Dringende waarskuwing vir alle rekenaar-gebruikers uitgereik

tablette-skootrekenaars-slimfone-blogger

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Duisende rekenaars wêreldwyd is die afgelope naweek deur kuberaanvalle geteister waarna dié rekenaars ʼn sogenaamde “virus” opgedoen het wat elektronies beheer oorneem tot die slagoffer ʼn losprys daarvoor kan betaal.

CNN berig hospitale, groot maatskappye, universiteite en regeringskantore is teen Saterdagaand die grootste teikens van dié virus gewees.

Volgens die kuber-sekuriteitsfirma Avast is sowat 75 000 rekenaars in 99 lande reeds beïnvloed, wat dit een van die wydste en mees skadelike kuberaanvalle tot dusver maak.

Avast, wat intussen ʼn dringende waarskuwing uitgereik het, het gesê die meeste aanvalle was in Rusland, die Oekraïne en Taiwan. Hospitale in die Verenigde Koninkryk, Chinese universiteite en globale maatskappye soos Fedex (FDX) het ook berig dat hulle daardeur beïnvloed is.

Volgens EWN is Suid-Afrika egter ook een van die lande wat geteiken is, met talle gevalle wat reeds aangemeld is.

Volgens berigte laai dié virus by jou rekenaar af wanneer jy ʼn aanhangsel in jou e-pos oopmaak. Die aanhangsels lyk egter nie verdag nie, en kom voor as gewone e-posse, fakture of selfs werksaanbiedings.

Die virus “sluit” dan as’t ware die slagoffer se rekenaar, en eis betalings van $800 (sowat R10 000) om toegang te herstel.

Hoewel talle kuber-sekuriteitsfirmas tans ondersoek instel na dié virus en die getal rekenaars wat hierdeur geraak word, afneem, is daar steeds dringende  waarskuwings om nié verdagte aanhangsels in e-pos oop te maak nie – selfs al lyk die aard daarvan piekfyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Voorlaaier ·

Bietjie laat met di waarskuwing!..
Aanvalle het al Donderdag begin.
Maar nu ja. ..Hoe se hulle? Eerder laat as nooit.

Piet Pompies ·

So dit is nou net net SA wat deur die geldmaak (geldsteel) vuris getref is, die Guptas en regering het nou kompetisie van ‘n rekenaar virus gekry wat wêreldwyd rekenaar geld maak (steel)….

snoefie ·

hie sal n “verdagte aanhangsel” lyk? hoe sal ons weet! ons kry dan gereeld fakture, state, kwitasies per epos.

Budgie ·

As jy nie die persoon ken van waar dit kom nie, maak jy dit nie oop nie. So eenvoudig soos dit. Kyk na die e-pos adres voor jy enige aanhegsels oop maak. Net oor iets sê dit is van ‘n bank/SARS/besigheid af beteken nie dit is, dus moet jy na die adres kyk van waar dit kom. Ook die oomblik wat iets ‘n klomp recipients het of sê “undisclosed recipients”, ignoreer dit en delete die e-pos. Jou anti-virus program identifiseer ook ‘n groot gedeelte van e-posse wat virusse bevat as jy ‘n program soos Outlook gebruik

Cherokee ·

Snoefie, dit wat jy kry is in die vorm van PDF’s. Dit is veilig. ‘n Virus het ‘n .exe nodig om oorgedra te word. Moet nooit ‘n .exe oopmaak tensy jy baie seker wat dit is. Exe’s kan egter weggesteek word in ‘n ander formaat ook, so wees versigtig. Indien jy op iets kliek en dit pak uit op jou PC, skakel af onmiddelik voordat dit uitgepak is.

techie ·

Cherokee, dis nie so eenvoudig nie. Ek werk by ‘n internetdiensverskaffer en sien die duisende virusse wat ons epos-bediener se spam-filter daagliks blok. Sommige PDF’s kan ‘n aanhangsel van sy eie bevat wat ‘n virus is. Ook kan MS Office files virusse in die vorm van sogenaamde “macros” bevat. As jy ‘n MS Office file oopmaak, en jy sien niks, en daar is ‘n knoppie wat sê “enable editing”, moet dit nooit kliek nie, want die kliek van daardie knoppie stel macros (en die virusse wat daarin vervat kan wees) aktief. Beste is om ‘n goeie en OP-DATUM (!!!) antivirus program op jou rekenaar te hê. Kaspersky, Bitdefender en Avast is volgens my opinie goeie keuses.

