‘Dronk’ motoris ry polisieman dood

A.o Jan Esterhuysen. (Foto: Facebook)

ʼn Polisiebeampte is Saterdagaand dood toe ʼn motoris deur ʼn padblokkade in Khutsong aan die Wes-Rand gejaag het.

Ao. Jan Christoffel Esterhuysen was besig om die vloei van die verkeer te beheer, toe ʼn 20-jarige motoris deur die blokkade gery en Esterhuysen sowel as ʼn stilstaande motor getref het. “Die bestuurder het van die toneel probeer vlug, maar ander polisielede kon daarin slaag om hom vas te trek,” het brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder in Gauteng, Maandag gesê.

“Ao. Esterhuysen is na die hospitaal gehaas waar hy aan sy beserings beswyk het.”

Volgens Muridili het die verdagte onder die invloed van alkohol bestuur. Sy sê Esterhuysen was verbonde aan Fochville se eenheid vir sigbare polisiëring en het 27 jaar se lojale diens aan die polisie gelewer.

Sy vrou, Tersia Esterhuysen, is ook in die polisiediens werksaam.

Esterhuysen se susterskind het Sondag haar medelye met sy vrou en dogter op Facebook betuig. “Hy was ʼn wonderlike, ʼn fantastiese man en ʼn vreugdevolle oom. Ons gedagtes en gebede is met sy familie in hierdie tyd.”

Lt.genl. Elia Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het sy medelye met Esterhuysen se familie betuig en gesê hy is dankbaar vir die positiewe bydrae wat Esterhuysen in sy jare in diens van die polisie gelewer het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kobus ·

Dit is moord bring terug die doodstraf almal weet jy kan nie suip en bestuur nie maar hoor is min

Maggies ·

Eie dronkbestuurder moét swaar gestraf word, jy is reg. Maar die tipe straf is waarom ek die af duimpie gee. Doodstraf sal ons nasie baie vinniger uitroei as wat jy kan dink. Dit is die laaste straf waarvoor ons moet vra.

Jakkie ·

Baie hartseer. Het hom nie persoonlik geken nie, maar wel sy ma.

Tanniepetoors ·

Uiters tragies. Hoe dronk is jy as jy flitsende ligte en stilstaande voertuie en mense nie sien nie? Vervlakste idioot. Hoop hy sit lewenslank in die tronk, en ek bedoel die res van sy lewe!

JohanR ·

20 jaar oud en smoor dronk agter die wiel van ‘n motor. Onder 25 soe sy versekering as hy het, gaan nie naby hom wil kom nie. Hoe gesuip moet jy wees om nie ‘n polisie padblokkade met blou ligte, flits lugte ens raak te sien nie. Dan probeer jy nog wegjaag……jy is in die groot moelikheid my maat!

AW ·

Dis ook nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.

Hartseer voorval .

Johann ·

Tragies, sterkte aan die naastes…

Net die sin konstruksie in die eerste sin hersien… “nadat toe”

Nicolaas Rasmus ·

Was saam op skool, hy was puik middelafstand atleet.
Was die voorbeeld van top diens aan sy tuisdorp.
Rus sag ou Janneman.
They don’t make them like you no more.

DEON ·

Ja dis tragies..Jan en sy Ma het al ons skool jare oorkant ons gebly …… n Goeie mens en altyd op sy plek… Alle simpatie aan familie…….

Harley Davidson ·

So jammer,dronkbestuur is n R 200.00 oortreding ongeag die nagevolge, die kaap moet afstig sodat die korupsie uitgeroei kan word.

Wielspore ·

Mag die oortreder die straf kry wat hy verdien, sterkte aan die afgesterwe man se familie en vriende. Dit is onrusbarend om op platforms soos FB en Tik Tok optrede te sien van mense wat drink en dan tot vermaak van ander met motors rond jaag en ander padgebruikers se lewens in gevaar te stel.

Kompas ·

So hartseer en onnodig. Baie mense bestuur dronk en kom weg daarmee! Sterkte aan familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.