Drinkouderdom verander dalk binnekort

Argieffoto

Argieffoto

Die Drankwysigingswetsontwerp, wat onder meer die wettige drinkouderdom wil verander, is nou oopgestel vir kommentaar.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gesê die publiek het 45 dae om kommentaar te lewer op voorgestelde wysigings aan die Nasionale Drankwet. “Van die voorstelle is dat die wettige drinkouderdom na 21 verhoog word en dat vervaardigers, verspreiders en handelaars verantwoordelik gehou kan word as iemand onder die invloed van alkohol in ʼn motorongeluk betrokke is of ʼn misdaad pleeg.”

Hy meen alkoholmisbruik kan afneem indien die wettige drinkouderdom verhoog word. “In ander lande, waar die wettige drinkouderdom verhoog is, het die gevolge van alkoholmisbruik, soos motorongelukke, afgeneem.”

Davies het gesê terwyl strafregtelike aanspreeklikheid bestaan om die onwettige handel in alkohol te beperk, is dit moeilik om af te dwing en dit het die regering genoodsaak om siviele aanspreeklikheid te oorweeg.

“Indien vervaardigers en verskaffers aan onwettige of ongelisensieerde drankverkopers alkohol verskaf en hierdie optrede veroorsaak skade, moet die vervaardigers en verskaffers bewys dat hulle redelike stappe gedoen het om te verseker dat hul produk nie aan die ongelisensieerde drankverkopers verskaf word nie,” het Davies gesê.

Volgens Davies kan drankverkopers ook in die sop beland indien hulle alkohol verskaf aan iemand wat reeds duidelik onder die invloed is. “Indien dit gebeur en die persoon begaan ʼn oortreding wat koste tot gevolg het, moet die verskaffer verduidelik hoekom hy of sy nie siviel aanspreeklik gehou moet word nie.”

Die wysigingswet wil ook beperkinge geplaas op die reklame en bemarking van alkoholprodukte, asook beperkinge op die borgskap en promosie van alkoholiese drankies, advertensies wat jong mense spesifiek teiken en reklameborde by enige vervoergeriewe en vulstasies. “Enige reklame sal die nadelige gevolge van alkoholgebruik moet aandui.”

Volgens die wysigingswet moet ondernemings waar alkohol verkoop word, ten minste 500 m ver weg van skole, kerke, ontspanningsfasiliteite, woonbuurte en openbare instellings wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Ekwilibrium ·

Asof dít jongmense gaan keer om te suip! Die mees effektiewe oplossing vir drankverwante probleme is beter polisiëering saans/snags op ons paaie.

Se ook maar net ·

Verstaan dit nie so lekker nie…. wil die drankwet na 21 verander… maar op 14 kan jy n wettige aborsie laat doen. Hoe vergelyk die 2 met mekaar? Hoekom nie eerder energie op ander belangriker goed fokus nie. Die drankwet van 18 keer nie 15 jariges om dronk te word en aan te jaag nie. Wat laat hulle dink dat die ouderdomswet van 21 die ander gaan keer om te drink?

jennefer ·

Stem nie saam nie, dis die ouers wat suip en die kinders kyk maar net wat die ouers doen.

Asjas ·

Op ons siek ou dorpie koop die “cool” ouers vir hul minderjarige kinders die drank!!

Annie ·

Vir my klink dit na ‘n geval van die vrot vrugte afpluk, maar die wortels bly……

Liefie ·

Goeie idee maar onuitvoerbaar. Daar is ouers wat nie eers weet waar hulle kinders snags is en nie en natuurlik die wat toelaat dat hulle kinders voor hulle drink. My seun is dertien en my mond hang oop as ek hoor wat kinders by sy skool aanvang voor hulle ouers.

Lizal ·

Padblokades Woensdae (klein Saterdag?) en oor naweke. Sluit toe en gooi weg die sleutel!

halloooo ·

Dit is nie net die onder 21’s wat n drank probleem is nie daar is baie ouer mense wat n probleem het ek sê verban eerder al die drank

Monika ·

Ek stem heeltemal saam!! Haal sommer drank van die mark af!!

