ʼn Vierjarige meisie is Sondagaand buite ʼn erf in Johannesburg dood nadat sy deur ʼn afleweringswa getref is.
Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die ongeluk het omstreeks 19:00 in Dobsonville, Soweto, plaasgevind. “Die afleweringswa het haar getref en haar liggaam teen die hek vasgepen,” het Makhubela gesê. “Die bestuurder was glo onder die invloed van alkohol, en het nie ʼn rybewys by hom gehad nie.”
Die meisie is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die 27-jarige bestuurder is in hegtenis geneem en van strafbare manslag aangekla. Hy moet binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Ai jaai jaai……Wat word van ons arme kindertjies :-(