Dronkbestuur-regter se aansoek van die hand gewys

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van 'n huis in Sandton gebars het.

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van ‘n huis in Sandton gebars het.

Regter Nkola Motata, wat in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind en al sedert 2007 op spesiale verlof is, het misluk in sy jongste poging om die regterlike gedragstribunaal se ondersoek na hom ongrondwetlik te verklaar.

Regter Dhaya Pillay het Motata se aansoek Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof met koste van die hand gewys.

Motata wou die ondersoek na hom ongrondwetlik laat verklaar, nadat AfriForum en ander partye klagtes teen hom ingedien het. Hy moes in Junie 2013 voor die tribunaal verskyn, maar dit is uitgestel nadat hy die aansoek gebring het.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het verlede jaar in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus, bevestig Motata is steeds op spesiale verlof en ontvang sy volle salaris. Volgens Masutha is nagenoeg R14 miljoen [R13 919 611,36] vir die periode van 1 Januarie 2007 tot 31 Oktober 2016 aan Motata betaal.

Indien die regterlike kommissie teen Motata bevind, sal hul aanbeveling om hom te verwyder na die Nasionale Vergadering verwys word. Pres. Jacob Zuma sal Motata moet afdank indien twee derdes van die Nasionale Vergadering ten gunste daarvan is.

Dit was nie onmiddellik duidelik of Motata van plan is om teen Pillay se uitspraak te appelleer nie.

Lees alle vorige berigte oor Nkola Motata op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Herman Smit ·

Dis n skande! Ek en jy betaal n dronk (skuldige) tegter byna R14mil om by di huis te sit!! Hy moes daai tyd al afgedank gewees her! Gin wonder ons belasting is so hoog nie!

Mari Retief ·

Stem dit is n vreeslike skande. Hoeveel huise kon hulle gebou het vir daai geld….of hoeveel onderwysers in Gauteng aangestel het. Waar gaan ons land heen…..

Johann ·

Ek wil baie graag weet hoe dit enigsins moontlik is? Wie laat so iets toe? Wat is die kostes van soortgelyke gevalle? Absurd!

Jordaan ·

Ons “geliefde” regering, trots aan ons gebring deur die ANC maak dit moontlik!

SR ·

Ek stem saam met jou m. Maar so sorg zuma en die duiwel vir sy kinders. Glo as enige iemand anders deur die muur gery het was ons dalk lewend begrawe.

Jones ·

Ek wil ook mos by die huis sit en net elke maand geld ontvang om so te doen
Lekker man

CHRISTA ·

Waar kry enigeen in hierdie wêreld NEGE JAAR spesiale verlof? MAGTAG!! DIS ‘N SKANDE!!!

johann ·

Net in S.A………………………………………………………………………………………………

Lucas ·

Maar net nog ‘n skandvlek in hierdie piesangrepubliek se geskiedenis. Die pateet se salaris wat hy so vrylik ontvang gaan nog ‘n wêreldrekord word as dit nie reeds een is nie!!!

Gert ·

Heitsa, ek soek ook ʼn joppie by die regering sodat ek ook vir 9 jaar by die huis kan sit en nog steeds ʼn salaris kan kry. Raak lekker gekletter, kletter deur ʼn muur en gaan sit by die huis en bring die een aansoek na die ander op staatskoste terwyl ek lekker gekletter by die huis sit

SR ·

Ek stem 100% saam met jou Gert. So sorg die duiwel vir sy kinders want ek is seker daarvan as enige iemand anders deur die muur gery het, het die muur dalk op ons ingeval. Die siel lyk meer of hy ‘n klap van die windmeul weg het! Hy lyk regtig goed gekletter! Wat ‘n swak voorbeeld vir ons!

Slimjan ·

Los maar die ou man, hy is nie net deur die muur nie, maar ook oor die muur! HAKUNA MOTATA!

Johann ·

Plaas dat die ANC regering hierdie tipe van boetie-boetie dink stop, waar hulle in die hoeveelste geval nou al, nasionaal, provinsiaal, of in die plaaslike regerings, mense se salasisse nou al vir jare betaal, maar nee, hulle wil suikerbelasting opsit.

Hulle is ‘n onbevoegde klomp ….

Andre ·

Wat van ‘n stewige Goue handruk….. nog ‘n paar miljoen!!

Gert 1 ·

Dringendheid en kundigheid met die afhandeling van prioriteitsake bly ‘n kritiese probleem.
Sou die geld verhaal kaqn word?
Korrektheid in menings / kommentaar deur landsburgers moet voldoen aan vereistes gestel deur media en instansies om nie aanstoot te gee nie. Is dit nie ‘n vertragings taktiek nie.
Daar moet eerder as later meer effektiewe bestuur plaasvind. Positiwiteit moet so bevorder word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Waarom ‘n salaris betaal aan iemand wat skande bring oor homself en sy professie en nie liewer daardie geld gebruik vir hawelose en werklose arm mense nie?

Natalie ·

Ja jong, so gaan dit. En dit is geld wat eerder kon bestee word op ‘n ander regter wat ten minste sake kon aanhoor sodat die sake in die hof afgehandel kon word. Dis mos lekker om by die huis te sit en niks doen nie en geld te kry daarvoor….dit maak my woedend!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.