Ruby ·

Nee julle stadig nou, ek waardeer my glasie geparste druiwe, have a heart hehe.

Kiepie ·

Rob Davies sien die Polisie is nie eers in staat om skommelhuise en ander onwettige drinkplekke hok te slaan nie nou wil hy die onus vir die beheer van drankverkope na die vervaardigers en verspreiders verskuif. Hoe op dees aarde gaan enige drankvervaardiger beheer kan toepas oor wat met sy produk gedoen word nadat dit aan ‘n derde party verkoop is. En hoe gaan enige iemand kan bewys waar die persoon wat ‘n misdryf gepleeg het terwyl onder die invloed, die drank bekom het? Nee wat Minister, klink vir my na een van die ANC se maniere om hulle pligte te ontduik en die las na ‘n ander party oor te dra.

lynette ·

Geen probleem met ouderdomsperk nie maar die ander gedeelte klink vir my te veel na nuwe manier om geld te bekom aangesien die staatskas reeds leeg getap is. Die persoon wat suip en skade veroorsaak is die een wat verantwoordellik gehou en swaar gestraf moet word. Niemand forseer enige persoon om te drink nie. Hou op om skuld altyd op n ander te pak!!!!!!

henry ·

Te veel plekke verkoop drank sonder om verantwoordelikheid te vat aan wie hulle verkoop!!!!!!

Riaan ·

“Alle plekke wat alkohol verkoop minstens 500m vanaf skole, kerke, ontspanningsfasiliteite, woonbuurte en openbare instellings wees”

As dit afgedwing moet word sal byna alle drankwinkels en restaurante in die land moet toemaak…. iemand het nie aan die praktiese uitvoerbaarheid van die artikel in die wetswysiging gedink nie

Alicia ·

ek dink hoe ouer mens is hoe meer verantwoordelik is mens. dink dis goed as hul dit opsit na 21 ek glo dit kan n verskil maak, al maak dit net n 2% verskil glo ek daars lewens gered en dan was dit die moeitewerd

Leendert ·

Op watter ouderdom kan mens trou, jou eie besluite onafhanklik van ‘n ouer of voor neem, wetlik ‘n kontrak aangaan? Dan ook wanneer kan jy begin rook en op watter ouderdom kan jy alleen by ‘n drankwinkel instap om vir jou ‘n dop te koop? Op watter ouderdom is jy gemagtig om te stem? Hoe oud moet jy wees voor jy motorlisensie kan kry?

Ek vra maar net, want die ANC is reguleer behep.

henry ·

As jy drank wil verkoop is dit jou plig, onderhewig aan jou lisensie voorwaardes! Baie eenvoudige voorwaarde….

Tania ·

Shebeens (hoop dit is reg gespel) verkoop in meeste gevalle sonder lisensie. Dit gaan hulle beslis nie keer nie. En ja baie kinders vanaf jong ouderdom is met volwassenes bevriend. Hierdie wet gaan nie werklik n verskil maak

Quixilver ·

Shebeen’s moet hulle drank iewers koop en die verkooper is dus verantwoordelik aan wie hy verkoop.

A Fourie ·

Ek is die eienaar van ‘n drankwinkel en ek daag al die slim mense uit om te kom verhoed dat
drank aan minderjariges verkoop word. Ons is baie streng met ons verkope en het al baie
besigheid verloor omdat ons weier om aan sekere mense te verkoop wat ons vermoed dat hulle vir kinders koop en het die polisie al telkemale ontbied, maar jy kan nie keer dat volwassenes
vir kinders wat om die draai wag, drank koop nie. Die drankoffisier sê ook dat wanneer die drank by jou deur uit is, stop jou verantwoordelikheid, so moet asb. die alle drankhandelaars
oor een kam skeer en veralgemeen nie.

