‘Dronk’ bestuurder ry glo twee dood

Argieffoto

Twee mans is Sondagaand dood toe ’n vermeende dronkbestuurder hulle raakgery het terwyl hulle besig was om ’n motorband om te ruil.

Charles Bramwell, Oos-Kaapse verkeerswoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 19:05 op die N2 naby die Walter Sisulu Universiteit plaasgevind.

“Drie mans was in die noodbaan besig om ’n band te ruil toe die bestuurder van ’n Opel Corsa te naby aan hulle verbygery het en twee mans getref het,” het Bramwell gesê.

Dié twee mans is op die toneel dood. Die derde man is ongedeerd.

“Die bestuurder van die Corsa het beheer oor die voertuig verloor en in ’n versperring vasgejaag. Hy is op die toneel in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol asook strafbare manslag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zettie ·

Dis my grootste vrees om ‘n band te moet omruil langs die pad……..mens weet nie wanneer en waar dit nodig gaan wees nie…….. RIV aan die slagoffers en sterkte aan hulle families en naasbestaandes.

Leahim ·

My karre het “run flat” bande op jy hoef dan nie te stop nie en kan aanry tot waar dit veilig is .

JMC ·

Dis hoekom dit meer raadsaam is om eerder ‘n band en ‘n velling af te skryf en die voertuig te probeer ry tot waar hierdie gevaar nie bestaan nie en dan die wiel te ruil.

Probeer weer ·

Probeer weer : 60% van padongelukke is te wyte aan drank.
Dalk nou aanvaarbaar MM?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.