‘Dronk’ polisielid ry glo fietsryer dood  

(Argieffoto)

ʼn Motoris het glo ʼn vermeende dronk polisielid probeer keer voor hy na bewering oor ʼn rooi verkeerslig gery en toe ʼn fietsryer doodgery het.

Die Vanderbijlparkse polisielid is op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem en ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

ʼn Motoris het Vrydag omstreeks 19:00 gesien hoe die polisielid roekeloos in ʼn polisievangwa op die R59 gery het in die rigting van Vanderbijlpark.

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het die polisielid die R42-afrit gevat en het die motoris die vangwa agtervolg. Op die hoek van Andries Potgieter- en Playfair-boulevard het die polisielid glo oor ʼn rooi verkeerslig gery waarna die motoris en ʼn passasier die polisievoertuig gestop het.

“Daar is vir die polisielid gevra om sy voertuig se sleutels te oorhandig sodat hulle hom na die naaste polisiestasie kan neem. Die polisielid het egter geweier en onmiddellik weggery en kort daarna ʼn man op sy fiets raakgery.”

Die polisielid het weer eens nie stilgehou nie en die motoris het voortgegaan om hom te agtervolg en die voorval by die polisie aangemeld.

Polisiebeamptes van Vanderbijlpark kon daarin slaag om die polisielid in Curie-boulevard voor te keer en hy is in hegtenis geneem.

Die fietsryer is op die toneel dood verklaar.

Die polisielid is geïdentifiseer as ʼn 27-jarige konstabel wat aan die Vaal Marina-polisie se sigbarepolisiëringseenheid verbonde is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Nie Verbaas ·

Nou toe nou. Sukses waar n siviele persoon n “wetsgehoorsame” polisielid arresteer. Ek het altyd gedink dit werk andersom. Nê Cele?

Frank ·

Sigbare polisiering: vertel my wat dit behels? Beteken dit jy ry rond met ‘n flikkerende bloulig en almal moet vir jou pad maak???
Ek het Saterdag twee lede in n vleiswinkel in Naboom gekonfronteer wat oppad daarheen met blou ligte gejaag het. Almal maak plek met die gedagte daars erens moord gepleeg of transito rooftog of wat ookal. En hulle pleit toe sigbare polisiering. Met ‘n houding…
Was ek verkeerd?

Cherokee ·

Indien jy dit nie rapporteer met tyd en voertuignommer, was jy natuurlik verkeerd.

Frank ·

Dis my vraag. Is dit reg of verkeerd van hulle? Vertolk hulle dit verkeerd? Kan mos nie ‘n saak maak as dit binne die riglyne van die wet is nie?

Misky ·

Konstabel nogal. En dit is geen strafbare manslag nie, dis MOORD!!!! Doelbewuste moord as jy dronk agter ‘n stuurwiel sit.

Casper ·

Jy kry ongelukkig die skuim wat geen wet en orde kan handhaaf nie.Wat soek hy nog in die diens.Gedink in uniform is hy onaantasbaar.Stel ‘n eis teen hoedman en sy gespuis in.

ES ·

Ry te lekker met die polisie se voertuig rond en dan is hy nog besope ook! Hoop hy kry die swaarste straf.

Swerwer ·

Wonder of Hoed nou voertuie ook wil wegneem van die publiek, want dit is ‘n groter moordwapen.

Dries ·

En as jy die polisie nodig het, is daar nie voertuie beskikbaar nie.

Maritza ·

Wel gedaan. Net ‘n jammerte dat ‘n familie nou hule geliefde verloor het

Owlie ·

Wow dit lyk of werkskepping hier sal moet intree – n nuwe werk vir elkeen van die volgende
1 Toets elke polisie daagliks voor hulle an diens gaan
2 Daaglikse fiksheids en gesondheids toetse
3 bevoegdheids toetse daagliks
En so kan ons aangaan …….duidelik weet ons minister en senior mense nie wat die verdkil tussen reg en verkeerd is nie

Marcello ·

Ek wonder hoeveel gevalle is daar, wat die publiek nie van bewus is nie, hulle is baie lief om met hulle motorligte op “BRIGHT” te ry, in die aand, en jy kan maar jou motorligte vir hulle flikker, hulle ignoreer jou net.

Jr ·

Nog n saak vir die publieke taxpayer – ek en jy gaan vir sy manewales betaal. Hierdie mense moet aangekla word in hulle persoonlike hoedaanigheid. Stroop hulle kaal en verkoop al sy besittings. Ek voel niks vir hom nie

Lekker in SA ·

Cele gaan seker nou weer “ondersoek” instel en niks gaan van die saak kom nie! Of parool soos die vorige krimenele wat mense dood ry en borg kry ! Sleg verby

marius ·

En hoeveel eerbare kollegas gaan teen borg betoog ? NIE EEN NIE .

Toy ·

Konstabel groet jou pos..soek nie polisiemanne wat ongehoorsaam is nie. Hy moes maar die sleutels vir die ander manne gegee het .. nou is daar iemand dood as gevolg van roekelose bestuur.

SlinkseKoljander ·

Ons mense, seker hy het nog ander rekords agter sy naam. Dit is moes n vereiste van hoed om die polisie te join.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.