Dringende hofbevel vir toegang tot Huis Davidtsz bekom

Martha Morake, ʼn werker en vakbondverteenwoordiger, het Maroela Media deur die gebou geneem. Foto: Maroela Media.

Solidariteit Helpende Hand kon teen laatmiddag daarin slaag om ʼn dringende hofbevel te bekom wat hulle bemagtig om Huis Davidtsz, ʼn tehuis vir bejaardes en verswakte volwassenes in die Pretoriase middestad, toe te tree en hulp aan die bejaardes te verleen.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het dié nuus bevestig.

Stakende werkers by Huis Davidtsz het gisteraand effektief beheer van die oord oorgeneem en net die mees basiese versorging van inwoners word steeds toegelaat. Dít terwyl hulle arbeidsgeskil met die tehuis se bestuur voortsleep.

Solidariteit Helpende Hand het laatmiddag die dringende hooggeregshofaansoek gebring om toegang tot die perseel te kry, nadat vrywilligers van die organisasie heeldag vergeefs voor die tehuisdeure gewag het om inwoners te help.

Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand, sê hulle wil geensins die werkers se saak benadeel nie, maar dat hulle fokus die versorging en veiligheid van inwoners is. Hy sê die huidige situasie by Huis Davidtsz is onhoudbaar. Noëth en die dogter van een van die inwoners bring die aansoek.

Hy sê uit berigte wat die organisasie ontvang het, is dit duidelik dat inwoners tans nié die vlak van versorging kry waarop hulle geregtig is nie.

Beweerde bstuursprobleme

ʼn Bestuurslid van die tehuis het egter vanmiddag die versekering gegee dat inwoners daar veilig en versorg is.

Cas Weber, ʼn direksielid van die Deo Gloria-maatskappy, waaraan Huis Davidtsz behoort, sê ʼn senior suster is in beheer by dié tehuis met sy nagenoeg 150 inwoners. Hy sê verskeie verpleegsters help haar, maar kon nie sê hoeveel versorgers daar tans is nie.

“Die inwoners is wat my aanbetref, veilig. Ek dink nie die stakers wil hulle beseer nie. Die grootste probleme is maar polities gedrewe,” het Weber gesê.

Weber was weens beweerde vrese vir sy veiligheid nie self vandag by die perseel om met werkers te praat nie. Daar was ook geen ander bestuurslede nie.

Enkele polisielede was deur die loop van die dag daar, terwyl verteenwoordigers van die DA en EFF ook met werkers gepraat het.

Werkers beweer Leonora Strydom, die tehuisbestuurder en die persoon verantwoordelik vir die dag-tot-dag-beheer, is bitter selde op die perseel om sélf te sien wat aangaan.

Weber sê egter Strydom bestuur die instansie vanuit ʼn ander kantoor, nadat ʼn personeellid aangerand is.

ʼn Regsverteenwoordiger vir die tehuis is vanmiddag na die perseel gestuur om met werkers te praat, maar dié kon ook nie hond haaraf maak nie.

Arbeidsgriewe

Martha Morake, ʼn werker en vakbondverteenwoordiger, sê hulle werk onder moeilike omstandighede en jare lange griewe by die bestuur val op dowe ore.

Morake het Maroela Media deur die gebou geneem. Sommige vloere was plek-plek met bruin kolle besmeer, bejaardes was meestal in hulle kamers en in sommige gange het die swaar reuk van urine gehang. In die waskamer was etlike masjiene stukkend en vuil linne het ongewas gelê.

Martha Morake, ʼn werker en vakbondverteenwoordiger, het Maroela Media deur die gebou geneem. Foto: Maroela Media.

Morake sê weens die afwesigheid van behoorlike bestuur, probeer hulle doen wat hulle kan met die hulpbronne tot hulle beskikking.

“Ons hou regtig van ons werk. Ons wil dit doen, maar die werksomstandighede en die manier waarop die bestuur ons behandel, is onaanvaarbaar. Elke jaar opper ons dieselfde kwessies, maar ons kry nêrens hulp nie,” het Jessica Siko, ʼn versorger by die tehuis, gesê.

Werkers beweer onder meer hulle het geen werkskontrakte nie, terwyl Weber sê dit is werkers self wat nie opgedaag het om hulle nuwe kontrakte te onderteken nie. Hy ontken hulle bewerings dat hulle nié by die Departement van Arbeid geregistreer is nie, al word werkloosheidsversekering van hulle salarisse afgetrek.

Oor beweerde personeeltekorte sê Weber hulle hét min personeel, maar dat Huis Davidtsz so ekonomies moontlik bedryf word om die instansie se voortbestaan te probeer verseker.

