‘Dronk’ polisieman skiet glo kind (2), vrou

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 35-jarige polisiekonstabel is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 31-jarige vrou en tweejarige kind geskiet het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het Woensdag gesê die voorval het Maandagaand in Khuma, oos van Klerksdorp in Noordwes, plaasgevind.

“Die man het na bewering omstreeks 23:00 onder die invloed van alkohol by die huis aangekom, waarna hy en sy vrou rusie gemaak het,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini het ʼn buurman wakker geword toe hy geweerskote gehoor het. Hy het na die beampte se huis gegaan om ondersoek in te stel.

“Die beampte het die buurman versoek om die polisie te bel. Die buurman het die beampte na sy kamer gevolg en gesien die vrou lê op die bed met haar kind langs haar. Daar was bloed reg oor die bed.”

Die vrou is in die bobeen, arm en bors geskiet en is op die toneel dood. Die kind is in die voet geskiet en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die kind se toestand is stabiel.

Die beampte is in hegtenis geneem in na die Orkney-polisiestasie geneem vir aanhouding. Hy moet binnekort in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Opod ondersoek die skietery en het beslag gelê op die beampte se vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leahim ·

Die polisie beamtes se vuurwapens moet nadat sy skof klaar is ingehandig word die staat is skuldig en kan verantwoordelik gehou word vir die vrou se dood.

willie ·

En wat van onskuldig polisie manne wat van diens af hulself moet verdedig? Jy kan nie veralgemeen nie, polisiemanne moet eerder gevalueer en gemonitor word vir swak gedrag!

Cherokee ·

Daardie ‘onskuldige polisiemanne’ kan soos enige ander landsburger hul eie vuurwapens koop. Werkgewers verskaf nie aan werknemers vuurwapens om hulself mee op te pas na ure nie.

Johan ·

En natuurlik sal die al ewige beter wetende publiek n opinie he. Al wat hulle kan doen is kla en kritiseer. Nie een van hulle het n idee waarvan hulle praat nie. Ondankbare mense in die land.

Liezl ·

Johan, dit is hoekom dit kommentaar genoem word…Soms commin en naar, maar elke ou het mos maar sy opinie. Die ‘idee-loses’, die ondankbares, die slimmes, die mooies, die vettes op die rusbank, die ouma, die ma. So is ons wêreld behoorlik ingekleur met alle vorme mense. En elke ou gee uiting hoe hy voel op daardie oomblik. Soms is ek kwaad, soms lag ek, soms wil ek baie meer sê as wat ek moet. Dit is behoorlik ‘n platform vir almal om iets te kan sê. Jy vorm deel van ‘n familie hier op Maroela, neem deel. Ons ‘SIEN’ soveel meer van ons land se mense. Niemand is dieselfde nie, dankie tog daarvoor. Ek hoop jy gaan aanhou om so bietjie kommentaar te lewer. Glo my, jy gaan verskillende opinies hê op verskillende artikels. Lekker lees ;)

Idi ·

Ek dink Polisie manne moet verplig word soos enige ander persoon met n vuurwapen lisensie om n kluis in die huis te he waarin die wapen toe gesluit word.Ek het op n tyd saam n ander kleurige dame gewerk en sy het my vertel hoe haar sussters man n polisie man is en dat sy wapen na skofte onder se kussing by die huis gebere word, so maak hy ook moeilikheid in die aande en baklei en dan is hulle bang hy ruk sy wapen uit en skiet hulle, by gese ook met klein kinders in die huis, Wat v as daai kind die wapen in die hande kry wanneer daar nie toesig is nie, Haar gevra oor n kluis toe se sy nee daar is nie so iets nie en ook nie dat dit voorsien word aan die polisie manne nie.So as die polisie manne regtig n wapen soek vir na werks ure vir hulle veiligheid, hoekom dan nie dieselfde maatreels toe pas vir hulle soos ander met vuurwapen lisensies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.