Dringende vergadering oor plaasaanvalle versoek

Die toneel van die plaasaanval buite Stilbaai (April 2018) Foto: Suid-Kaap Forum

Agri SA het vandeesweek sy kommer uitgespreek ná die vlaag plaasaanvalle en -moorde die afgelope tyd en gesê die organisasie het ʼn dringende vergadering met die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris versoek.

Dan Kriek, president van Agri SA, het gesê hy het dié vergadering versoek aangesien plaasaanvalle ʼn kwessie van nasionale belang is.

Volgens Agri SA het daar net in die afgelope week minstens ses plaasaanvalle plaasgevind. Een daarvan is ʼn aanval Woensdagaand op ʼn plaas in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal waartydens ʼn vrou vermoor en haar man erg aangerand is. Maandagaand is die 62-jarige Heila Killian vermoor toe ʼn groep gewapende aanvallers op ʼn plaas buite Stilbaai in die Wes-Kaap toegeslaan het. Dinsdagoggend is die liggaam van ʼn Oos-Kaapse boer langs die pad naby sy plaas buite King William’s Town aangetref.

Terselfdertyd was daar in die afgelope twee weke plaasaanvalle in die Reivilo-omgewing in Noordwes, in die Addo-omgewing in die Oos-Kaap en op ʼn plaas in Bokfontein naby Brits in Noordwes.

Die toneel waar ʼn vrou tydens ʼn plaasaanval in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor is (19 April 2018). Foto: Reaction Unit South Africa

“Plaasaanvalle het in die vorige jaar met 22% en [plaas]moorde met 27% toegeneem. Volgens berigte het ses plaasaanvalle die afgelope week voorgekom,” het Kriek gesê. “Sekere van die boere en plaaswerkers is brutaal aangeval en daarom doen ons ʼn beroep op ons boerderygemeenskap om hul paraatheid verder te verskerp. Binne Agri SA en ons provinsiale organisasies sal ons alles in ons vermoë doen om plaasaanvalle te probeer voorkom.”

Kriek het gesê Agri SA het die minister en nasionale kommissaris genader om die dringendheid van die voortslepende plaasgeweld en die effek wat dit op boerderygemeenskappe het, te bespreek. “Aspekte soos die finalisering van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie, asook die reservistestelsel sal van die aspekte wees wat bespreek word. ʼn Goed funksionerende reservistestelsel wat toeganklik is vir die boerderygemeenskap om daaraan deel te neem, is die ruggraat vir landelike beveiliging.”

Kriek het gesê hoewel daar onlangs grootskaalse buitelandse aandag op plaasaanvalle in Suid-Afrika gevestig is, soek Suid-Afrikaanse boere nie versekering van die buiteland nie, maar van hul eie regering.

“Plaaswerkers en boere is uiters kosbare hulpbronne wat nodig is om voedselsekerheid en landelike stabiliteit te waarborg. Daarom moet hulle behoorlik beskerm word om kos vir die nasie te verseker, iets wat hulle by uitnemendheid regkry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kies NOU ·

AGRI SA is dit nie julle wat NIE wou deelneem aan Swart Maandag en die optogte wat Afriforum en politieke partye daarna in Pretoria gehou het nie? Vreemd dat julle nou wil praat maar toe hulle julle nodig gehad het om aan (vreedsame) betogings deel te neem toe WEIER julle? Meneer KRIEK, jy moet kies watter kant van die draad jy wil staan en GOU ook, wil jy POLITIES korrek wees of wil jy jou BOERE beskerm? Daar is nie meer tyd vir laf wees nie, daar is nie meer tyd vir grys wees nie ..

Werner ·

Al wat Agri kan doen is om vergaderings te hou en vir almal vertel nou sal als regkom dan hoor jy niks verder nie TLU SA het darrem al n paar selfverdedigings kursusse aangebied

Siestog ·

Ja wragtie, ten minste het die TLU SA nog ‘n paar kundige manne wat sense praat, en statistiek hou en op die radio hulle stemme dik maak en die WAARHEID praat .. . AGRI SA het weggekruip met die boere-optogte, en sy mense aanbeveel om NIE daaraan deel te neem nie. Mnr Kriek en die ou van die Spur laat my baie aan mekaar dink. Die volgende van AGRI SA is seker om SAAM met die nuwe boere te werk (wat die wittes se plase gaan afvat werk) en hulle leer boer en help boer en finansier … met die HOOP hulle plase word nie gevat nie .. die EFF EN ANC WIL NIE BOER NIE MENSE, hulle wil net nie he die WITTES moet boer nie .. kan julle nie sien met grondvergrype nou al nie . daar kom 3000 mense met Fortuners en bakkies en trokke dan kom sit hulle PLAKKERHUTTE op . lyk dit asof hulle gaan boer???