Die werkers wou Helpende Hand se vrywilligers egter nié in die gebou toelaat nie, en sê die gebruik van vrywilligers is ʼn manier vir die tehuisbestuur om sogenaamde gratis arbeid te gebruik om werk te doen waarvoor hulle in die eerste plek nie behoorlik vergoed word nie.

Kwesbaarstes word “politieke speelbal”

Noëth sê egter daar kan nie toegelaat word dat politiek kwesbare mense se versorging in die gedrang bring nie.

“Die werkers se griewe is moontlik waar, maar die agt vloere bejaardes is die slagoffers van politiek. Jy maak nie een verkeerde ding met ʼn ander verkeerde een reg nie. Die bestuur van Huis Davidtsz moet tot verantwoording geroep word, maar hier word nou ʼn politieke speelbal van die ou mense gemaak,” het Noëth gesê.

Helpende Hand se vrywilligers was enkele maande gelede óók op die toneel toe werkers gestaak het. Bejaardes is toe kos gegee, skoongemaak en versorg.

“Ons help almal, swart en wit,” het Noëth gesê oor Huis Davidtsz met sy uiteenlopende versameling inwoners.

“Om te gaan en te weet hier is onversorgde mense, is baie moeilik. Hier is geen wenner nie.”

Noëth sê hulle het daarom geen ander keuse gehad as om hulle tot die hof te wend nie.

Aan genade oorgelaat

Een van die inwoners met wie Maroela Media gepraat het, sê hy het gisteraand in sy rolstoel geslaap omdat daar niemand was om hom tot in sy bed te help nie. Hy woon al sowat 10 jaar in die tehuis en sê hoewel die personeel inwoners gewoonlik goed versorg, is húlle nou die slagoffers van die dooiepunt.

Martha Morake, ʼn werker en vakbondverteenwoordiger, het Maroela Media deur die gebou geneem. Foto: Maroela Media.

Die 36-jarige man moet gereeld opgelig word om druksere te voorkom, maar is te swak om dit self te doen. “Ek probeer, maar dis verskriklik,” het hy gesê.

Hy sê die enigste manier hoe die situasie gaan verbeter, is as die regering instansies soos Huis Davidtsz fyner dophou.

Nog ʼn inwoner sê sy het haar doek bevuil en wag al ure lank dat iemand dit vir haar omruil.

Inwoners wat vir middagete by die eetsaal opgedaag het, is gevra om na hulle kamers terug te keer tot die situasie na normaal teruggekeer het.

Weg vorentoe

Weber sê verteenwoordigers van die tehuisbestuur, werkers en amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling vergader Maandag om ʼn permanente oplossing vir die geskille te probeer vind.

  • Die departement van maatskaplike ontwikkeling het gevra vir ʼn skriftelike navraag oor die situasie en sê hy sal daarna reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anoniem ·

Hoe tragies is dit dis n skande dat weerlose oumense so moet leef

MissDemeanor ·

Ja die bestuur van die plek behoort hulself te skaam , daar is duideluke n tekort aan leierskap daar.

Toska ·

As die tehuisbestuurder selde op die perseel kom en sake vanuit ‘n ander kantoor behartig omdat personeel aangerand word, dink net hoe word die weerlose bejaardes aangerand.

Johann cb ·

Die tehuis kan beslis opgeknap word! Die inwoners se hele inkomste word geneem vir hulle versorging! Dit is hoe dit in Port Elizabeth werk! Hopelik is daar nie uitbuiting nie…

Andrea van Vuren ·

Geduende die vorige bedeling was Huis Davidtz (vernoemd na ds. Davidtz) ‘n spogouetehuis. Hier kom ‘n ramp, so val al die instansies wat ons opgebou en instand gehou het.

Ann ·

In dié geval klink dit eerder of die probleem by die bestuur lê. Dalk moet hulle afgedank word…

Spikkels ·

Ek gaan nie se waar nie, maar ek het n familie lid wat as n verpleegster werk, en glo vir my, dit lyk so by baie tehuise. Die ou mense betaal R15 000 n maand, maar bly in n kamer so groot soos hier bo gewys, en die kos kwaliteit is slegter as die Sondag Casbah kookkos.. dan ook weer aan die anderkant, die verpleegsters word feitlik niks betaal nie, dieselfde kwalifikasies as die verpleegster wat jou in die hospitaal behandel, maar kry daar die helfte minder daar, en word soms soos grond behandel deur die mense wat daar bly.. baie van die tehuise is ook nie gelisensieer nie, maar verpleegsters is verlee op die werk en die ou mense kan nie duurder plekke bekostig nie.. gruwelike besigheid om in te wees glo my, as jy dit kan bekostig, spaar jou ouers die vernedering en gee hul goeie versorging

Sputnik ·

Ek skryf onder korreksie, maar ek weet van ‘n tehuis in Pretoria waar die kostes beslis minder as R15 000/mnd beloop en die inwoners word baie goed behandel, die personeel is (met bietjie aanmoediging en vriendelikheid van ‘n inwoner se familie) vriendelik, behulpsaam en besorgd. Op ‘n ligter noot: Ons weet teen dié tyd definitief dat Marha vir MM deur die gebou geneem het – die onderskrif by elke foto sê dit ?.

