Dronkbestuur-regter kos belastingbetalers miljoene

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van 'n huis in Sandton gebars het.

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van ‘n huis in Sandton gebars het.

Regter Nkola Motata, wat in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind is, is al sedert 2007 op spesiale verlof en het die belastingbetaler al miljoene rande uit die sak gejaag.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus bevestig Motata is steeds op spesiale verlof en ontvang sy volle salaris. Volgens Masutha is nagenoeg R14 miljoen [R13 919 611,36] vir die periode van 1 Januarie 2007 tot 31 Oktober 2016 aan Motata betaal.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het gesê Motata is in 2009 in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van dronkbestuur en is gevonnis tot ʼn boete van R20 000 of 12 maande gevangenisstraf.

Dit blyk nou ook dat die regsproses teen Motata steeds nie afgehandel is nie en dat dit die afgelope nege jaar uitgerek is met verskeie regsaksies van die geskorste regter oor tegniese regsaspekte. Die aangeleentheid dien tans voor die regterlike gedragstribunaal.

Masutha het in sy antwoord aan die VF Plus gesê Motata se spesiale verlof is nie onderhewig aan enige vereiste dat hy ʼn deel van sy salaris moet terugbetaal indien die regterlike gedragstribunaal hom skuldig sou bevind aan growwe wangedrag nie.

Mulder het gesê dit is ʼn skande dat die proses onbepaald uitgerek word terwyl die publiek moet betaal om ʼn veroordeelde persoon in weelde te laat leef.

“Die VF Plus sal nou druk plaas op die regterlike gedragstribunaal om hierdie aangeleentheid sonder verwyl af te handel, en dring daarop aan dat Motata wel ʼn deel van sy salaris terugbetaal,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Danie ·

Hoe op dees aarde kan hy wegkom met so iets maar mede Suid Afrikaaners moet tronk straf,boetes ens kry….is dit om dat hy grootkop is of wat

Johann Marx ·

“….deel van sy salaris terug betaal”??? Ek verstaan nie. As ek dronk bestuur, skuldig bevind word, en my werk verloor…..verloor ek my totale inkomste!!! Hoekom word hier gepraat van “deel van sy salaris terug betaal”? Hy was totaal onproduktief sedert 2009….as gevolg van ‘n lewenskeuse wat HY gemaak het? Of het iemand hom gedwing om dronk te bestuur? Dan moet hy nie ‘n “gedeelte” van sy salaris terug betaal nie? Hy moes nooit die R14 miljoen gekry het om mee te begin nie….!!!

Dankie ·

Dankie VF Plus, werklik onaanvaarbaar, hy het n oortreding begaan, is skuldig en NIEMAND is verhewe bo die wet. Wat doen die man heeldag, nee werklik sulke ongerymdhede, tyd dat DA ook inklim en help skoonmaak, jul arm ANC ondersteuners, jul sal nooit huisies kry solank jul die goed ondersteun, hul eet al die geld, hierdie ou kry nie die peanuts wat jul verdien nie!

Michelle ·

HOEKOM PLAAS JULLE NET SEKERE MENSE SE GOED?? EK IS SO SIEK VIR MAROELA MEDIA

Landi Slatter ·

Dagsê Michelle

Dankie vir jou terugvoer. Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie. Jou kommentaar is wel nou goedgekeur.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Alida ·

Geen wonder die ekonomie is in sy peetjie in nie. Skandelik

Johann ·

Nou vra ek, waarom kry mense persepsies van hoe daar deur sommige mense in die land opgetree word? So asof dit ‘n kultuurding is? Waarom hang mense dan etikette om daardie mense se koppe en veralgemeen mens?

Dit is soos met Zuma en die ANC, hulle alleen het die ‘persepsies’, wat die mense van hulle het, self geskep, maar as die mense met daardie ‘persepsies’ wat die ander geskep het, ontevrede is, dan is die ander party die vark in die verhaal.

Waarom stel die mense of groepe wat die oorsaak van die persepsies is, dit nie reg nie? Dit is nou bygesê, as dit wel ‘n persepsie is.