Cherokee ·

Dankie techie, vir goeie inligting. Betreffende Antvirus programme, ek gebruik Windows Defender en AVG. Jy gee interessante inligting oor not enabling ‘enable editing’.

Paul ·

Dalk in die 1990s, Cherokee. Dis lankal baie meer gesofistikeerd as die dae toe dit .exe of .bat files moes wees.

Cherokee ·

‘n Rekenaar-virus is ‘n kleinigheid indien jy ervare en voorbereid is. Ek kan nie verstaan hoe enigeen hulle kan laat afpers deur ‘n gedwonge losprys te betaal nie. Die oplossing is ook heel eenvoudig – geen rekenaar-virus kan formatering oorleef nie. So, ter voorbereiding moet jy rugsteun (backup) hê en as daar ‘n virus kop uitsteek word die rekenaar geformatteer en hernu dmv rugsteun oftewel die backup in die vorm van ‘n image en jy lag vir die hackers. Baie moeiliker indien dit ‘n groep rekenaars is op ‘n groot netwerk maar steeds nie onmoontlik indien die tecnici voorberei is en rugsteun op datum hou. My rekenaars is ook op ‘n netwerk maar dit is ‘n geslote netwerk.

techie ·

Goeie raad! Net ‘n belangrike detail… ransomware teiken ook files op die netwerk wat vanaf ‘n infected rekenaar toeganklik is (verskoon tog my gemende taal :) ). Maak dus seker “ransomware” kan nie jou rugsteun-data ook bereik en enkripteer nie.

Cherokee ·

Ook goeie raad! Ek moes eintlik bygevoeg het dat die rugsteunbasis elders gebêre moet word.
Het geglimlag toe jy van gemengde taal praat:-) Rekenaartaal is soos motoronderdele-taal. As jy Afrikaans praat sal jy nie verstaan word nie. Ek het selfs oorweeg om die kommentaar in Engels te doen wat dit gladder sou maak. Dankie vir jou bydrae. Dit is uiters belangrik.
Probleem sou egter wees as data in Cloud gestoor en daar aangeval kan word. Dan sal daardie data ook vervang moet word. Ek lei af die virus is ontwikkel met Eternal Blue en dit is gesofistikeerd. So, Versigtigheid is die moeder van Wysheid.

Gideon Roos ·

My universiteit gebruik Deepfreeze. Die rekenaars word elke 24 uur totaal-en-al geformateer en herstel na ‘n gestoorde toestand. Alhoewel dit studente konsternasie veroorsaak as hulle agter kom hulle gestoorde dokumente wat hulle vergeet het om op ‘n stokkie of op iets soos Google Drive te stoor tot niet is, kom dit baie handig in gevalle soos hierdie. Sover ek weet is my universiteit so ver glad nie ontwrig nie.

Vissie ·

Dankie Cherokee, maar kan jy nie vir ons gewone ouens in eenvouduge taal sê wat jh nou hierbo ge-“geek” het nie? Ons wil graag jou raad volg.

techie ·

Hallo Vissie, ek antwoord maar namens Cherokee… basies wat ons gesê is dat mens gereeld en getrou moet kopiee maak van jou belangrikste data. Mens kan dit doen deur dit op ‘n CD/DVD te skryf. Of die rekenaar kan opgestel word om outomaties op vaste tye die data te kopieer na ‘n ander rekenaar, of na ‘n data-stoorplek op die internet (losweg genoem “cloud-storage”). As jy ‘n virus kry en jou rekenaar formatteer, beteken dit maar net jy wis ALLE data op die rekenaar uit (insluitend die virus) en installeer alles van voor af. Die probleem met baie van hierdie tipe virusse is dat hulle ook jou backup-kopiee data kan vernietig, sou hulle daartoe toegang kon kry vanaf die “besmette” rekenaar. Dus moet mens ook beplan vir daardie moontlikheid. Backup-stelsels kan nogal ‘n uitgebreide onderwerp raak…

