‘Dronk’ neefs pluk mes uit oor DVD

Argieffoto

Argieffoto

Twee 28-jarige nefies van Deneysville in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vriend met ʼn mes aangeval het oor ʼn DVD.

Volgens sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, is die vriend, Fusi Donald (35), Vrydag na die nefies se huis om sy DVD te gaan haal.

“Toe hy daar opdaag was hulle besig om kwaai te drink,” het Mpakane gesê. “Die verdagtes het geweier om die DVD aan Donald te oorhandig. Donald het probeer om sy DVD te vat, waarna hy met ʼn bottel oor die kop geslaan is.”

Donald het probeer weghardloop, maar is deur die nefies ingehaal. Hy het op die grond geval waarna een van die verdagtes hom met ʼn mes gesteek en gewond het. Donald is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die nefies is Maandag op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Hulle sal Donderdag in die Deneysville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Seker miljoene sulke gevalle daagliks en veral naweke – dit haal net nie die nuus nie…

Cherokee ·

Dit was seker ‘n lensskoonmaker-DVD. ‘n DVD-skoonmaker.

Se net.... ·

Wat ek lees ek het ook kop geskud oor die landdroshof….genade daar is nie eers n hotel of hospitaal in Deneysville nie wat nog van n landdroshof….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.