‘Dronk’ jaagduiwel in KZN aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat hy glo teen 211 km/h op die N2 aan KwaZulu-Natal se suidkus gejaag het.

“Hy het 211 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery,” het die departement van vervoer Saterdag gesê. “Toe die polisie hom aftrek, het hy probeer weghardloop. Die beamptes het hom agternagesit en in hegtenis geneem.”

Die bestuur was glo ook onder die invloed van alkohol.

LUR Willies Mchunu het gesê die inhegtenisneming moet as ʼn sterk boodskap vir alle motoriste dien dat verkeersbeamptes, saam met die polisie en munisipale beamptes, op hoë gereedheid staan tydens die feesseisoen. “Ons maan alle padgebruikers om verantwoordelik op te tree.”

Die bestuurder is vrygelaat op borgtog van R1 000. Hy sal na verwagting Maandag in die Scottburg-landdroshof verskyn op aanklag van spoedoortreding en bestuur onder die invloed van alkohol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Brieke, broer, brieke, maar ai tog brandewyn Het Nie Brieke Nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.