Cherokee ·

Hallo Vissie en askies vir die laat antwoord want dit is die eerste keer wat ek weer hier inloer.
In plat PC-taal gesê, jy moet (soos techie dit ook noem) ‘n antivirus program op jou rekenaar hê en dit op datum hou. Benewens dit moet jy ‘n backup program hê waarmee jy ‘n image kan maak. Dit beteken die stoor van Windows en geinstalleerde programme. Watter program jy sal gebruik hang af van watter variasie van Windows op jou rekenaar is. Norton Ghost was my gunsteling maar dit werk net tot by Win7. Daarna sal jy ander programme moet gebruik. Easeus is verniet. Comodo is verniet en AOMEI (en ander) is gratis en verniet. As jy meer gesofistikeerd wil gaan is Acronis True Image 2017 tops. Het dit self gebruik. Veritas System Recovery is goed en daar is vele meer. Ek gebruik Windows 10 se eie rugsteun basis en dit is baie goed.
Wat ek aan jou sê Vissie, is dat jy ‘n program moet hê wat Windows + die belangrikste programme backup en dan save jy dit op DVD,s of verkieslik soos ek op ‘n eksterne hardeskyf. As jou pc deur viruses aangeval word is dit ‘n paar knoppies druk om ‘n splinternuwe rekenaar voor jou te hê. Een wat presies so lyk soos toe jy die image gemaak het. Vra gerus dr Google oor meer inligting. Soek met die woorde Image backup of bloot backup of so iets.

Cherokee ·

Techie, in die tyd wat ek ‘n antwoord geskryf het, het jou antwoord verskyn. Dankie daarvoor.

HennieB ·

Dit word “ransomware” genoem, of losprysware dan nou. Ons het al van laasjaar af gevalle daarvan gehad. En Cherokee, dit hoef nie n exe te wees nie, n PDF kan ook ingeslote programmatuur beat, selfs fotos kan

Cherokee ·

Interessant wat jy noem, Hennie. Hackers en crackers raak al hoe meer gesofistikeerd. Hulle is soos kardiewe en alarmstelsel-ontwikkelaars. Die een is die ander dikwels net een tree voor.

Sonja ·

Dit is al lankal in die nuus. Gebruik ordentlike rekenaar internet sekuriteit soos Biddefender of Kaspersky wat reeds n geruime tyd wasrsku hierteeen.

Maatskappy ·

My (piep klein) besigheid het ook laasjaar deurgeloop. Dit teiken ook jou cloud storage. Ek het als verloor op my rekenaar en storage, maar gelukkig was als op n aparte hardeskyf gestoor. Dit het in die vorm van ‘n pdf gekom. Geen manier wat ‘n besigheid dit kan vermy nie, want jy ken nie almal wat jou email nie.
Bitdefender beskerm intussen my rekenaar baie mooi :)

Herman ·

Bitdefender het ook n gratis een vir die ouens wat dit nie kan bekostig nie. Ek gebruik Avira se gratis een wat baie goed werk

Andre ·

Neem daardie “skelms” tjeks as betaling om die problem op te los ? Indien so ………geen problem !

Erwin Kuschke ·

Mense – die spesifieke virus versprei op jou kantoor netwerk. Maak seker al jou windows masjiene is up to date ( software update) in windows.
antivirus sal ook help, maaar eerste stap is windows update. even Windows XP het die update gekry…

Cherokee ·

Erwin, jy sê hier iets baie interessant. Ons kan almal van mekaar leer. Ek lei af jy sê Windows se updates het beskerming daarteen? Ek gebruik Windows 10 by die huis en op kantoor maar my vrou weier om Win10 te gebruik vanweë windows se inbraak op privaatheid.

Gert ·

Die oplossing is maklik, moenie Windows gebruik nie. Kry ‘n Mac of ‘n Linux rekenaar. Sit spreadsheets en dokumente op google docs of Microsoft se alternatief. Dit kan nie virusse kry nie. Gebruik ordentlike passwords en gebruik ‘n password manager waar moontlik. Moet nooit dieselfde password gebruik nie. Kasperski sagteware is onder verdenking en ek sal dit nie aanraai nie.

M ·

Ek stem saam. Kry Linux Mint 18.1, dit is ‘n uitstekende bedryfstelsel en dit is verniet. Ouer hardeware kan ook nuwe lewe gegee word met sommige van die Linux weergawes.