Anoniem ·

HUIS David’s moet fynner dop gehou word. Veral die bestuurderes en kantoor mense. Die verpleegters Wil werk maar daar is Baie klagtes oor bestuur en dit Val dowe ore
Kyk klagtes oor tehuis op fb. Waar Inwoners familie kla. Respek vir personnel belangrik.

Yankee ·

En waar is julle!!!! N duisend mens om daardie hekke af te breek. Waarom nie. Praat, praat is al wat julle ouens doen! Wag julle vir die buiteland om n hek af te breek!! Verstaan nie! Se niks verder!!!!

ChrisE ·

Waaroor kla en kerm oor die tehuis. Ek vra net waar is die ou mense se familie. Hoekom in die eerste plek is daar sulke woonkwartiere. Waar is die families. Skande.

Blommie ·

Chris, daar is baie families wat nie kan bekostig om bejaardes tuis te versorg of om hul ouers by hulle te laat bly. Lewenskostes in SA is belaglik hoog. Om ñ bejaarde ouer(s) by jou te laat bly is nie altyd moontlik – veral wanneer hul begin speaiale versorging benodig. Verder moet daar besef word om bejaardes aan huis te laat woon kan vir hulle en die familie baie stresvol wees – dis nie net vir o nou is ons almal onder een dak en alles gaan klopdisselboom. Dis vir almal ñ opoffering & aanpassing. En om bejaarde heeldag alleen tuis te los terwyl almal by werk en skool is, is ook nie ideaal. Bejaardes moet gereelde sosiale interaksie hê en besig gehou word met aktiwiteite om brein te stimuleer anders gaan hulle gouer agterujt. Ons werk in buiteland om te verseker Ma kan verniet in ñ tuinwoonstel bly. Ons praat gereeld met haar op foon en ondersteun haar waar ons kan. Ongelukkig is dit nie vir almal moontlik om hul ouers te versorg – nie uit selfsug maar finansiël kan hulle nie. Moet nie kommentaar lewer op situasie waarvan jy duidelik geen onderving het.

Molly ·

Miskien werk die familie om kop bo water te hou, mediese fondse vir bejaardes te betaal, doeke te koop, ens. Chris E moenie jou mond uitspoel as jy nie in die familie se skoene is nie!!

Speedguard ·

Dankie Mollie, dit wil vir my voorkom asof almal net in prag en praal lewe en alles net vanself kry soos ek, moet ek ook my alie afwerk om te sorg dat my Ma en my Downs Boetie alles ( wat brood nodig is) te kry en elke naweek dit te kan doen , my posisie het egter nou so verswak dat indien daar nie drastiese verbetering kom aan my kant nie sal ek dit nie kan volhou nie !!Ek hoop en bid maar!

christa ·

sulke goed moet onmiddelik ontslaan word. Hulle hoort eerstens nie indiens geneem te word nie. Kry van die talle wit plakkerskamp mense wat wil werk, en dit nog beter as die klomp leegleers te doen

Andrea van Vuren ·

So jammer Christa. Die wit plakkerskampmense wil nie werk nie en aan die ander kant het hulle ook nie vervoer nie, en ook nie geld vir taxis nie.

Colleen ·

Vra eerder die inwoners vir kommentaar oor wat daar aangaan en vra hoe veilig hulle voel en hoe die versorging is. Die bestuur sal mos nou lieg om alles goed te laat klink. Ek is seker die inwoners bly nie verniet nie.

Yvonne ·

Jy is reg….ek het ook ‘n ouer daar en beskik nie oor die vermoë of kennis om haar self te versorg nie. Sy het alzeimers en is baie verswak. Al my sibbe is al oorlede en sy is 95. Glo my ..dis maklik om klippe te gooi te gooi as jy nie die hele storie ken nie

Trots op HH ·

Hoekom moet Solidariteit altyd help, waar is die polisie en die regering en maatskaplike dienste wat hierdie goed ERNSTIG moet opneem of is dit nie ‘hulle mense’ nie??? Julle is pateties hoor. DANKIE HELPENDE HAND, julle word elke dag gevloek en van rassisme beskuldig maar dan is dit WEER JULLE wat moet gaan help .. GOOD FOR YOU!!!

Sanet ·

Yvonne my hart gaan uit na jou want ek weet wat jy van praat sit met die selfde probleem!! Ons wens ons was instaat om meer vir hulle te doen mar ons kan nie ons hande is af gekap. Ek sukkel al 8 maande met n klag wat by ” dep of Social services” ingedien was oor n ouetehuis wat my skoonma angerand het en die cctv rekords vernietig het! hulle word al van 2014 af ondersoek oor al die dinge wat daar aan gan. Mar nou ja jyt nie geld nie so jyt nie n se nie!!

