Dronk motoris bewusteloos agter stuur gevind

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

ʼn Dronk motoris wat Sondagaand in die middel van ʼn kruising in Table View, Kaapstad, sy bewussyn verloor het, moes letterlik deur verkeersbeamptes uit sy voertuig na veiligheid gedra word.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die stad, het gesê die beamptes was besig met ʼn operasie om onwettige straatrenne in die stad se strate te bekamp, toe hulle omstreeks 22:00 op die motor afgekom het wat in die middel van die kruising by Blaauwberg- en Jansenweg gestaan het.

“Hulle het gevind die bestuurder het agter die stuurwiel sy bewussyn verloor met ʼn leë whiskey-bottel langs hom en ʼn tweede whiskey-bottel, wat byna leeg was, op die passasiersitplek,” het Smith gesê. “Dit het drie verkeersbeamptes geverg om die bewustelose bestuurder uit die voertuig te lig. Die voertuig het die vloei van die verkeer belemmer en moes geskuif word.”

Volgens Smith is nog agt ander motoriste dieselfde aand vir dronkbestuur in hegtenis geneem, asook twee vir roekelose en nalatige bestuur nadat hulle glo aan ʼn onwettige straatren deelgeneem het. Daar is ook 63 boetes uitgereik aan motoriste wat sonder lisensies bestuur het.

“Dronkbestuurders is steeds ʼn groot deel van ons bedrywighede. Ondanks talle waarskuwings en die potensiële noodlottige gevolge, ignoreer bestuurders steeds die wettige alkoholbeperkings en stel hulle hulself en ander padgebruikers in gevaar,” het hy gesê. “Ons loof ons verkeersbeamptes vir hul harde werk en toewyding om die verskillende voorvalle te hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lou ·

Daai ou kom van Lydenburg af, hy ry ‘n Toyota en sy glas is stukkend …….. Op ‘n ernstiger noot, die verkeersmanne moet maar die dronk bestuurders vasvat.

Poplap ·

Die man het vanoggend ‘n babelaas van formaat! Wens ek kon my dromles gaan oefen voor sy tronksel se venster.

Jannie ·

Hy gaan niks oorkom nie. Hulle het hom nie gesien bestuur nie. Sy pêl wat nie so gesuip was nie het dalk bestuur en hom agter die stuurwiel laat inklim en toe weg geloop. Sad maar dit is ongelukkig hoe dit is.

Pietie ·

Daai ou kan nie sy drank hanteer nie. Net een en n halwe bottel Whisky?

Dellaq ·

Dis hierdie tipe mense (en al die ander wat die padreels minag) wat verantwoordelik is vir die moord op onskuldige mense op ons paaie. Gelukkig het hy “uitgepass” voor hy iemand se dood kon veroorsaak.

Andre ·

Maroela,
Is dit dalk moontlik dat julle sy bloed alkohol vlak met ons kan deel? As ‘n veiligheids beampte het ons eendag ‘n man wat swaar voertuie bestuur vas getrek en sommer laat arresteer met ‘n alkohol toets wat 0.94 gewys het. Hy was ter tyde nog hard aan die ‘vat’ met sy bottel langs hom…

Waarheid ·

Drank duiwel as hy jou baas is dan gebeur sulke goed, net jammer na baie hartseer en ongeluk, besef sommige dit betyds of nooit.

Anoniem ·

Die man het genoeg whiskey by hom gehad, want hy reken seker 1 bottel is genoeg vir 2 man as 1 man nie drink nie!!!

Rina ·

Nou wonder ek maar net weer..ek myself is lief vir my Gin en dry lemon…Maar hoekom is die wet so erg oor rook???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.