Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die man (34) is omstreeks 23:00 in Ikageng naby Potchefstroom in hegtenis geneem.
“Die bestuurder het sy motor onder die invloed van alkohol bestuur en vier kinders wat langs die pad gestap het, raakgery,” het Moleko gesê. “Die kinders, tussen 7 en 12 jaar oud, moes almal mediese behandeling ontvang. Twee is in die hospitaal opgeneem, terwyl die ander twee slegs geringe beserings opgedoen het,” het sy gesê.
Volgens Moleko kon die man ook nie sy bestuurderslisensie toon toe polisiebeamptes by die toneel opdaag nie. Aanklagte van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur en bestuur sonder ʼn lisensie is teen hom aanhangig gemaak.
Hy sal Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.
Vat hom Flaffie!
Dit is reg dat die man gevang is, maar ek wil graag weet wat soek kinders van die ouderdom elfuur in die aand op die straat?
dit is my vraag ook. Waar is die ouers.?
Dit was my heel eerste vraag ook! WAAR is kinders van 7 -12 se ouers? Oor my dooie liggaam sal my 10- en 14 jarige hul voete alleen uit my erf sit. Soos Candice sê; kleintjies maak is ‘n Nationale sport. Maak mens naar.
Drank is d gevolg v menige euwels in ons wereld. As minder mense d sal begin verdedig en d gevaar daarvan begin raaksien en werk maak daarvan kan ons oplossings begin soek. Ons bly in n streek waar drank baie gewild is….en d verbasend hoe so n verwoester so geliefd kan wees