‘Dronkbestuur’-diplomaat teruggeroep

Die Noorse vlag. Foto: http://aremobility.com/

Die Noorse vlag. Foto: http://aremobility.com/

Die Suid-Afrikaanse diplomaat by die ambassade in Noorweë, wat na bewering met ʼn ambassadevoertuig in ʼn ongeluk was terwyl hy onder die invloed van alkohol bestuur het, is na Suid-Afrika teruggeroep.

Die koerant VG in Noorweë het berig die Noorse ministerie van buitelandse sake het bevestig dat Mhlupheki Booysen Dombo, die eerste sekretaris by die ambassade in Oslo, teruggeroep is nadat hy met sy motor teen ʼn ander motor gebots het in die vroeë oggendure van 3 Januarie. Die bestuurder in die ander motor is beseer.

“Ons kan bevestig dat ons terugvoer van die Suid-Afrikaanse owerhede ontvang het dat die diplomaat wat van dronkbestuur verdink word, teruggeroep sal word,” het Astrid Sehl, ʼn woordvoerder van die ministerie, aan VG gesê. “Dit is nog nie duidelik wanneer die diplomaat na Suid-Afrika sal teruggekeer nie, maar Noorse owerhede versoek ʼn spoedige vertrek.”

Die Noorse ministerie van buitelandse sake het verlede week Queen Anne Zondo, die Suid-Afrikaanse ambassadeur, ontbied en versoek dat Dombo se diplomatieke immuniteit teruggetrek word, sodat hy op aanklagte in Noorweë tereg kan staan. Die Suid-Afrikaanse owerhede het geweier om sy immuniteit terug te trek en het eerder ingestem om hom terug te stuur Suid-Afrika toe, het VG berig.

In September verlede jaar het die polisie die Noorse ministerie ingelig dat Dombo afgetrek is vir vermoedelike dronkbestuur. In beide voorvalle het Dombo aanspraak gemaak op sy diplomatieke immuniteit en geweier om sy bloedalkoholvlakke te laat toets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Peet Schabort ·

En die probleempie is opgelos. So maklik soos dit . . .

Louis ·

Hy het sy bevorderingvereiste se praktiese evaluasie geslaag. Hou die naam en media dop.

Gert ·

Sy bevordering na ‘n baie senior pos in die parlement is verseker – iets soos Zuma se persoonlike assistant of so!!!!

Hennie ·

Die man het die mentaliteit om as president gekies te word!

Hannie ·

Ja, diplomaat M.B. (DOM)bo, hoe onnosel wil jy wees om ook ons land se naam soos onse ou regerinkie, in die modder te sleep.

DPJ ·

Die dept buite land se sake sal self onder soek in stel. Saak afgehandel en gesluit. RSA is bo enige verdenking. Die vraag is wanneer gaan hy terug geroep word na nog ‘n ongeluk of 2? Wat se goue handruk gaan hy kry?

Francois le Cochon ·

Ek het ‘n familie-lid wat in die diplomatieke diens is (Konsul Generaal). Die skandes van SA diplomate in die buiteland is legio. Dit word meesal toegesmeer voordat dit die media bereik.
Hierdie skandemakers kom niks oor nie, maar word slegs herontplooi. Die Chinese veral, het geen respek vir ons diplomate daar in China nie. Die Chinese verdra hul maar net omdat hulle moet.

Ernest ·

Genade……ek wonder of dit onder “rassisme” gaan resorteer…??

Wil ·

Dis nou baie gaaf! Hier wag seker `n lekker pos as burgermeester of so vir hom in SA…

Liewe heksie ·

Goue handruk wag vir hom enigeiets wat SA in swak lig stel is mos bevorderbaar

Kaspaas ·

Die eerbare ding sou wees om hom te oorhandig dat hy daar vervolg kan word. Maar dan weer die regering weet nie wat die woord eerbaar beteken nie. Hulle ken net kader ontplooing, Self verryking om n paar te noem

GES ·

Mnr Dom…bo jy het ‘n dom ding gedoen. “Drink” en “drive” hulle loop nie saam nie. As wil drink jy jy suip by die huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.