Lizaan ·

Nee wraggies geen mens kan blameer word as n ander persoon nie hul perke ken nie. Dis so goed soos op n stoel te gaan sit en jy sit hom mis, nou moet die fabriek, middelman die skuld vat omdat jy nie gekyk het of sit agter jou is nie. Is reg om ouderdomsbeperking van 18 na 21 op te sit maar die res moet eie verantwoordelikheid vat.

Reg ·

Verhoging van ouderdom gaan noks help nie.
Ouers moet hulle kinders beheer.
Daar moet strenger teen kroeë, drinkplekke en taverns se eienaars opgetree word. Die tye wat sulke plekke oop is moet verkort word en strenger opgetree word teen eienaars. Dranklisensies word tw maklik aan sulke plekke toegeken. Die spreekwoord geld maak reguit wat krom is.

Wenner ·

Kom ons glo dat dit wel tog n verskil gaan maak. Dis tog IETS positiefs! Vir my part kan ALLE drank in die drein afgegooi word. Want drankmisbruik bring net ongeluk en hartseer.

Andrea Bredenhann ·

Ek juig ,tavern innie middel van ons dorp Petrusburg Vrystaat so moeg vi dronkgatte en hul maniere wat hul in elk geval nie het nie, net erger as hul gesuip is!

Ronnie ·

Om die ouderdomsperk 21 te maak, is ‘n baie edele gedagte. Maar wie gaan die wet afdwing?

Max ·

Jy mag stem as jy 18 jaar oud is, want dan is jy volwasse, maar om ‘n bier te drink is jy nog onvolwasse en moet eers 21 wees. Nou wanneer is jy volwasse genoeg om jou eie verantwoordelike besluite sonder die staat se toestemming te kan neem..

Johann ·

En hulle kan jou saam met geharde misdadigers in dieselfde tronk sit as jy 18 jaar oud is.

Jakobus ·

Kom ons vra so: Hoe oud moet ‘n persoon wees voor hy/sy mag trou? Hou oud moet ‘n persoon wees voor hy wetlik ‘n kontrak mag aangaan? Hoe oud moet ‘n persoon wees, voor hy kan stem? Hoe oud moet ‘n persoon wees voor hy ‘n motor rybewys kan kry? Hoe oud moet hy wees voor hy kan begin rook?

Wat wil die regering nog reguleer?

Max ·

Verbeel jou ‘n universiteit sonder ‘n bier of drank! Dit sal nooit gebeur nie ook nie by sport byeenkomste. Dit sal altyd daar wees.

Johann ·

Ag asseblief! Ouderdom het met misbruik van enigiets NIKS te doen nie! Net so min as die woorde op n drankottel “enjoy responsably”! Beboet die VERVAARDIGERS en VERSPRYDERS van drank waar en wanneer hul produkte wat met MILJARDE bemark word aan die totale spektrum van potensiele gebruikers; die oorsaak is van misbruik. En doen weg met die verskoning van onder die invloed van….daar8m het hy dit en dat. Vat die DRANKBERYF VAS! OOOOOPS die regering sal nie want daai lekker ou belastingkiea wat hulle ao lekker inroep…..

Lance ·

Presies ons het al die wette in die land wat mense regte betref etc. ….maar die wat die wet moet afdwing sien ek keer op keer in die nuus vir bedrog korrupsie en skelmstreke so hoe wen mens as die hele sak reeds vrot is wonder ek …. met al die wette loop die skelms vrylik rond en die wetsgehoorsame mense sit in vrees en bewing in hulle selfgemaakte tronke …

Johann ·

Dit sal nou ‘n baie goeie ding wees vir die stakende studente. Jammer vir julle, jig nou gaan die kuierplekke op varsity maar swaar kry.

Johann ·

So gepraat, dan mag besighede, instansies en universiteite ook nie meer drank aan hul werknemers en die studente wat onder 21 jaar oud is by funksies, aanbied, voorsit of beskikbaar stel nie.

Of hoe praat ek nou?

elizabeth ·

Volgens wetgewing is kinders gereken as volwassenes op ouderdom 18. Hul mag trou sonder toestemming, bestuurderslisensies kry, motors en huise koop en ander skuld aangaan. Op ouderdom 14 kan hul vervolg word vir kriminele dade en op 12-jarige ouderdom kan meisies sonder toestemming aborsies verkry.

