Dringende ondersoek begin na noedels glo tot sterftes lei

(Argieffoto: Pixabay)

’n Dringende ondersoek is van stapel gestuur na die dood van minstens vyf kinders nadat hulle noedels geëet het om vas te stel of enige produkte onmiddellik herroep moet word.

Die ondersoek is deur die departement van gesondheid gelas na die voorvalle van beweerde voedselvergiftiging in Mpumalanga, die Oos-Kaap en Gauteng.

“Die departement het Donderdag ’n dringende vergadering met die omgewingsgesondheidspraktisyns van die drie geraakte provinsies en munisipaliteite gehou om voorlopige ondersoekverslae na die kinders se sterftes te ontvang ten einde meer inligting te bekom, insluitend die handelsnaam van die noedels, die verskaffer of vervaardiger en die winkels waar dit gekoop is,” het Foster Mohale, woordvoerder van die departement gesê.

Die produkte wat glo tot die kinders se dood gelei het, is ook vir laboratoriumtoetse gestuur en daar word op die uitslag hiervan en ander ondersoeke gewag om te bepaal hoe daar volgende opgetree moet word.

Volgens Mohale sal daar na gelang hiervan bepaal kan word of daar wel ’n verband is tussen die noedels en die sterftes. Indien dit die geval is, sal die vervaardigers en verskaffers van die betrokke produkte onmiddellik in kennis gestel word en sal besluit word of dit nodig is om al die betrokke produkte te herroep om grootskaalse toetsing te doen ten einde verdere lewensverlies te probeer voorkom.

Die ondersoek moet ook bepaal of enige ander pasiënte in die betrokke munisipale gebiede behandel is vir moontlike voedselvergiftiging en soortgelyke simptome en of daar ander sterftes was waarvan daar nog nie kennis gedra word nie.

Geregtelike doodsondersoeke word intussen ook deur die polisie gedoen om die presiese oorsake van die sterftes vas te stel.

Die departement het sy medelye met die kinders wat gesterf het se families betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Perdeby ·

No name brand van die tuck shop om die draai in die township

Pierre ·

Aai, is sekerlik die mees gepasde naam, al wat ek kan se Aai hoe weet jy in watse areas dit is?

007 ·

Meer as n week na die eerste voorval, nou word toetse gedoen? Ek glo nie dis die noodles nie. Ek stem saam en dink hulle het gif of iets saam dit ingekry.

Casper ·

Hoe ka hulle in drie verskillende provinsies toevallig gif inkry of was die gif in die noedels.Hoe is dit moontlik dat hulle nou nog nie weet watse maak dit is nie .

Dup ·

Die nuwe “noedelkomitee”……nog miljoene uit die belastingbetalers se sakke……

Brett ·

Ons sal maar kyk wat verdwyn van die rakke af………. nou hoop en bid hulle seker die honderde duisend pakkies wat reeds verkoop is nie ook skadelik is of kan wees nie…… As daar nie onraad is nie.
Net jammer hulle wys n pakkie van een van ons bekende name op n verslag………… Dit grens aan sabotasie / skending van die bekende naam……

Jeeper ·

Dit is ongelukkig hoe die pers werk, dink nie verder as hulle neuse nie en sal enigiets probeer om maatskappye te saboteer wat nie in hulle goeie boekies is nie. Net soos ek al gesien het hier waar as voorbeeld nie regtig hier nie maar baie naby: “Thabo het n vrou verkrag het en met ‘n mes dood gesteek is maar die hoof foto sal die van ‘n blanke arm met ‘n bebloede mes wees.
Dis verby siek maar CNN, NBC en ander doen dit in Amerika so ek neem aan hulle kan dit hier seker ook doen.

Corne123 ·

Ok so hou naam weg en uit koerante week later en nog lewens verloor hoefeel moet nog sterf voor hulle naam bekent maak? n “Recall “ moet dadelik gedoen word hagende n ondersoek. O wag vandat cANCer land regeer is voedsel gesondhier ook al onderdeur gin wonder wat geraak van audits esv ?

Waarnemer ·

Die noodles is by spaza shops gekoop…die nigeriers meng dit met gif en dan versprei hulle dit in die spaza shops

madels ·

Droë noodles glo ek kan nie afgaan nie, ek glo meer dat daarmee gepeuter is en gif is daarin gegooi. Selfs al was dit dalk besoedel of af, kan jy nie SO vinnig doodgaan nie. Nee dis definitief vergiftig! Daai noodles moet getoets word.

Kattebol ·

Ag nee regtig…. Hulle moes LANKAL die noedels se brand name gepubliseer het sodat mense dit NIE KOOP NIE!!!!

Dr Pieter ·

Vroeër die week is dit as fopnuus afgemaak. Hoe is dit dat daar in drie provinsies kinders sterf aan (vemoedelik?) dieselfde produk, maar dit duur ‘n week voordat ‘n ondersoek begin word en verbruikers nog steeds nie gewaarsku kan word watter produk om te vermy nie?
Is dit fopnuus, of moet ons die media en gesondheidsdepartement nou glo?

Alma ·

Die fopnuus was oor ‘n whatsapp boodskap wat die rondte gedoen het van ‘n swanger vrou wat dood is nadat sy noodles geeet het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.