‘Dringende ingryping’ aangekondig vir droogte in Noord-Kaap

(Argieffoto: Facebook)

Adj.pres. David Mabuza het verskeie dringende ingrypingsmaatreëls aangekondig om die uitwerking van die moordende en voortslepende droogte in die Noord-Kaap te probeer verminder.

Mabuza was in Aggeneys in die Noord-Kaap as deel van ʼn grondhervormingsondersteuningsprogram. Hy het die Noord-Kaap besoek nadat hy in Julie vanjaar in die parlement ʼn onderneming gegee het dat die regering met die bedryf sal saamwerk om droogtehulp na die gebied te bring.

Die Noord-Kaap ervaar ʼn droogte in al vyf sy distrikte. Mabuza het die regering verbind tot dringende hulp vir die boerderygemeenskap wie se vee die meeste deur die droogte geraak word.

Die regering het R30 miljoen beskikbaar gestel vir die onmiddellike verkryging en verspreiding van voer na die boerderygemeenskap op kort termyn.

Die regering gaan ook help met die produksie van voer om die huidige voorraad van die voerbank wat in die provinsie opgestel is, te vermeerder.

Wat betref die beskikbaarheid van water, het Mabuza beveel dat die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie meer boorgate sink.

Die regering gaan ook met Land Bank vergader om maniere te vind om hulp te verleen aan boere wat weens die droogte nie hul betalings kon byhou nie. Verskeie departemente gaan saamwerk om die kwessies rakende die verklaring van ʼn droogte in die Noord-Kaap en die klassifisering daarvan uit te stryk.

(Argieffoto: Chris van Beljon)

“Dié gesamentlike en spoedige reaksie deur ons regering oor kwessies wat in die parlement geopper is, wys die land kan vinnig vorentoe beweeg wanneer ons saamwerk en kwessies prioritiseer wat ons almal raak,” het Mabuza gesê.

Mabuza het as deel van sy besoek aan die provinsie ook verteenwoordigers van die Khoi-San-gemeenskap ontmoet, wat onder meer probleme met die afhandeling van uitstaande grondeise met hom bespreek het.

Die adjunkpresident is vergesel deur die minister van landbou, Thoko Didiza, die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, asook lede van die provinsiale uitvoerende gesag en senior staatsamptenare.

Maroela Media het vroeër berig inwoners en organisasies in die Noord-Kaap kla dat die regering voete sleep om hulp aan die streek te verleen. Die provinsie is nog nie tot rampgebied verklaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Werner ·

R30 miljoen vir die hele Noordkaap, R2.3 MILJARD vir die SABC. Prioriteite

KrokodilBotha ·

Met vorige staat droogtehulp weet ek watter boere alleenlik gehelp is in daai omgewing. Grondhervorming ne ? Haha daars baie grond wat die Iere uitgekoop het vir opkomende boere naby Aggeneys ……… dit le nog steeds net so verlate. Afbreek is al wat hulle ken.

TN ·

Jy het seker ‘n bitter onaangename lewe ? Is daar enige iets op hierdie aarde waarop jy positief reageer ?

Kobus ·

Dit is hartseer om die ellende van mens en dier te aanskou. Politieke gewin moes eers verkry word voordat opgetree word. Die interessante is dat dieselfde dag wat die R30 miljoen hulp aangekondig word die SABC ʼn hulppakket van oor ʼn miljard ontvang. My en jou belastinggeld.

Francois le Cockon ·

Ek wil graag weet, hoekom laat boere hul vee vrek van honger en dors, in plaas daarvan om die vee te (laat) slag en die vleis te verkoop?

Essie ·

Sauk wat n bodemlose put is kry R3.2 miljard ma die boer wat kos op jou tafel plaas kry ma R30miljoen hoe onregverdig

Ilse ·

Ek wens belasting het soos die kerk gewerk, dat jy as individu kan sê waar jou bydrae gebruik moet word…

Hannetjie ·

30 miljoen?? dit is mos nie geld nie…sekerlik net ‘n ‘paar’ boere gediens kan word.Skaam julle!!

sweis ·

Gee die noord kaap vir ons as n onafhanklike staat en ons bou n beter land as wat SA sal droom om ooit te wees.

Gemaskerde Sopbeen ·

Regtig? Toe julle die HELE Suid Afrika van 1652 af gehad het om ‘n “droom land” te bou, kon julle dit nie doen nie, en het hom toe maar in 1990 weggeteken vir ‘n pot lensiesop…..en jy wil hê ons moet jou glo?

Sarel ·

En dis res van die droogte geteisterde boere? Willomore.? Hoe lank al gaan dit aan? Maar in 2016 het julle sonder verwyl R100m aan Namib boere geskenk vir droogte hulp.
Koop maar myle vir jou.. ons kyk uit wat dit gaan bring.

Wonner ·

Alma help die boer om nie te help nie…dis hoe hulle grond in die hande gaan kry

Sug ·

Vinnig aankondig is een ding, vinnig oorgaan tot aksie is ‘n anderding. Ek hoop dit gebeur vinnig.

Muffin ·

R30 mil is wel nie baie nie , maar wees dankbaar dit is darem iets. Baie belangrik hoop net dat van die geld nie voete kry nie .

Vonkprop ·

Hy was eintlik daar vir grondgrype maar kon nie die droogte ignoreer toe hy eers daar was nie. Toe moes hy vinnig ‘n plan maak om te wys hy “gee om”. Onthou net een ding. Die SABC sit nie kos op die tafel nie. Die ANC dink seker al die lekker kos advertensies op tv kom van die handelsmerke af wat dit adverteer so dit is hoekom hulle miljarde vir die SABC skenk en miljoene vir die boere, want sonder tv het ons nie lekker kos nie.

Sarel ·

Hulle wil net onteien om te onteien. Kyk na al die BN bedrae wat die soe’s mee gered word op ‘n gereelde basis oor en oor. Verder word net M bedrae vir landbou droogte en 0 bedrae vir effektiewe hervorming aangewend? Alles hofsaak op hofsaak op hofsaak.

Marietjie Blignaut ·

Dr Pieter Groenewald van die VF Plus was deel van hierdie afvaardiging. Hy is soos ‘n bulhond en los nie as hy vasbyt nie. Dinge gaan gebeur, kyk maar. Boere staan saam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.