‘Dronk motoris’ ry glo 2 polisiebeamptes dood

(Foto: SA Polisie)

Twee polisiebeamptes is Vrydagaand in Deneysville in die Vrystaat dood nadat hulle glo deur ʼn dronk motoris raakgery is.

Die twee beamptes, ʼn adjudant-offisier en ʼn sersant, was omstreeks 20:15 aan diens en was besig om ʼn vragmotor op die R594 te ondersoek ingevolge die afsonderingsregulasies toe hulle doodgery is.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die bestuurder van ʼn bakkie die twee beamptes raakgery ondanks die feit dat hulle glimbaadjies aangehad het. Naidoo het gesê die motoris was vermoedelik erg onder die invloed van alkohol.

“Die bakkiebestuurder is in aanhouding en hy sal na verwagting aangekla word van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van alkohol sowel as die oortreding van die regulasies van die Rampbestuurwet aangesien hy nie aan die aandklokreël voldoen het nie.”

Lt.genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het sy skok oor die voorval uitgespreek.

“Die ontydige heengaan van ons twee kollegas is inderdaad ’n bitter pil om te sluk. Ons vertrou dat die man wat na bewering verantwoordelik is vir hul dood en wat tans agter tralies is, gepas gestraf sal word indien hy skuldig bevind word,” het Sitole gesê.

Die nasionale polisiekommissaris het sy medelye met die families van die beamptes betuig en die provinsiale polisiekommissaris versoek om die nodige ondersteuning aan die families te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

SomeOne ·

en dan wil die mense drankverkope he, kyk wat gebeur, dis nie die enigste geval nie, dink maar aan in die tye voor die “lock-down” daar was

Jaco ·

In daai geval volgens jou kommetaar is dt die drank se skuld, en nie die mense wat hul perke ken nie.
Aangesien mense dan so onverantwoordelik optree verban dan dadelik alle karre, vliegtuiens, messe, glasbottels, elektrisiteit (netnou trap iemand op n lewendige kabel) en nog alle ander voorwerpe wat moontlik as wapens kan dien.

SomeOne ·

julle het nog nie ‘n dronklap in julle familie gehad nie, hulle raak onmenslik

Tinus ·

Miljoene mense gebruik drank verantwoordelik. Ter wille van enkeles moet almal nou verbied word om drank te gebruik! Ek ken heelwat nugter mense wat ook nie juis baie “menslik” is nie.

Cherokee ·

En jy het nie die woord ‘veralgemening’ in jou woordeskat nie. Ek is jammer vir vrouens en kinders wat deur suiplappe geboelie word. Dit is onmenslik soos jy sê. Maar daar is mense wat perke ken.
Ek rantsoeneer myself, en het sopas die Black Label bottel in die yskas oopgemaak en ‘n eetlepel bier gedrink. Kom ek deel met jou iets om oor te glimlag – Aktiewe droë suurdeeg is uitverkoop in die kettingwinkels (tog is pynappels nie skaars nie :-)

'n Simpelman ·

Simpatie met hul families. ‘n Bewys dat alkohol verban moet bly.

Oujongvrou ·

Jou naam se alles. Omdat paar mense uit miljoene hulle nie kan gedra nie, moet almal gestraf word. En mnr Simpelman gaan jy die geld wat dan verlore gaan met aksyns belasting opmaak.

Nell ·

Die Bybel het myninsiens ‘n baie gebalanseerde siening oor sterk drank. Aan die een kant sê die Skrif dat wyn ’n gawe van God is wat “die mens se hart kan bly maak” (Psalm 104:1, 15). En aan die anderkant veroordeel dit die oormatige gebruik daarvan met uitdrukkings soos “strawwe drinkery”, “oordadighede met wyn, swelgerye, drinkpartye”, ‘oorgegee aan baie wyn’ en “aan baie wyn verslaaf wees” (Lukas 21:34; 1 Petrus 4:3; 1 Timoteus 3:8; Titus 2:3). Dus hang dit van die persoon af hoe wyn gebruik behoort te word. Christus het immers ook wyn op bruilofte en saam met sy mense geniet.

