‘Dronk’ taxidrywer wéér vas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Minibustaxibestuurder van Kaapstad is vir die tweede keer in minder as ʼn week in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê ʼn verkeersbeampte het Dinsdag gesien hoe ʼn taxi roekeloos bestuur word in Govan Mbekiweg.

“Die verkeersbeampte het onmiddellik die voertuig agternagesit en kon daarin slaag om dit sowat ‘n kilometer verder tot ʼn stilstand te bring. Die beampte het die bestuurder gekonfronteer en geruik sy asem ruik soos drank ondanks die feit dat hy tien passasiers vervoer het,” het Smith gesê.

Die verkeersbeampte het intussen alternatiewe reëlings getref vir die vervoer van die passasiers toe die taxibestuurder weggejaag het. Hy het later uit die taxi geklim en te voet gevlug. Die verkeersbeampte het hulp ontbied en die bestuurder is kort daarna in hegtenis geneem.

Volgens Smith was die taxibestuurder twee keer oor die wettige bloedalkoholvlak en is hy na die Philippi-polisiestasie geneem. Dit het later aan die lig gekom dat die bestuurder ook op 26 Desember in hegtenis geneem is op aanklag van dronkbestuur. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Babs ·

Geluk aan die beampte wat hierdie keer streng opgetree het teen die bestuurder. Hoekom is sy taxi nie na die eerste oortreding geskut? Is sy inkomste meer werd as ander padgebruikers en die mense wat hy vervoer se lewens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.