Hoe gaan hul drankgebruik onder ouderdom 21 reguleer?

christa ·

Ja klink baie verkeerd. 21 is die regtige ouderdom maar hulle moet bietjie gaan onder soek instel aan die ander wette ook.

Flibo ·

Ek dink dis n goeie wegspring plek. Doen dit. Daar is te veel jongmense wat TE veel drink (suip).

Max ·

Jy is nou volwasse om op 18 te kan stem, maar jy is nog nie volwasse om voor 21 ‘n bier te drink nie?

chris ·

Ek verstaan nie die regering nie. Kinders mag van 16 jare ouderdom af stem en van 12 jare ouderdom mag dogters aborsies hê sonder hulle ouers se toestemming. Op 18 is jy mondig en word jy as n volwasse beskou en mag kontrakte teken maar hulle wil vir die mense sê hulle mag eers van 21 jarige ouderdom af drank drink. Ek wonder as kinders nou op 18 jare ouderdom sou trou mag hulle seker nie eers deelneem aan al die heildronk seremonies deelneem nie.

Johan Fourie ·

Gaan nie n verskil maak nie my seun is 14 en hy vertel my hoe die kinners op skool drink,dit nogal waar die bier in die bad kammers is en waar dit so na hartelus ge suip word op skool tussen pouses,nou hoe gaan jy n anner persoon kan verantwoordelik kan hou as daai kind iets doms aan jaag.Gaan kyk gerus na die kinners se foone dan sal jy nogal ge skok wees hoe hulle met drank in die hand sit en selfies vat naweeke,nee wat drink gaan hulle drink opvoeding be gin by die huis en dan hoop jy as ouer net jou kind verstaan die gevolge ,waneer hulle by maaitjies is want party ouers weet ek van wat toelaat om voor hulle te drink en self,s die drank vir hulle kinners koop .Dan is hulle nog ver onner 18 jaar .

thomas ·

Verbied taverns om drank the verkoop op sondae….geraas en dronk mense in strate n groot probleem…laat mens ten minste rus op sondae…

Straf vir studente ·

Ja, die studente wou mos betoog, laat dit nou vir hulle n straf wees.

Cheryl ·

Ag vir my part kan alle drank in in ons land verbied word sal so fees wees sonder daai diewel goed… Dis waar ons groot probleem le by DRANK!! Lei tot moord, verkragting, diefstal, geweld, mishandeling, ongelukke en soveel meer. Dryf die pes weg….

Andre ·

Hoe op aarde gaan hulle bepaal waar die dronkies gesuip het?
So goed hulle hou vulstasie verantwoordelik as en iemand omry.
Stem egter saam dat daar strenger wette moet eees. Sluit drankwinkels Saredagmiddag en ook Sondae.
Advertensies verkoop drank as cool produkte nes sigarette in die ou dae.

jennefer ·

Gisteraand op Nylstroom het 3 besope manne. n jong seun se lewe geneem, asook n vrou en haar kind wat op die sypaadjie was, en n man wat in sy kar doodgebrand het. Kinders leer of verantwoordelik alkohol gebruik by hul ouers of die teenoorgestelde, sy ouers suip en daarom suip hy ook.

pieterdp ·

Die regering kan tans nie die probleem soos op die oomblik hanteer nie.
Hoe gaan hul dit reg kry as hul n grooter en ouer groep wil hanteer en beheer..

KarooKlong ·

My buurman sê elke keer as sy vrou met hom baklei oor sy suipery dan raak hy verliewer op sy brannas.

Perdekrag ·

As hulle die drinkouderdom wil verhoog moet hulle ook sommer die regstelsel van SA aanpak want die straf op dronkbestuur is n aanfluiting, m.a.w veel strengere straffe toepas op alle vlakke van drank misbruik.

Karolis ·

Kyk of daar nie ook oplossings is vir:
plaasmoorde
motorkapings
huisbraak
diefstal
Geld is ook die oorsaak van menigte klagtes. Gaan ons geld verduister?