Suzanne ·

Die probleem is mense wat nou hulle eie alkohol maak wat baie sterker is. As mense wil drink gaan hulle drink.

Scalla ·

Innige simpatie met die twee se familie, drink sal hul drink, net baie duurder op swart mark, staat verloor miljoene tax.

Cherokee ·

Ag Scalla, erken dit tog.. ons simpatie is nie met die staat en die belasting wat hulle verloor nie.. maar met ons self :-)

popsa ·

Kom nou, Willem. Dit klink nou soos Jannie wat sê: Nee, Pappa, ek het nie vir Sussie gebyt nie. Dit was my tande… Drank het duidelik en beslis bygedra tot die dood van hierdie manne. Drank was deel van die proses; dit was op die toneel, opgeneem deur die bestuurder se liggaam, sy brein beneweld daardeur, fisiese reaksies beïnvloed daardeur. Die bestuurder het drank deel gemaak van homself. Of anders gestel, het hy nié gedrink nie, was drank nie op die toneel binne sy liggaam nie en het die manne waarskynlik vandag nog gelewe.

Annette ·

Stem saam met jou Wit Willem. Dis mens wat nie hulle perke ken nie wat sulke lelike ongelukke veroorsaak.

Johannes ·

Jy rook serious stuff SomeOne.

SomeOne, ek neem aan jy is ook teen vuurwapens gekant, want die veroorsaak ook sterftes né.

SomeOne ·

ek is nie teen vuurwapens gekant nie, as jy wanneer ehoe om die wapen te gebruik, dan is jy wapen wys, nie wapen mal nie

Cherokee ·

Iemand, jou redenasie geld ook vir drank.. onthou jy daai kroek wat die regering probeer vastrek het vir dwelmsmokkel, Glenn Agliotti? Dink dit was hy wat gesê het “finnish en klaar”.

Fedup ·

Once again one idiot that makes life more difficult for the rest of us.

Anton ·

Tyd dat ons motors verbied, dan sal daar geen ongelukke weer wees nie.

SomeOne ·

as jy GELEER het om te bestuur en vir jou lisensie GELEER het en dit en die wiele onder jou blaker te verstaan,te wardeer, besef tot wat dit instaat is, en nie dit verruil het ‘n bier nie, sal daar nie ongelukke wees nie
dis mos maklik om te se, dit was ‘n ongeluk

Cherokee ·

Michael, as ek reg gelees het, sal daar nie gesoek word na redes vir skuldigbevinding nie, maar juis andersom.

Rodger17 ·

Wat van polisie wat publiek raak ry?Hulle voertuie moet weggevat word.Gee hulle eerder perde

Erica ·

As ek sien hoe oor gewig hulle is kry ek die perd jammer. Gee maar liewer vir hulle fietse, dan kan hulle so trap trap fiks word.

Niklaas ·

Daai kar bestuurder het probleme. Dronk of nugter gewees, maak nie saak nie.

Pieter J ·

Al dra ń mens ń glimbaadjie beteken dit nie jy is beskerm as jy in die pad staan nie. Jy moet nog steeds af van die ryvlak wees om veilig te wees. Indien jy dit nie kan insien nie is daar ń probleem.

Louwrens ·

Ek lees almal se kommentaar en dink so by myself, in die lockdown is n kind deur n polisie beampte met n polisie voertuig doodgery. Weet nie of daai beampte nugter of dronk was nie of hoe vinnig hy gery het nie, n onskuldige kind is dood.
Ja dis n jammerte dat die twee beamptes dood is maar dan kyk mens weer na die omstandighede. Was die voertuig wat die oorledenes ondersoek het op n veilige plek afgetrek. Was die beamptes se voertuig se blou ligte aan????? Baie vrae, ek het ongelukke ondersoek in my jare as speurder.
Moenie net veralgemeen nie, onthou altyd n stuk wors het twee punte . . . .
Net my stuiwer vir die armbeurs. . .
Sterkte aan die families van die twee afgestorwenes.

Kruger ·

Moenie flippen stupid wees nie…verban sommer wapens en voertuie ook….. want dit maak ook mense dood…..kom tog net by….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.