Dronk vlieënier tronkstraf opgelê

Julian Monaghan (middel) daag by die hof op. (Foto: ANA)

Julian Monaghan (middel) daag by die hof op. (Foto: ANA)

ʼn Voormalige vlieënier van British Airways is Dinsdag in Engeland tronkstraf opgelê nadat hy vroeër vanjaar dronk vir ʼn internasionale vlug opgedaag het.

Julian Monaghan (49) is Dinsdag in die Lewes Crown-hof in Crawley in Engeland tot agt maande tronkstraf gevonnis. Regter Janet Waddicor het gesê die lugredery se passasiers het “die reg om te voel dat hulle veilig is” tydens vlugte.

“Jy was in beheer van ʼn groot vliegtuig. Die veiligheid, selfs die lewe van die passasiers en bemanningslede is in die hande van die vlieënier,” het sy gesê.

Monaghan, wat in Kaapstad woon, is op 18 Januarie by die Gatwick-lughawe naby Londen in hegtenis geneem toe ʼn vliegtuigtegnikus alkohol aan sy asem geruik het terwyl hy voorberei het vir ʼn 12 uur lange vlug van Londen na Mauritius. Daar was glo 300 passasiers aan boord van die Boeing 777.

Hy is in boeie uit die kajuit begelei nadat sommige van die passasiers reeds aan boord gegaan het.

Monaghan het skuldig gepleit nadat bloedtoetse aangedui het dat sy bloed-alkoholtelling vier keer meer as die wettige limiet vir vlieëniers was. Hy het 86 mg alkohol per 100 ml bloed in sy lyf gehad terwyl 20 mg die wettige limiet is.

Monaghan het aanvanklik die bloedtoetsuitslae betwis, maar het twee maande ná sy inhegtenisneming bedank nadat verdere toetse bevestig het die bloedmonsters was akkuraat.

Hy het by sy inhegtenisneming gesê hy het ʼn glas rooiwyn gedrink op sy oornagvlug as passasier van Kaapstad na Heathrow.

Daarna het hy gesê hy het ʼn “mate” van vodka saam met Pepsi in sy hotelkamer gedrink op ʼn leë maag en het skaars geslaap voordat hy die langafstandvlug na Mauritius moes onderneem.

Die hof het gehoor Monaghan het intussen onthou hy het drie klein botteltjies vodka gedrink. Hy het volgehou dat hy die lugredery se reël dat ʼn vlieënier agt uur voor ʼn vlug nie alkohol mag gebruik nie, nagekom het.

Hy was voor die voorval 17 jaar werksaam by British Airways.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nettie ·

@SF – nou hoe word SA se naam hoog gehou as dié ou in SA woonagtig is, maar die oortreding in die VK begaan het en in die VK skuldig bevind is? Of was jy sarkasties?

RINA ·

JAMMER OOR DIT, SO LEER ‘N MENS MAAR, DIT IS NET JAMMER HIERDIE STRAF WORD NIE OP ALMAL TOEGEPAS NIE

Albaster ·

So BA vind dit aanvaarbaar om vlieniers nie ordentlik te laat rus na vlugte nie en vereis slegs 8 uur alkoholvry voor vlug? Is die reels nie bietjie slap nie?

Mooi lees ·

Hy was ‘n passasier, hy was dalk met vakansie en op pad terug vir die vlug…… 8 ure is redelik, indien hy oormatig soos die kerel sal dit nie in 8 uur verdwyn nie en dan chop hy. Goeie werk British Airways!!!!!! Ek wil veilig voel.

Albaster ·

Vlugte eis sy tol op passasiers ook, en 8 uur is genoeg vir gewone bestuurders maar nie vleniers van sulke groot vliegtuie nie, of so is my opinie en kliente se opinies is al wat tel as dit by aankoopbesluite kom, so hierdie klient gaan nou ander vliegopsies bekyk.

Karien ·

Ek stem saam @Jo, by my vorige werk was ons elke oggend getoets vir alkohol, nog voor ons by die hek mag in ry. Indien jy positief getoets het vir alkohol, moes jy eers vir ‘n uur buite sit, sodat hulle daarna nog ‘n toets kon doen. Indien daardie toets positief was, het hulle ‘n finale waarskuwing uit gedeel en iemand gekry om jou huis toe te vat. Dit was net in ‘n pakhuis, hoekom kan hulle nie alle vlieëniers ook toets nie, hulle sit met baie honderde mense se lewens en speel.

rollie ·

Absoluut, dis mos baie gou. Treindrywers en busbestuurders behoort ook so getoets te word.

Mynwese toets daagliks ·

Ja, tot myne in SA moet elke werker elke dag toets voor hulle ondergronds gaan. So n werker stel net sy lewe of dalk n paar ander se makkers in gevaar, terwyl n vlenier honderde mense se lewe in gevaar stel.

Chris Ws ·

Wat nou van sy vlieg lisensie?Hy kan dus verder vlieg na sy vonnis uitgedien is.Ek sal beslis nie met British Airways vlieg nie.

ChristaT ·

Chris Ws lees weer en baie stadig. Die vlieenier het 2maande na sy inhegtenisneming BEDANK. Hy werk dus nie meer vir BA nie.

Skyspy007 ·

Chris WS….ek hoop nie jy drink OOOOOOIT weer ‘n bier voor jy in jou kar klim en ANDER mense se lewens in gevaar stel nie!!!!!!

Nettie ·

@rollie – wat van taxi-bestuurders – en alle gewone motorbestuurders? Moet almla nie maar getoets word voor hulle in hul taxi’s of voertuie klim nie? Wat van motors wat toegerus word met “breath analysers” en as die bestuurder se asempie so ‘n effe van ‘n alkohol klankie het, kan die motor nie aanskakel nie?

Alida ·

Hierdie is ‘n ge-isoleerde geval. Ek persoonlik lief British Airways.

Andrea ·

Ek ook. En sal juis met hul vlieg omdat hul optree in só n geval.

GM ·

Met al die vliegtuie wat so neerstort en ‘onpadwaardig’ is (wat is die regte woord daarvoor?), sou ek ook dalk ‘n paar sopies moes vat voor die tyd :-) Op ‘n meer ernstige noot, dit is nogal angswekkend om te weet dat ‘n man, wat so ‘n belangrike posisie beklee, so met mense se lewens kan speel. Daar is goed soos ‘auto pilot’ en ‘n mede-vlieënier, so hy het seker gedink hy gaan wegkom daarmee. Was dit die eerste keer, of het ander voorheen vir hom ge’cover’? Dis hartseer dat mens jare vat om jou ‘naam’ op te bou, en binne sekondes kan dit afgebreek word deur ‘n onbesonne daad.

MG ·

In vandag se tyd, maar as 250mense op vlugte, is daar die kaptein, 1st officer, 2nd officer en flight engineer in die cockpit, hy’t beslis gedink hy gaan wegkom met dié

Cherokee ·

Lugwaardigheid is die woord waarna jy gesoek het, GM. Soos in airworthy oftewel airworthiness

HC ·

Dis goed so. Vroeër die week is daar op ander nuuswebwerwe berig oor n persoonlike afrigter van Durban wat dronk bestuur het, agter in n kar vas gejaag en weg gejaag het. Hy het n dame in die kar n kwadrupleeg gelaat en haar suster met erenstige breinbeserings. Hy het by die hof uitgestap met n glimlag op sy gesig nadat sy slagoffers getuig het. Nou wil hy tronk straf vryspring. Waar is daardie berig, Maroela Media?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.