Dringende waarskuwing vir Wes-Kaap uitgereik

Foto: Pixabay

Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het Maandag ernstige weerwaarskuwings uitgereik en gesê dié provinsie se inwoners moet hulself vandeesweek staal vir moontlike storms en oorstromings as gevolg van reënerige, winderige weer met sneeu in sommige dele van die provinsie.

Die Stad Kaapstad het in ʼn verklaring gesê die Wes-Kaapse ramprisikobestuurspanne en nooddienste is Maandag gewaarsku om gereed te staan vir die moontlike gevolge van dié koue front wat vermoedelik die Wes-Kaap Dinsdagaand gaan tref.

Volgens die verklaring kan die verwagte swaar reën tot oorstromings, uitermatige sterk kus- en binnelandse winde, sneeuvalle, algemene stormtoestande en stormsee-toestande lei.

Sowat 50 mm reën word vir Woensdag alleen verwag. Sneeu word ook oor die westelike helfte van die Wes-Kaap en in sommige dele van die Noord-Kaap verwag.

Volgens die verklaring word sterk wind, wat na verwagting ʼn snelheid van 65 tot 90 km/h langs die Suid-Weskus gaan bereik, vir die hele Wes-Kaapse binneland verwag.

Golwe van tot agt meter word verder ook suid van Alexanderbaai verwag. Vir Lambertsbaai en Kaap Agulhas is ʼn waarskuwing vir golwe so hoog soos 12 meter uitgereik.

“Hierdie golwe sal ook langgolfperiodes hê, wat heel waarskynlik skade aan die kusstreke langs die wes- en suidwestelike kus en in ’n mindere mate ook die suidkus sal aanrig,” lui die verklaring.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, het gesê hoewel dié reën in die droogtegeteisterde Wes-Kaap verwelkom word, is dit uiters noodsaaklik dat inwoners van die provinsie op hul hoede bly vir storms en oorstromings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Marisa ·

Het die betrokke munisipaliteite die stormwaterdreine skoon gemaak?

jan van riebeeck ·

in Mpumalanga dorpe is meeste stormwater pype heeltemal solied geblok , dit is hoekom die water elke reenseisoen die paaie wegvreet , eish !

Reinhardt ·

Stad Kaapstad doen dit jaarliks. Daar is amper nooit probleme met dreinering nie, en in die gevalle waar dit wel plaasvind is dit gewoonlik as gevolg van n storm wat te groot is vir wat die pype kan hanteer. ‘n Mens ontwerp gewoonlik vir n een in 5 jaar storm, so met ander woorde as daar n een in 10 jaar storm kom, dan gaan die pad bietjie oorspoel vir n rukkie.

adriana ·

Ek sien uit na die reen en die wind en natuurlik die storm. Kan nie wag nie . Wil die reen op die dak hoor en die wind hoor loei daarbuite.

pbotha ·

Adriana..nice om die geskenk van God raak te sien in die reen..met moontlikheid van swaar weer en oorstromings…en nie sinies te kla oor stormwaterslote nie. Waneer gaan ons ophou teem en kla? Ons in Limpopo bid julle oorvloedjge reen toe. Geniet dit

Stoffel ·

Kalmeer broer, ek dink hy bedoel met te water tekorte moet elke moontlike gat oop wees sodat al die reen opgeneem kan word en nie in die grond in sak of die paaie verniel agv verstopte gate nie..

jaco ·

n Paar naweke gelede was daar ook so n voorspelling van “groot reën”. Uiteindelijk het nie 1 druppel geval nie. Daar het net wolke oor die Kaap getrek. Ek sien een weer-webwerf voorspel eerder sterk reën vir more. Wat reën betref sê dit net “some showers”.

Kaspaas ·

Al die webwerwe wat ek dophou soos windguru, wavescapes ens voorspel baie swaar reen en baie sterk en groot deinings. Maar stem ook elke keer as hulle reen voorspel val n paar druppels dan is dit verby maar ek dink more gaan anders wees. Daar word selfs genoem dat die wind spoed 3 knope te stadig is om die storm as n orkaan geklassifiseer te word weet nie hoe waar dit is maar n paar webwerwe noem dit kan die ergste storm sedert 1984 wees. Maar die weer is onvoorspelbaar so dis maar wag en sien

marous ·

Ek hoop hulle staal hulself op hul kniee van dankbaarheid … en die regering en stadsrade open met gebed elke oggend

koos ·

News 24 se weervoorspelling sê sterk wind môre en net enkele buie. Stad Kaapstad se waarskuwing is onnodig.

Daniel ·

In my kusdorp het ons plaaslike munisipaliteit deurlopende aksies om alle stormwaterstelsels skoon te maak, herstelwerk/modifikasies te doen om huidige problem op te los en toekomstige probleme te verhoed. Dit dra by tot die respek/dankbaarheid wat ons het vir hul diens.

Niel ·

awesome! ek sien uit na die sneeu op die berge. Dis wat ons nodig het om die damme vol te kry. Met ‘n tong in die kies… ek hoop die vragmotors ry nie oor die Hugenote tonnel se brug nie. Daar word darem gereeld vragmotors omgewaai op die pad…

adriana ·

Ek het klaar al wat ‘n drom is buite gesit om elke druppel op te vang! Kan nie wag nie – loer elke nou en dan buite of ek al’n wolkie gewaar! Daar is defnitief ‘n daling in temperatuur – ek kan dit voel hier in die warm Wellington! Kan nie wag vir die groot gebeurtenis nie!
Dankie Liewe Jesus!

Suzi ·

Adriana jou opgewondenheid is aansteeklik ! Ek hoop dat die hemel se sluise vir julle sal oopgaan en bid ook dat daar geen lewensverlies sal wees nie ! Geniet daai geluid van reën op die dak !

Dankbaar ·

Ek is so opgewonde en dankbaar vir ELKE druppel wat val en WEET net die Here hoor en verhoor ELKE liewe gebed wat al opgegaan het om uitkoms te bring vir die droogte want ons dien ‘n God wat getrou en genadig is – al verdien ons dit nie… Dankie, hemelse Vader vir die reën wat U al gestuur het en alles wat nog oppad is om ons damme weer vol te maak – die eer gaan alleen na U toe wat nou die wolke beveel om saam te pak en die sluise van die hemele te open!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.