Denise ·

Ek stem saam met Yankee en ChrisE die families moet meer betrokke wees ons almal weet hoe gaan dit deesdae in die land gaan op strike en worry dan glad nie oor die bejaardes nie se my hoekom het die man is sy rolstoel geslaap??? Ek se ook nie die familie moet elke dag daar wees nie almal werk maak TYD!!!

AH ·

ChrisE, alle families met mense in tehuise het nie altyd ‘n keuse nie. My ouers en skoonma is self in tehuise vir bejaardes, maar genadiglik goeie plekke wat goeie versorging aan hul inwoners bied. Ons kan nie my ouers of skoonma self versorg nie, aangesien ons self al bejaard is (60+) en nie oor die nodige kennis of vaardighede beskik om met Alzheimer pasiënte en mense wat in rolstoele gekluister is 24/7 te versorg nie. Ek is baie dankbaar vir mense wat hul lewens wy aan werk met diegene wat hulself nie kan help nie. Dit is ‘n roeping en nie ‘n werk om hope geld te maak nie. Dit is net jammer dat die arme hulpelose mense moet ly onder die politiekery wat duidelik hier aan die gang is. Hoekom nie maar vrywilligers toelaat om te help om die mense te versorg nie?As die bestuur nie die werk kan/wil doen nie, moet daar dadelik bekwame mense aangestel word voordat nog ‘n ramp plaasvind.

Grassie ·

Al het die personeel ook werklik rede om te kla is dit steeds onaanvaarbaar dat die optrede ten koste van die weerloses geskied. Om mense wat oud en swak en hulpeloos is te laat ly om ‘n doel te bereik is omtrent die laagste vorm van menslikheid waaraan ek kan dink. Uit die berigte lyk dit asof die plek se instandhouding en bestuur swak is en aandag sal moet kry, maar die hulpeloses moet nie verrinneweer word in die proses nie.

E.K. die eerste ·

BAIE dankie AFriforum. Ek stem saam met ander hierbo – waar is die familie van inwoners – die plek lyk in elk geval maar sleg. Nee alla wêreld, jul ouers het jul jarelank versorg nou versaak julle hulle?

Anoniem ·

Ek het my eie opinie oor Huis Davitz. My ma was net 5dae daar toe is sy oorlede. Maar in daardie 5 dae was baie klagtes en dinge wat sy my vertel het. Ek woon ver en voordat ek daar kon kom om dit uit te sorteer is sy oorlede. Die bestuur was baie onprofesioneel, toe ek vra wat met haar gebeur het toe se hulle “ons” weet nie. Het 3 ure gewag voordat haar ID opgespoor kon word, het nie eers met ons gesimpatiseer nie. BAIE ONPERSOONLIKE BESTUUR gewees 5 jaar terug.

Muis ·

Ek verdoem daardie eerste dag toe ons sogenaamde vakunies met stakings begin het!! Dat ‘n mens so laag kan daal, maak ons mensdom vrot! Hoekom weerlose, en onskuldige mense se lewens so bedreig? Hierdie is myns insiens poging tot moord en natuurlik moord waar daar dalk reeds sterfgevalle daaruit voortgespruit het!

Doreen ·

VREES VIR SY LEWE???? My liewe aarde so kom ek los maar 150 afhanklike mensies, want EK vrees vir my lewe..ek sal die mensdom nooit verstaan nie.

Annatjie ·

Ek het n eed afgele Dat ek ten alle tye my beroep as verpkeegster sal na kom wat het daarvan gword Niemand Verdien om so behandel te word nie geen omens kind of die nie Hulle het hulle deel vir die jongeres gedoen kom ons respekteer hulle en gee hulle die goue jare wat hulle toekom Dankie aan diegene wat wel probeer om n verskil in hulle lewes te maak

Lina Ahlers ·

…my hart is stukkend vir ons oumense en hulle families……..die wat nou omgee…..dit is n baie hartsee verhaal wat aan die einde van ons ouers se einde van hulle lewens afspeel…..My Mamma was ook in n ouetehuis……vir n rukkie….maar kon dit gladnie hanteer nie….sy is nou n jaar by my in die huis……..dank my Hemelse Vader elke dag daarvoor…..en ek vra die hele wereld om vir my elke dag te bid dat dit vir y moontlik sal wees om tot haar einde na haar sal kan kyk……BAIE DANKIE BYVOORBAAT DANKIE VIR ALMAL SE GEBEDE EN BAIE STERKTE VIR ALMAL OP DIE AARDE MET HIERDIE SITUASIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.