Piet Pompies ·

Uitstekende voorstel, maak dit ‘n wet. Ek wonder of enige van die klaers hier bo al gewerk het met minderjarige kinders wat drank misbruik en die gevolge daarvan gesien het.
Drankmisbruik is die grondslag van dwelm misbruik, hoe later kinders in hul lewe aan drank blootgestel kan word hoe beter is die kans dat hulle dit nie sal misbruik agv meer volwassenheid.

Johann ·

Ek het geen probleem met jou voorstel nie, ek sal dan, terwyl jy dit ophaal van die meer volwassenheid onthalwe, dit wil sien dat alle wetgewing wat kinders op die ouderdom van 18, regsbevoeg verklaar, ook alle ander wetgewing, die ouderdom tot 21 jaar verhoog word. Dus dat mens nog kind bly tot die dag dat jy mondig word.

Theresa ·

Die ouderdoms verskil gaan nou mos geen positiewe uitwerking he nie.
Dink aan die prakties sy van die hele wet…

Louise E. ·

Kom ons vra so…

Het mense ophou rook toe advertensies verban is en nie mag rook in openbare plekke?

Het mense ophou plastiek mors toe jy moet betaal vir plastieksakke?

Het mense ophou kinders maak toe gratis kondome uit gegee is? En Vigs drasties verminder?

Gebruik mense minder dwelms omdat dit onwettig is?

Nou hoekom sal die werk? Ek ken ouers mense wat meer suip as tieners! Kry eerder iets soos taxi diens wat mense veilig kan huis toe neem teen bekostigbare prys. Bied berading aan vir mans met “issues” wat drank gebruik om van goed te “vergeet” en dan uit frustrastrasie op sy gesien mishandel.

Bekamp misdaad sodat mense in aande gesonde ontspanning kan he. Braai in parkies, inry teaters! Lys gaan aan!

Jy gaan mense net skelm maak om drank in hande te kry!

Chrisdd ·

In Duitsland waar ek woon mag kinder van die ouderdom van 16 al begin bier en wyn drink. In Amerika mag jy eers met 21 begin alkohol drink. Raai watter land het die grootste alkohol probleem? Amerika. Hier word kinders van ‘n jong ouderdom geleer hoe mens verantwoordelik met alkohol omgaan en projekte wat tienners leer van die gevare van alkohol en selfs as jy dronk op jou fiets ry in Duitsland kan jy jou bestuurderslisensie verloor. Hier mag jy nie eers ‘n glasie wyn drink en bestuur nie. Ek glo nie ouderdom gaan ‘n verskil maak nie maar eerder om mense wat die wet oortree hart te bestraf en terselfde tyd jong mense te informeer oor die gevare van drank. Maak dit eerder oop en beheer dit as wat jy die ouderdom hoer maak en dan gaan almal begin skelm drink en dit wil weg steek.

johann barnard ·

Nou hoe oud kan jy begin dwelms gebruik,vra maar net?

henry ·

Hoe redeneer jy Johann… wat het dit met die saak te maak?!? Vra net.. want ek verstaan nie jou punt nie…

J ·

Henry.Meer kinders gebruik dwelms as drank. Dit is wat Johan bedoel. Die regering is strenger met drank as met dwelms

anna ·

die beste besluit wat hulle kan doen nou miet die pak en bestuur vernif ook in gestel word o en moenie vergeet van dood syraf nue

Gideon ·

Hoe belaglik!! Mens mag nie drink op 18 nie, maar wel stem oor landsake wat tog die belangrikste is!! Kom asb by julle klomp wat ons land probeer regeer!!

Johann ·

Overgesedsynde, jy mag stem as jy 18 is, onwetend dat vir hulle die mag gee om met negatiewe wetgewing in jou lewenswyse in te meng. As jy onder 18 is, het jy in alle geval nie ‘n keuse nie, dan het jy wetlik nie sê nie.

Koos ·

Doen eerder iets aan die drugs in die land as julle iets goeds wil doen.

