Droë warm somer voorspel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Droë en warm somer lê vir groot gedeeltes van die land voor, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê,

Elizabeth Webster, ʼn weervoorspeller, het gesê die huidige kouer toestande is weens ʼn kouefront wat tans oor die land beweeg. Sy het gesê dit sal moontlik Vrydag en Saterdag bewolk wees in dele van Limpopo, Gauteng, Noordwes en Mpumalanga. Vir Musina in Limpopo word Vrydag ʼn minimumtemperatuur van 13 °C en ʼn maksimum van 23 °C voorspel. In Pretoria sal dit Saterdag na verwagting 7 °C en 21 °C wees met die moontlik van verspreide donderbuie.

Volgens Webster sal nog ʼn kouefront Maandag in die Kaap aankom, maar sal dit warmer word in die noordoostelike dele van die land. Kaapstad se verwagte temperature Maandag is 13 °C en 16 °C. Vir Richardsbaai in KwaZulu-Natal word Maandag ʼn maksimumtemperatuur van 30 °C voorspel terwyl ʼn maksimumtemperatuur van 19 °C vir Springbok in die Noord-Kaap voorspel word. Volgens Webster is dit moeilik om in dié stadium te bepaal of daar nog erge koue kom voordat die somer behoorlik aanbreek.

Cobus Olivier, ook ʼn weervoorspeller, het intussen gesê vir Oktober, November en Desember word daar onder normale reënval en bó normale temperature vir die land voorspel. Volgens die Weerdiens word daar egter voor Oktober reën verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Net weereens ‘n bewys dat ons ‘n waterarm land is. Ons ploeter egter voort om dit wat ons het te mors deur stukkende waterpype en ook riool, chemiese afval ens. in ons waterbronne te stort. Ek sou graag diegene wat so lekker met water mors vir ‘n staptog van 8dae wou vat na die Namibiese Naukluftberge asook die Brandberg. Daar waar in die Brandberg jy die holtes met water in beskerm teen verdamping deur dit toe te pak met plat klippe vir die stappers na jou. Jy krap ook eers die rottemis eenkant waarna jy die water skep en deur ‘n filter gooi vir jou waterbottel.
Jy was ook jouself met so min water as moontlik dan praat ek van 500ml wat ‘oorgenoeg’ is. Ek het “wet wipes” saamgeneem en daarmee ‘gewas’.
Kom jy van daar terug besef jy die waarde van water.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.