‘Dronk’ polisieman, seun vas vir aanranding

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte en sy seun is in Alberton aan die Oos-Rand in hegtenis geneem vir dronkbestuur en die aanranding van metropolisiebeamptes.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die 46-jarige polisiebeampte is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo motoriste in Alberton aangeval het. “Ooggetuies het aan die metropolisie gesê die polisiebeampte het met sy BMW oor ʼn rooi verkeerslig gejaag en amper teen ander motors gebots. Hy het toe glo motoriste wat hom gekonfronteer het, aangerand.”

Kgasago sê die polisiebeampte het glo een van die motoriste met ʼn knuppel aangerand. ʼn Ander motoris het daarna die polisiebeampte se motorsleutels uit die aansitter verwyder. Hy het toe glo sy seun geskakel om die duplikaatsleutels te bring. “Sy seun het opgedaag en hulle het die metropolisiebeamptes op die toneel begin aanrand.” Kgasago sê die beamptes moes hulp ontbied.

Die polisiebeampte is in hegtenis geneem en sal aangekla word van aanranding, dronkbestuur en verset teen inhegtenisneming. “Die seun sal aangekla word van aanranding en inmeng met polisiebeamptes se wettige pligte,” het Kgasago bygevoeg.

Die pa en seun sal Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Jip – Drank is ‘n lelike ding. Vandag is hy weer nugter en het jare se probleme vir homself op die hals gehaal. Alles so onnodig. Sies man.

andries ·

Nee drank gaan die skuld kry en hy en seun gaan veilig uit loop hang af hoe veel kfc is op die tafel

Nina ·

Lae gemors. Dis G’N NIKS drank se skuld, man!!!!!!! Dis savage, dis al. Verdomp. En niemand kon die blikskottel ordentelik opdons? Ai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.