Vanessa Moore ·

En as ons onself beskerm, word ons toegesluit. Ek het nie meer woorde nie. Hulle besef nie watse nadele dit inhou om die boere uit te moor nie. Dit nadat hulle gesien het wat in Zimbabwe gebeur het, dring dit steeds nie deur nie. My hart gaan uit na die boere. Ek is raadop. Ek word bitter kwaad as ek die goed lees. Ons voer ‘n oorlog sonder wapens. Dis nie regverdig nie. Gee ons ook ‘n kans om terug te baklei.

Selfbeskikking ·

Gebruik die geleentheid om grond uit te ruil vir ons eie land.

Hannes ·

Dankie Agri SA en die provinsiale unies vir die goeie werk wat jul doen sonder om alewig aandag te probeer trek. Dade strek veel verder as woorde. Dankie vir n liggaam wat nog altyd die ondersteuning van die meeste boere het.

marous ·

Die boodskap is klaar deurgegee aan die massas met die volle ondersteuning van die regering van die dag. Ondersoeke en arrestasies is paaiwoorde wat dieselfde beteken as “vat een vir die span as jy gevang word” Die krane word nou oopgedraai met die wete dat daar geen daadwelike teenoptrede of beplanning kan wees , behalwe vir mondelingse besware deur diegene wat jare terug in die visier gestel is nie. Die vrese wat lank gelede oor hierdie dinge , afgemaak was as bog en bang maak praatjies is nou bewaarheid…..

Beveilig met tegnologie en honde ·

Hoe tegnologie en baie honde kan baie goed werk om mense in stad en plaas veilig te hou.

Edgar Rex ·

Ek wil n beroep doen op al SA boere om net twee maande geen produkte aan enige winkel slaghuis of enige instansie te lewer nie so sal ons dan kan wys wat doe boere regtig in die land doen

Dries ·

Ek kan nie verstaan die Boere sien die regering wil hulle nie help nie maar hulle hou aan, doen iets self man!!!!!!!!

TLC ·

Regtig afriforum wat gaan aan Try jul kliente werf. Ek kan nie glo daar is nog mense wat in julle glo nie Asb vertel my van 1 vervolging wat sukses behaal het net 1 O ja julle kan praat en praat en praat maar niks word deurgevoer nie

Reguit ·

“Vergaderings” Nog mooi paaiwoordjies. Hoeveel vergaderings is nou al gehou? En?

Tersa ·

Waarom vergaderings hou ? Polisie en regering self die vyand van ons Boere.Laat ons Boere self tot aksie oorgaan.Polisie daag te laat op of glad nie …hoekom??Ons sal moet besef dat ons Boere ons eie beskerming moet hanteer.
Vergadering en mooi woorde het geen baat nie..veral as die vyand in jul midde ook daaraan deelneem.

Daan Erasmus ·

Houop teem oor voedsekerheid. Dis n afgesaagde en nuttelose tema vir lesers en die publiek. Die regering lag ons uit want hulle dink nie oor more of volgende jaar nie. Vergeet van Zimbabwe daar is niemand dood aan die honger nie. Die wat moontlik kon doodgaan sit in Suid-Afrika. Mens kan net tot op n punt paraat wees en jouself beveilig. Ons sluit ons lankal in ons eie tronke toe. Hulle wag vir jou by die hek. Ons is al vuisfoos van baie praat deur die regering en instansies.

Cherokee ·

Daan Erasmus, jou kommentaar is een van die weinig sinvolle kommentare in hierdie forum. Dankie aan Hannes ook.

Oom Kalahari ·

Agri SA, dankie datjul ook toetree tot die besef dat Boere weldra ‘n teiken is en hopenlik het jul werkbare oplossings. Luister ook na die Boere se wekroep om hulp en staan saam om hul noodkreet te erken. As ‘n baba huil dan troos sy Ouers hom, maar wie troos hierdie arme plaasboere en gesinne wat deur harde arbeid sovele pyn, lyding en vrese moet deurgaan elke dag. Daarom sal dit ook verblydend wees as Agri SA ook saam TLU SA kan hande neem en hierdie Boere en hul gesinne deur hul uur van nood te kan bystaan.

jan ·

Agrie praat, praat en nogtans Praat,Hoekom word daar nie iets georganiseer nie,

Marie ·

Al wat Agri SA baie goed doen is om duur jaarlikse kongresse te hou en daarmee hulle lede se geld te mors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.