet doen of nie doen nie. Nie net word hulle gereeld afgemaai nie maar wanneer betogers verniel moet hulle onderskei tussen vrywild en ander… en wie is die ander? Studente kan maar verniel wat hulle is ons land se toekoms en onwettige stakers het ‘n saak. Die prez se van nou af gaan nuwe wette geld en grondgrype gewettig word en dan begin die mense dit doen. So. Die polisie moet duisende wapens aldag invorder en oppas wat groot versoekings laat. Al wat hulle nou maar doen is net hul werk… Niks.

jakes ·

Die blote feit dat swartmense op grondvlak nou willens en wetens nie net grond onwettig beset nie maar ook sommer erwe verkoop teen R500 elk is n bewys dat CR se aankondiging verlede desember ivm met grondonteiening, eintklik n ope uitnodiging was vir die massas om na willekeur grond tre vat. Die besetters se volgende eise sal wees om die regering te dwing om basiesedienste soos lopende water, krag en riool aan hulle te verskaf, natuurlik teen geen koste nie.

Dedre ·

Baie dankie Afriforum. Ons bly naby Soutpan pad waar hierdie gebeur het. Hierdie plaas is tussen ons en Soshunguve. As julle nie hier opgetree het nie. Kom die storie al hoe nader aan ons. Ek waardeer wat julle vir ons doen. Ek bid Jesus se seën en beskerming oor julle.

Swannie ·

Wat is die verskil tussen Zimbabwe en Suid Afrika ?

Daar is GEEN verskil nie !!!

In Zim het die polisie, asook die weermag ook net gestaan en toekyk hoe plase beset word en niks daaraan gedoen nie.
Waar in ander lande ter wêreld het jy al gehoor dat `n grondeienaar hofsake aanhangig moet maak om grondbesetters te verwyder ?

En ook : Wanneer `n misdryf in die teenwoordigheid van `n polisiebeampte gepleeg word, is die beampte VERPLIG om `n arrestasie uit te voer !…maar nou ja, ons weet mos nou al teen die tyd dat die grootste gros kriminele blou uniforms dra

Deon ·

Waar is al die manne wat gese het hulle gaan saam staan as so iets gebeur. Hier is die boer aan sy genade oorgelaat Staan saam en gaan verwilder die mense. Ek is ongelukkig te ver anders sou ek saam gegaan het.

Oudste ·

Ek is stomgeslaan! Is dit dieselfde Afriforum wat deur Malema uitgekryt word as ‘n rassistiese organisasie, deur Max du Preez en andere lib-tards uitgekryt word as ‘n organisasie wat Afrikaner gemoedere opsweep, die mense van Nkandla (ja daai plek) bystaan om die skool wat hulle belowe was en nie gekry het nie, te kry en Gabriella Engels bystaan met haar eis teen Grace Mugabe? Kan nie wees nie, moet seker ‘n ander Afriforum wees.

Her ·

Die grootste skade spruit uit die huidige argaiese velgeldings- regime. Die wat klaar aanbeweeg het, of immers probeer, word gestuit en herinner aan dit wat verdeeldheid bring, alles gebou op padda prut anargie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.