Dringende spitsberaad oor onteiening sonder vergoeding gehou

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die sakeorganisasie Sakeliga hou Woensdag ʼn dringende spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding.

Die spitsberaad vind plaas die dag nadat die Parlement die aanbeveling van die Grondwetlikehersieningskomitee debatteer.

Verskeie van die vernaamste organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding – insluitende nie-regeringsorganisasies en politieke partye – gaan die geleentheid bywoon. Die ACDP, AfriForum, Afrikanerbond, AgriSA, COPE, DA, Dear South Africa, FW de Klerk Stigting, Johannesburgse Prokureursvereniging, Sakeliga, Solidariteit, TLU SA, VF+ en Vryemarkstigting het tot dusver hul bywoning op 5 Desember bevestig.

“Die beraad word saamgeroep in die lig van die nuwe fase wat hierdie onteieningsdebat nou betree. Daarom hou ons dit op die dag nadat die Parlement die saak debatteer,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

“Die doel van die spitsberaad is dat die vernaamste organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding die jongste verwikkelinge bespreek en hul standpunte stel. Hierdie tweede spitsberaad dien as opvolg van die eerste sodanige spitsberaad van Sakeliga in Maart vanjaar, kort nadat die aanvanklike mosie in die parlement aanvaar is.”

Elkeen van die deelnemende organisasies sal kort spreekbeurte gebruik om hul standpunt te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieterv ·

Dankie tog!!!
Mag dit n beraad wees waar al die deelnemende partye ten minste in beginsel saamstem en nie elkeen (soos ons ou volkie maar is), sy eie agenda najaag ten koste van die “groter prentjie” nie.

Toekoms ·

‘n Toekoms sonder dat almal wat in hierdie land ‘n positiewe bydrae kan maak, die geleentheid gegun word om dit te kan doen, is nie ‘n toekoms nie.

Johannes ·

Toekoms, ek dink in amper 8 000 jaar se opgeskrewe geskiedenis was daar meer as genoeg geleentheid vir enige volk om ‘n positiewe bydrae te maak. Ek is moeg om die blaam te kry vir ander se mislukkings. Dit is ook nie my verantwoordelikeid om ander volke se handjies heeldag vas te hou nie.

Norman ·

Nee, dit is nie nie ander handjies wat vasgehou word nie. Dit is die kloue van organisasies waar lede van die Afrikanerbond , die Vrymesselaars en ander derglike organisasies onwetend deur ons mense op grondvlak, vasgehou word en ons hulle onwetend toelaat om ons verder in die moeras te laat sink. Organisasies soos: AgriSA, NG Kerk en andere is deurtrek van hulle in uitvoerende ampte en beheer ons ter wyl ons soos slagskape gelei word.

Sarel ·

Norman,
Jy moes lankal die lysels geneem het. Indien jy nie self iets doen nie is dit noodwendig dat iemand anders dit namens jou gaan doen.
Sterkte

RG ·

Die grootste gemeenskaplike faktor laat ons nou saam staan en veg. Dankie.

Al ·

God se seën sal oor jul wees.
Daar is hoop vir SA, nog net ñ rukkie dan sal SA se skip deur die storms wees.
This too shall pass.

Cherokee ·

Dankie tog dat die FW de Klerk Stigting ook betrokke sal wees. Die wag was lank maar dit is seker juis hier waar die beloofde wigte en teenwigte ‘n rol gaan speel.

jaco ·

malema baklei met minister Gordhan. dis dalk n goeie ding. dit verhoed samewerking tussen die EFF en die ANC.

Maljan ·

Die begunstigde intvangers van die onteiende plase het so nie boerdery op die brein nie. Die grind gaan oogedeek en verkoopword. Kyk maar met al die plaas besettings wat tot nou toe gebeur het, is erwe afgemeet en “huise” gebou. Dan gaan die (gewese) begunstigdes net weer in die volgende uitdeel ry inval.

Norman ·

Met deelnemende partye soos Afrikanerbond, AgriSa en FWdeKlerkstigting, sal die gee en gee beleid voortduur. Hulle is verryk uit die vorige bedeling en sorg nou net vir hulself. Hulle is nie bekommerd oor onteiening nie, want hulle planne is reeds gemaak en toegepas. Dit gaan niks aan hulle finansies en bates doen nie. Ons is moeg vir hulle. Ons gee nie meer nie. Hoekom is die Afrikanerbond nie deur die Waarheids en Veroeningskommissie ondersoek nie? Voor die handliggend is die feit dat hulle saam met Mandela (‘n terroris) en Mbeki en talle ander ANC’s almal deel is van organisasies wat deel vorm van die geldmag (Rotschilds, Ullimunati, Orde van Malta, Templars, Vrymesselaars en nag ander. Die geskiedenis van die wêreld….

Mike ·

Vyf van die agt organisasies is links dis soos die ANC wat teen homself betoog, wat ‘n blerrie sirkus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.