Johann ·

Dis soos met perlemoen Koos, hulle dinges teen donderweer.

Aftikaner Klong ·

Die ouderdom verhoging tot 21 kan werk. Maar in meestal lande wat dit die geval is word jy dan kwytgeskeld van beperkinge op wat jy mag drink. Gee ‘n persoon van 18 die geleendheid om een drankie met ‘n alkohol persentasie van onder 10% te nuttig in ‘n openbare instelling. Sal miskien ‘n meer verantwoordelike persoon ontwikkel. Privaat kan mens nie regtig reguleer nie aangesien dit maklik deur ouer persoon aangekoop kan word. Verder het ek in ‘n huis groot geword waar ek as minderjarige toegelaat was om in die huis saam met my ouers ‘n drankie te drink. Gewoonlik ‘n glas wyn of ‘n bier. Rakende verskaffers en verspreiders wat verantwoordbaar gehou gaan word vir die aksies van persone onder die invloed van Alkohol. Dit raak nog steeds nie aan die eintlike probleem nie. Watter stappe word gevat om die redes waarom persone alkohol misbruik te keer. Verder sal ek ook graag die minister se verduideliking hoor oor wat kerke moet doen rakende die nagmaal. Ek as jong seun het besluit om nie nagmaal te gebruik tot met my bevestiging in die kerk, maar wat van diegene wat wel wil nagmaal gebruik (onder 21 en bo). Gaan kerke, predekante en diakens ook nou verandwoordbaar gehou word indien iemand om een of ander rede oppad terug huistoe iemand doodry?

Piet Pompies ·

Beste klong, dit wil voorkom of jy lanklaas in die kerk was, nagmaal word nie meer uitsluitlik as wyn en brood bedien maar druiwe sap en brood ook. Die regte keuse is beskikbaar

snoefie ·

pleks dat die anc hulle eerder beaarbei om die betogende studente aan die verstand te bring dat gratis hoEr onderwys hulle nie hoekom nie. dit is n luuksr,is duur en kan nie gratis kom nie. last drinkgewoontes aan die drinkers oor verban drank in sy geheel. die stakers rig meer skade aan as suipende 18 jariges. daar is di DA, VF+, Solidariteit, Afriforum nou on te keer daar luukses soos universiteite en verblyf gratis uitgedeel word aan onder dienstelike swart massas wie nog nooit die land n sent aan belasting besorg het nie? in alle waarskynlikheid het hulle ouers en groot ouers Oom nog nooit n bydrae gemask deur belasting nie. maar hulle wil gratis tersiete onderrig eis? dan ook nogal eis dan geen blanke student wat se ouers en groot ouers die land gedra het met belasting en dus eintlik daarop geregtigheid is, mag voordeel trek uit gratis hoEr onderrig nie. dis nou regtig stank vir dank.

Andre ·

Wonderlike wetgewing!!!!

Dankie ANC regering!!! Ek stem vir julle in die volgende verkiesing!!!

Alkohol veroorsaak PERMANENTE BREINSKADE by jong breine … soos duidelik waarneembaar is in die kommentaar hier bo!

Johanna Botha ·

Wat van die ongebore kinders wat so drink deur die ma wat so aan die suip gaan …die ongebore kind word gebore met n sindroom en is vir ewig beskadig deur n onverantwoordelike ma. Ek hoor van hulle doen dit want dan kry hulle n groter toelaag omdat daar iets verkeerd is met die kind …dis krimeneel indien dit waar is

SkarrelKind ·

indigogirl – van al die kommentaar hier, hou ek die meeste van joune!!

m ·

Weet nie of dit regtig n verskil gaan maak nie. Daar is mense van 40 wat nie weet hoe om hulle drank te hanteer nie en wat veronderstel is om “volwasse” te wees…….. So ja sterkte met hierdie een..