Stof ·

Raakgeseg! Hierdie Linus blikbrientjie is seker die grootste seening in my aardse dimensie. Oom Billy en sy programme, is heeltemal te vatbaar vir viruse en koekeloerders…

Pampoene op die dak ·

Ek het ‘n mooi Afrikaanse woord op RSG gehoor vir Ransomeware …Gyselware. ek wil net sê dat alhoewel die gatjie wat Windows bedryfstelsel vir die boewe gelaat het en dit nou uitbuit is dit volgens Symantec nie die einde van die gyselware as jy die opdatering via Windows Update gedoen het nie.dit verhoed lyk my net dat dit nie op jou interne netwer versprei nie. Indien jou rekenasr dus self op datum is beteken dit nie die gevaar is afgeweer nie. Sê masr net

Lorette ·

Sal julle klomp slim mans hierdie onnooslike vrou ontstel met al hierdie goggas op rekenaars en e-posse! is dit nie erg genoeg dat my tegnikus dit doen nie? Grap net, maar ons werk ook op netwerk en nie almal is so sekuriteitsbewus soos ek nie Dankie tog my seun is net ‘n oproep ver as ek probleme optel – al raak hy omge-ellie as hy al gewaarsku het en mense nie luister nie!!!!!

Mathys du Preez ·

Dit is inderdaad ‘Ransomware’ (losprysware) ‘n virusprogram het geen doel as jy nie kyk, soos meeste kommetators reeds gesê het, van wie die eposse af kom en watter aanhangsels dit bevat nie. Rede vir my skrywe is net om te noem dat Windows 7, 8, 8.1 en 10 hulle eie virus programme het: Microsoft Security Essentials vir Windows 7 en Windows defender vir die res. Dis gratis en dit dateer self op wanneer okal die rekenaar opdateer gratis! So uninstall al jou Bitdefender, Avast, AVG, Norton en watokal en maak seker jou Windows het die nuutste opdaterings geinstalleer

techie ·

Microsoft Security Essentials en Windows Defender is nie altyd die mees effektiewe antivirus beskikbaar nie. “AV Comparitives” is ‘n organisasie wat deurlopend die huidige antivirus sagteware toets en die resultate publiseer. Kyk op hul webwerf. Om die nuutste windows updates altyd te installeer is baie goeie raad vanuit ‘n sekuriteits-oogpunt, maar ek sou mense sterk daarvan afraai om slegs op Windows Defender staat te maak. Avast, AVG en bitdefender het gratis weergawes van hul antivirus beskikbaar. Beste is om maar jou huiswerk te doen wanneer jy ‘n antivirus kies.

techie ·

…skies… ‘n ander instansie wat antivirus programme toets is av-test. Hulle het ook toetsresultate op hul webwerf

Marisca ·

Te laat. Ons hele Server en my laptop is Paasnaweek getref deur hierdie “virus”. Die
skelms het toegang tot ons server gekry. Maar ek het nie die geld om die losprys te betaal nie.
Hopelik word daar binnekort ‘n “fix” gevind en kan ek al my dokumente terug kry.

Glenn ·

I am just going to be replying in English as it’s much easier on this damn computer! Anyhow… This virus has been going for years now and it’s always the variant that changes. What this virus actually does, it encrypts your data and you won’t be able to restore this data without any backups. You cannot use software like Recovery Software etc… How does it attack? It doesn’t just make use of mails, it uses your “Ports” too… so RDP ports / VPN ports is a huge risk, I’ve actually gone as far as to close the RDP ports. This virus also now turns of your Anti Virus software, Closes your SQL so your databases also gets infected – by the way the extension is *Wallet* so will rename your files to “[email protected]” (It attacks all known document / video / images / databases / windows backup / windows server files – I’ve actually had to redo our whole domain controller / exchange and reinstall the application server due to this virus. Things to check: 1. Check your router / make sure you change the normal admin password and check the ports… if you see DB1-DB4 – PORTS 4433 / 5000 – Close them directly. Also I would suggest to close the RDP ports if you don’t have a decent firewall. Make a backup of everything now (Cloud Backups are awesome) – ESET Anti-Virus really good. Don’t open funny mails. Check SENDER ADDRESS!

DVL ·

Ek sien paar ander ook die oplossing gegee. Moenie Microsoft gebruik nie. Gebruik Linux of selfs Android wat beskibaar is vir PC’s. Virusse word meestal vir Microsoft geskryf – want hulle laat jou vir alles betaal. Die ander OS’ is meestal gratis en sekeruteit baie goed. Moet ongelukkig Windows gebruik by werk maar gebruik omtrent glad nie op my eie rekenaar nie.

Christelle ·

Kyk net mooi, ons het dit ook ontvang maar het al van tevore so geval gehad. Die epos kom nie van .co.za af nie, maar bv .co.uk.

As jy nie buitelands besigheid doen nie, moenie oopmaak nie.

Cherokee ·

Interessant wat jy sê, Christelle… as jy nie buitelandse besigheid doen nie, moet nie oopmaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.