Dronkbestuur glo oorsaak van talle noodlottige ongelukke

Foto: Verskaf

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) ondersoek die moontlikheid dat dronkbestuur dié naweek tot ʼn groot aantal noodlottige padongelukke gelei het. Minstens 16 mense is in verskeie botsings dood.

Die bestuurder van ʼn sportnutsvoertuig is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy in ʼn groep mans wat op ʼn sypaadjie gestaan het ingeploeg het. Die voorval het in Randburg in Johannesburg plaasgevind. Volgens Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, is vier mense dood en vyf ernstig beseer in die voorval.

“Die bestuurder was glo onder die invloed van alkohol en sal van strafbare manslag en dronkbestuur aangekla word,” het Zwane gesê.

Ses mense is in KwaZulu-Natal dood toe twee motors op die R102 naby Phoenix in Durban gebots het. Die voorval het Saterdagaand plaasgevind. Twee ander mense is beseer.

Zwane het gesê nog ses mense is Vrydag in Mpumalanga dood toe ʼn polisiemotor met ʼn ander motor gebots het. “Die polisie ondersoek ook ʼn saak van dronkbestuur,” het Zwane gesê.

Die polisiemotor, wat deur ʼn polisiekaptein bestuur is, en die ander motor in Mayflower- en Dundonaldweg gebots.

Die motors het in teenoorgestelde rigtings beweeg. Die ander motor se bestuurder het glo onder die invloed van alkohol bestuur en die kaptein en sy eggenoot is na die hospitaal vervoer met beserings. Ses van die ander motor se insittendes is dood. Twee ander persone het ernstige beserings opgedoen.

Verlede week het 18 mense naby Belfast gesterf in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en twee taxis. Die bestuurder van die vragmotor, ʼn Mosambiekse burger, sal na verwagting Maandag in die Belfast-landdroshof verskyn.

Zwane het gesê die bestuurder sal tereg staan op 18 aanklagte van strafbare manslag. Ses van die oorledenes is die afgelope naweek in Machadodorp begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Dit verbaas my nie, ek bly op Standerton, die alternatiewe roete vir N3 loop hierdeur, daar is omtrent 6 drankwinkels deur die dorp langs die roete. Jy kan maar enige gegewe tyd daar verby ry en kyk hoe die voertuie met ander areas se registrasie nommers daar staan en drank koop. Het al by verkeie kere ook al gesien hoe mense uit die bestuurders kant uitklim met of n glas drinkgoed, bierbottel ens. Dit is n wesenlike probleem en kopseer…… Daar sal ernstig na die probleem gekyk moet word, want onskuldige mense ly

Pieterlewismuts ·

Bestuur onder invloed van …… (vul hier in.drank of dwelms of wat ook al wat Bestuursvernuf be-invloed) is aan die orde van die dag.

As jy gedink het kan jy maar gaan ry. Wanneer jy dan in n botsing betrokke raak is die kans dat die ander bestuurder ook dronk is geweldig groot.
Daar is geen dissipline meer wanneer dit by voertuig bestuur kom nie.

al ·

Behalwe dronkbestuur lyk dit vir my baie se lisensies is gekoop.

Frans ·

Ja dis reg
Drank is van die begin van tyd die oorsaak.
Haal bestuurders wat 1 drankie gedrink van die pad af.

Johannes van Staden ·

Geen wet en orde in SA en sien die bewyse oral !

Swartkat ·

Drank is een van die grootste oorsake van sterftes, verder gee die drank ook aanleiding dat daar laat aande onwettige wedrenne gehou word en in baie gevalle onskuldige mense sterf. Tronkstraf is al wat help. Waar is polisie en verkeer as dit so jolly gaan saans.

Swartkat ·

Het al gesien hoe bestuurders agter die stuurwiel ‘ n bier drink terwyl hy bestuur, kyk maar op baie ongeluks tonele hoe le die drank bottels

zahn ·

Het die kaptein magtiging om sy vrou in die staatsvoertuig te hê?
Ek moet sê, ek sien daagliks BAIE mense bestuur, BAIE van hulle is houtnugter, maar bestuur nog steeds erger as wat baie mense bestuur as hulle net een of twee biere in het. Ek dink nog steeds dis onregverdig om ‘n vlak te bepaal wat algemeen anvaar word as die norm. Persoonlike bestuursvernuf behoort in berekening gebring te word.

Gooi maar die klippe, ek kan koes, dis my opinie.

koos1 ·

zahn, het jy geweet dat die toelaatbaar is vir lede van die SAPS om hulle direkte familie op amptelike roetes saam te neem? Het sy vrou dalk ook vir die SAPS gewerk, of was sy miskien ook ‘n polisiebeampte?
Koes maar vir my klippe.

Juffie ·

Tog interessant dat drank oral genuttig mag word maar sigarette (rokers) word oral verbied!?
Samelewing se standaarde?

Francois le Cochon ·

Volgens statistiek veroorsaak nugter bestuurders veel meer ongelukke as dronk bestuurders.

Pieterlewismuts ·

Statistieke wat jy waar kry?

Sal interessant wees om daardie bron te sien te kry!!

Leon Dormehl ·

Wel hopelik is dit so want as dit andersom was, was on in BAIE groot moeilikheid. Maar jy wil tog seker nie insunieer dat dronkbestuurders beter bestuur as nugter bestuurders nie?

Chris Ws ·

Die “strafbare manslag” klag moet na moord verander word waar drank betrokke is in ongelukke.

Joe fool ·

….en liksens moet weggeem word…
Geen verskoning vir dronk agter die stuur.
Absoluut potensiele moord op wiele….

Swartkat ·

Juffie ek moet met jpu saamstem dat rokers oral verbied word maar drinkers oral welkom is. Daar is meer lewens verlies met drank deur ongelukke, moord, aanrandeings en huis moles deur drank. Huishoudings word vernietig deur drank maar dan word drank goedgepraat en rokers woed gestenig.

Lebinda ·

Ek stem volkome saam. My rookery het nog nooit my huwelik of vriendskappe vernietig nie en ook nie iemand se dood veroorsaak nie. Wetgewing moet eerder meer op drank konsentreer as rokers.

Nee ·

Nee, dit was nie taxis (par.8) maar wel twee Sprinter-bussies wat werkers na hulle werksplek vervoer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.