Eliza-beth ·

Ja dis ‘n turksvy die. As mens terugdink in die ou dae moes jy grens toe gaan op 18 en mense dood skiet (moord – al noem jy dit watookal), baie het pa/ma geword op 17, tog mog 18jariges sekere films nie kyk nie agv geweldadige en/of sekstonele. Sekere films was verbied en dan het mense Lesotho of Swaziland toe gery om dit te gaan kyk! Mense wat hul aan drank wil vergryp sal dit ongelukkig doen maak nie saak wat die wet sê nie. Dis ‘n “goeie” gebaar maar ja, daar sal altyd die wees wat vir jonges sal drank voer en daar sal altyd jonges wees wat hul gaan vergryp. Dis ‘n feit soos ‘n koei. Stel liefs ‘n voorbeeld as ouer, moenie drink en bestuur, moenie oormatig drink en drink maar jou biertjie tuis eerder as om in kroeë rond te lê en jou familie af te skeep en te duurste vir dieselfde biertjie te betaal. Leer ‘n kind ook van vroeg af wat drankmisbruik aan jou brein kan doen. Dalk moet almal net help opvoed, maar ek glo dis ook maar weer “wishful thinking” om dit te vra.

tess ·

goed so! nou kan die studente meer fokus op studeer en minder aan party!

Uvonka ·

As drank, dwelms, sigarette, prostitute ens vrylik beskikbaar is, hetsy wetting of onwettig gaan mense daarvan gebruik gemaak, maak nie saak wie se wat nie. Kinders mag deesdae suip maar o wee, moet net nie jou persoonlike keuse uitoefen om te rook nie. Ja ek is self ‘n roker, gebruik nie alkohol nie maar voel dat die selfde wetgewing moet geld vir die wat alkohol gebruik / misbruik.

neelsie ·

As die wet nie toegepas word nie ,beteken dit niks nie!
Bestuur al meer as 40 jaar , duisende km afgele en het nog nooit ‘geblaas’ vir alkoholgebruik nie.
Maar die perk 0(ZERO) en straf baie meer.
Skep n afdeling net vir padblokkades.

Christo ·

Dit gaan nie werk nie dagga is onwettig en die gebruik eskaleer. Hoe gaan jy vir n twintigjarige persoon se jammer jy mag alles doen net nie n bier drink nie!

amelia ·

Die ouderdom maak seker nie werklik n verskil nie want daar is ouers daar wat hul kinder drank voer (dronk maak) as die kind bv 16 word Ek voel eerder vat ouers en ouer persone wat kinder of eerder jong mense vas wat drank vir hul gee of aan hul verkoop en die wat se as n man (seun) nie drink nie is hy nie n man nie

Alta ·

Dit sal miskien n goeie ding wees maar die ouers is verandwoordelik om hul kinders op te voed. As die regering so streng is oor sigarette wat nie eers ongelukke veroorsaak nie kan hulle beslis n strenger wet toepas teen drank!!!!!!

Ruby ·

Oros vir universiteits studente whahahaa……ek wil dit sien.

BOLANDER ·

Ek het nie self kinders nie, maar ek weet van ‘n geval waar die kinders saam met die ouers drink en rook!!!!! Hulle is onderskeidelik 13 en 16. Begin die voorbeel van rolmodel nie in jou eie huis nie!!!! Wonder maar net??

Magda ·

Stel kwota-stelsel in.Jy mag net ‘n spesifieke hoeveel drank koop per jaar. Swipe n kaart daarvoor.As dit op is is dit op

Tiger ·

Soos met roekeloosheid op ons paaie is dit bloot ‘n geval dat die wette daar is maar nie afgedwing word nie.LOS die drankwet soos hy is en begin hom daadwerklik afdwing.Dit sal drinkers in hul spoor laat trap.Waarom nie alkohol toetse doen op mense wat by sogenaamde ‘pubs” en restaurante uitkom nie?In Italia sit hul polisie buite restaurante en doen alkohol toetse op mense wat daar uitkom.Die gevolg is bitter min mense drink wyn met hul ete en dan is hulle baie versigtig daarby!Maar hier in lalalaland sal dit nie gebeur nie nou dink Rob Davies ander wetgewing sal dinge verbeter?Hy droom lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.