Jean ·

Dis darem te lekker, die gravy trein hardloop nie uit stoom uit nie, net vreemd dat dit altyd dieselfde mense is wat daarop ry. Ander kry nie ‘n beurt nie. Hoe lank vat so saak? Of word dit uitgerek tot hy aftreeouderdom bereik? ‘n REGTER wat skuldig bevind is aan dronkbestuur, en dit vat julle 9 jaar om dit af te handel. Niks anders as ‘n uitrek taktiek nie, die man gaan met sy miljoene aftree. HAHAHA terugbetaal? Vertel my asb wie het al daardie geld terugbetaal? In die geskiedenis van al die CEO’s en regters wat gefire word, noem my EEN wat sy geldjies terugbetaal het!

Issie Grobler ·

Dit is so skokkend. Ek het toevallig by die Prokureur (wil nie nou sy naam gebruik sonder toestemming) gewerk en lang ure aan sy saak gewerk. Ons rekening is ook nie vereffen nie en dis hoekom ons op daai stadium onttrek het. Ons weet almal dat hy skuldig was.

Manie ·

Die man is net soos Zuma. Kibbel elke keer as hulle hom moet verhoor word is die geskikte paneel. Hy wil graag sy dag in die hof hê maar solank hy n vet tjek elke maand kry vir niks doen sal hy die situasie uitbuit. Hy is skuldig bevind in n hof. Laat hom loop soos enige ander mens sonder die vet tjeks

Anton ·

Ek is so gatvol ek kan iets oorkom , dit sal nooit stop nie hy sal sy selaris kry tot hy moet aftree en dan nog met volle pensioen voordelle aftree in THE LAND OF MILK AND HONEY

Johann ·

Wat gaan gebeur as blatante magsmisbruikers soos díe kalant nie ontbloot word deur n politieke waghond nie? Of moet ons bloot aanvaar dat die regs stelsel voorsiening maak vir sulke blatante diefstal totdat en AS sulke gevalle “uitgevang” word? NEGE JAAR? NEGE JAAR? Of is dit veilig om te sê dat mede regters in die proses bloot hul “kolega” in sy “kultuur” ondersteun? Om nie te praat van die SKAAMTELOSE OPTREDE van n verinderstele “regter” vir sy eie gewin!!!!!!! Hoeveel van sy soort is daar nog? Of was hy die oefen lopie vir NUMBA WHONE…sou NUMBA WHOnE wel in n hof skuldig bevind word????????

Magda ·

Toe maar myne word al die afgelope 2 weke nie meer geplaas nie. Dan ek het ek regtig niks snaaks eers gese nie. Wonder wat is hul verskoning daaroor???

KP ·

SO WORD HULLE LEKKER VET, OF MOET EK SE DRONK OP DIE SOUSTREIN.

Bolander ·

WAT DE ?????????????? GAAN AAN MET DIE REGERING IN DIE LAND? DIE MAN BEHOORT IN DIE TRONK!!!!!!!!! HOEVEEL VAN HULLE LEWE NOG OP ONS BELASTING GELD WAARVOOR ONS SOOOO HARD WERK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! DIT IS NIE REG NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jaco Prinsloo ·

Dit maak my naar!!! En hier moet ek dag en nag bloed sweet net om te kan oorleef waarmee 30% van my hard verdiende geld aan so iets vermors word!!!

GES ·

En so sal dit aanhou tot hy eendag aftree ouderdom bereik. Die persepsie binne die anc-beheerde staatsdiens bestaan dat as een van hulle eie mense in die spervuur beland, die persoon net uit die pad geskuif moet word. Geen optrede teen die persoon is nodig en die probleem sal self weggaan. ‘n Lekker plek die Nuwe SA Piesang Republiek …

Waarheid ·

As DRANK jou BAAS Sal jy jou lewe lank BETAAL aan die DWAASHEID wat jy onder SY bevel gedoen het.

foxi ·

Ek kon nie anders as om te giggel oor daardie foto van N Motata nie. Net soos iemand wat uitgevang is. Ek wil net vir Maroela sê…….
Julle is my dag……my sit…..my slaap en opstaan. Julle is ook my huil….my hartseer en vreugde.
Ek kan saam gesels en my gevoellens uiter soos wat ek dink en voel. Met voorwaardes natuurlik! Julle is ook my taal……ek sê dankie aan Maroela.

John ·

Die baas van Nkandla kan dalk net ook ‘n biertjie of twee per ongeluk sluk en dan kan ons skade veel erger wees… dink net aan ons lyding…

Scalla ·

Hy het lekker gedryf, wats fout volgens hom, hy het gemeld hy is n regter, verhewe bo die wet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.