Dringende ondersoek geëis oor handskoene in rivier

Argieffoto (Foto: Vesna Harni/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op Jacob Mamabolo as waarnemende LUR van gesondheid in Gauteng om dringend ondersoek in te stel oor die “bisarre storting van mediese handskoene in die Hennopsrivier”, waar dit deur die Irene-gholfbaan in Centurion vloei.

“Meer as 11 swartsakke gevul met meer as 1 000 nuwe bokse enkelgebruik hospitaalhandskoene is deur die loop van Saterdagaand in die rivier gestort,” het Bronwynn Engelbrecht, DA-raadslid by Stad Tshwane, in ʼn verklaring gesê. “Enige regmatige verskaffer sal nie duisende rand se voorraad op só vreemde manier vernietig nie.”

Engelbrecht het gesê die DA is van mening dat iemand vinnig van bewyse ontslae wou raak.  Volgens inligting op die bokse kom die bokse van drie verskillende maatskappye, naamlik Promed Technologies, Medtex en Nitrile.

“Die DA doen ʼn beroep op LUR Mamabolo om dringend ondersoek in te stel of enige dokumentasie bestaan vir ʼn bestelling tussen die drie betrokke verskaffers en hul produkte sodat mens agter die kap van die byl kan kom oor dié vreemde voorval.”

Engelbrecht het bygevoeg dit is belangrik om te noem dat die Gautengse departement van gesondheid die afgelope paar weke in die soeklig was ná hy meer as 167 tenders vir persoonlike beskermingstoerusting ter waarde van R2,2 miljard aan politieke vriende toegeken het. LUR Bandile Masuku is gevolglik op spesiale verlof geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marius ·

Vat die goed en gaan foeter dit in die IMF se ontvangs lokaal uit sodat hulle kan sien wat gebeur met hul geld .

Hans ·

Niks is eintlik vreemd meer in hierdie land nie. Hou maar dop. Daar gaan nog baie rade van ondersoek gedoen word oor die skelms wat ons regeer wat miljoene kos en geen resultate vir vervolging oplewer nie

christo ·

Die bokse het seersekerlik ‘n reeksnommer of sogenaamde ‘ batch number ‘. Daarvolgens sal daar ‘n opvolg gedoen word aan wie en wanneer die handskoene ens. verkoop is. Deur so ‘n opvolg te doen kan die skuldiges vasgetrek word.
My geld is op die politieke Corona entrepreneurs wat van die inkriminerende bewyse ontslae wou raak.
Die modus operandi van iets in ‘n rivier te gooi is net té goed bekend in Afrika. Nogal dom want jy weet nie waar gaan opeindig nie.

Dries ·

Ek het foto’s van die bokse gesien op Facebook. Party het Oosterse skrif op. My teorie: iemand was bang die goed is besmet met Corona oor waar dit vandaan kom, toe gooi hulle dit sommer gou in die rivier waar dit niemand kan skade doen nie.

Kobus ·

Hi-Jacking Gone Wrong! Seker Gedink daar is Covid-19 toets stelle in die trok….

HerculesJvV ·

Dit is maar weereens die na-saat van Tender bedrog. Mense word miljoene betaal om ‘n produk te lewer, hulle betaal dan honderde duisende vir produkte, verspreider kry tienduisende om af te lewer, en die drywer wat duisende of honderde kry is te lui om sy werk te doen, en maak weg met die bewyse.

Sien dit elke jaar met die skoolhandboeke ook…. Dit is tendens wat nie einde kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.