Dringende operasie vir Jo Black

Jo Black (Foto: Facebook)

Die sanger Jo Black het alle vertonings vir die res van September gekanselleer en moet dringend ʼn operasie ondergaan.

Flagship Productions, die agentskap wat Jo se konserte reël, het gesê dokters het bevestig Jo sal Sondag, 9 September, geopereer word nadat sy gesondheid die afgelope twee dae verswak het.

Huisgenoot het in ʼn onderhoud met die sanger berig hy moet ʼn nekoperasie ondergaan nadat twee van sy nekwerwels gedisintegreer het. Sy stembande is egter ook in gedrang.

Spesialiste het Vrydag bevestig dat Jo dringend die operasie moet ondergaan, aangesien selfs ʼn klein stampie tot permanente verlamming kan lei.

“Ons vra groot om verskoning vir enige ongerief vir elke persoon wat deur dié onverwagse omstandighede geraak word,” het Flagship in ‘n verklaring gesê. Die agentskap sal alternatiewe datums met organiseerders bespreek of alternatiewe reëlings tref. Die sanger sou aanvanklik die res van sy vertonings vir September kon doen en sou eers teen die einde van die maand die operasie ondergaan.

“Dis met groot spyt en hartseer dat al my shows van vandag af gekanselleer of uitgeskuif moet word,” het Jo gesê. “Op aandrang van my dokter, kan ek nie langer die operasie uitstel nie en moet so gou as moontlik geopereer word. My toestand het in die laaste twee weke so verswak dat dit amper onmoontlik word om op die verhoog te staan. Ek vra weereens om verskoning aan elkeen wat na een van my shows toe wou kom, as ek dit anders kon hê, sou ek. Baie dankie vir al die gebede, ondersteuning en elke persoon wat saam vertrou dat die net nog ʼn getuienis in wording is. Sien julle binnekort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Marietjie ·

Jammer om te hoor. Mag die operasie ‘n groot sukses wees!!

Cornelia Steyn ·

Mag ons Heer jou styf vashou en jou innerlik versterk. Mag Hy die dokters as instrumente in Sy hande gebruik en weet: HY is Self langs jou, waardeur jy ookal gaan. Dit sal alles ten goede meewerk. Baie sterkte.

Gesiggie ·

Sterkte Jo..mag die operasie n groot sukses wees, mag jy gou herstel. Jy Rock….

maryn ·

Liewe Jo, ook hierdie gaan jou Groot Getuienis word! Baie Sterkte!

Esme ·

Baie sterkte Jo, ons gebede is met jou. En ek stem – JY ROCK!

Inge de Clerck ·

Dit is nou goor nuus. Baie sterkte Jo. Ons weet dat die operasie ‘n sukses gaan wees en jy sommer baie goed en vinnig sal herstel. God is heeltyd met jou. Vasbyt.

Marinda ·

Sterkte Jo, alles sal regkom. Wees net rustig en glo. Los alles is Sy hande. Jy ROCK.

Christo ·

Jo, ek is deur presies dieselfde pyn en operasie en het ten volle herstel. Dit was ook die tyd wat ek die Here se teenwoordigheid en krag die meeste ervaar het. Nou is dit deel van my getuienis. The Lord will bless you and keep you.

Anoniem ·

Ons groot geneesheer is met jou Jo baie sterkte word gou gesond jou engelstem sal nog lank geluister word ????

Hanna ·

Ons bid vir jou Jo, ek glo vas dat hierdie operasie suksesvol sal wees en dat jy, weer gaan sing en volume herstel.

Louis Rossouw ·

Dis nie die werwels maar wel die tussen werwel kussinkies.
Sterkte Jo.

christa ·

Sterkte JO Bid vir Jou en dat ons sommer gou weer Mooi Liedjies van jou kan luister.

Marieta Compion ·

Groot aanhanger van jou Musiek Jo…alle Sterkte!!!!Glo,Hoop en Vertou Dit sal Goed gaan…..Ons dink baie aan Jou.

Marieta Compion ·

Groot aanhanger van jou Musiek Jo…baie Sterkte!!!Glo,Hoop en Vertrou dit sal goed gaan.Ons dink baie aan Jou.Sterkte,ons Bid vir Jou.

Schalk ·

My vrou is ook deur die selfde operasie in Bfn en wat n groot sukses. Hoop en vertrou dat dit goed sal gaan met jou Jo. Vat n goeie ruskans nou.

charl ·

ou jo-kie klou vas jys nou nou weer op die been die is nie n goliat nie jyt baie klippies in jou sak. sterkte ou maat. bid vir jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.