Dronkbestuur-regter swaar beboet; ontvang steeds salaris

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van ‘n huis in Sandton gebars het.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het die omstrede afgetrede regter Nkola Motata aan wangedrag skuldig bevind en hom met meer as R1 miljoen beboet.

Die RDK het Motata ʼn boete van R1 152 650,40 opgelê, wat die ekwivalent is van 12 maande van sy huidige netto salaris. Die boete moet binne 24 maande ten volle aan die Suid-Afrikaanse Regterlike Onderrig-instituut betaal word. Dié instituut bied opleiding aan regsbeamptes.

Motata het in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol met sy motor teen ’n muur van ’n woonhuis in Johannesburg vasgery en daarna op die toneel rassistiese uitsprake oor wit mense gemaak.

Die RDK se besluit kom nadat die Regterlike Gedragstribunaal (RGT) Motata in April 2018 aan growwe wangedrag skuldig bevind op twee aanklagte, naamlik rassistiese uitlatings en dat hy die hof mislei het tydens sy strafsaak.

Motata is in 2009 in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van dronkbestuur en is gevonnis tot ʼn boete van R20 000 of 12 maande gevangenisstraf.

Die RGT het ʼn aanbeveling aan die RDK gemaak om ʼn parlementêre proses te begin om Motata ingevolge die Grondwet uit sy amp te verwyder.

ʼn Meerderheid van die RDK het egter die RGT se aanbeveling verwerp en tot die gevolgtrekking gekom dat Motata se optrede nie op growwe wangedrag neergekom het nie.

Motata is al sedert 2007 op spesiale verlof en het sedertdien sy volle salaris ontvang. Hy het verlede jaar afgetree wat beteken hy sal nou voortgaan om al die voordele van ʼn regter, insluitend ʼn salaris vir die res van sy lewe, te ontvang.

In ʼn klankopname wat Richard Baird, eienaar van die huis waar die ongeluk plaasgevind het, van die voorval in Januarie 2007 gemaak het, kan gehoor word dat Motata onder meer sê dat dit “die wit man se land was, maar dit is nie meer nie” en “geen wit man gaan my kritiseer nie”.

Motata het ook die volgende aan lede van die Johannesburgse metropolisie wat hom wou kalmeer, gevra: “Waarom staan julle agter die wit man?”

Hy het ook ʼn lid van die Johannesburgse metropolisie wat hom in hegtenis geneem het, gedreig deur te sê: “Jy sal spyt wees hieroor.” Tydens Motata se skuldigbevinding aan dronkbestuur in die Johannesburgse landdroshof het die landdros in sy uitspraak aangedui dat die bandopname deur die hof as getuienis aanvaar is en dat Motata inderwaarheid rassistiese uitsprake gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Judge Dredd ·

…..en slegs 12 jaar later, maar as jy wit was………….

Riaan ·

My einste gedagte! As dit die saak 12 jaar gevat het hoe lank gaan ons “Huidige sake” teen die huidige haatlikke lot nie vat nie.

colleen ·

Only in SA. Ek raak naar en dan moet mens jou naaste liefhê???? Nee wat.

Kerneels ·

Stig af mense en bou aan ‘n nuwe land. In SA sal dit NOOIT beter word nie. Ek wil nie meer tussen hierdie spul lewe nie.

Magda ·

EHe stil received the money every month, he know he did not deserve – stealing – OMG SHAME ON YOU JUDGE – PAY BACK THE MONEY

Bernardine ·

Amper 12 jaar verlof met vol salaris …regtig…ek het net 2 vrae
1. Waar doen ek aansoek vir die pos?
2. Wie kom saam bottelstoor toe?

PAY BACK THE MONEY

Maljan ·

PAY BACK THE MONEY!!! Twaalf jare se geld, mnr motata. Dit kan n goeie gat toestop in Jhb se skuld aan Eskom. VIVA!!!!!

Maljan ·

Buitendien, hy is ouer as 55 en ouer as 65 hoekom kry hy nog n SALARIS?

Frans C ·

Is dit nie lekker nie,10 jaar op spesiale verlof met volle betaling en ‘n lekker vet pensioen.
Sjoe as ek geweet het my werkgewer sou my ook so goed behandel, het ek lankal ‘n sopie te veel gedrink en bestuur.

Oom Koos ·

My ou vriend jy hoop verniet… jou pigment tel teen jou.

Chris Ws ·

R20,000 of 12 maande tronkstraf.belaglik.Die regter moes ‘n EN tussen die twee gesit het!

Johan Maritz ·

Ekke lees die artikels in die vevolg volledig want Judge Dreed se bedoeling was as dit n wit persoon was is hy/sy binne 12 minute afbetaal en nie met betaling geskors nie. Jy moet ook maar se en dink wat jy wil want dit is n feit.

Seemonster ·

. . . EN ‘n wit persoon sou binne 3 weke skuldig bevind gewees het en tronk toe gestuur wees . . . .

Koos de Meyer. ·

Wat van al die salaris wat hy sedert 2oo7 ontvang het. Lekker nie ‘n steek werk nie maar kry geld. Die soustrein se wiele gaan uitval een of ander tyd.

Jimmy ·

Regters en top politici se pakette na aftrede is dieselfde as dienende amptenare. Dis ‘n fees, maar die geld is nou op. SA moet reeds R1.2 miljard per dag leen om die wiele aan die rol te hou.

Dirk ·

Ja julle onthou nog wat met daardie blanke vroue regter gebeur het toe sy swart mans gekitiseer het. Sy is nie meer ‘n regter nie en die skorsing was blits vining.

Ag wat skryf ons al hierdie goed, want die mense wat dit moet hoor lees nie Maroela media nie. ONS MORS ONS TYD!!

Jan van Houwelingen ·

Ek lees wel MM en stuur somtijds berichten door naar familie en vrienden.
Verder vertel ik vaak wat aangaan in SA. Maar helaas die meeste tijd glo hulle nie vir mij. Kan nie so erg zijn nie as jij vertel. Verskoon mij Afrikaans hoop julle begrijp.

ES ·

Gaan lees weer – dis ekwivalent van 12 maande se salaris – so dit is om en by R 96 000 p/m en nie R 12 miljoen nie… geen regter verdien soveel geld nie.

Speedguard ·

Wat almal blykbaar mis kyk is al die dosiere wat in die kar was, so ver ek weet mag hy nie insig of in besit wees van die dosiere nie…. kan iemand my moontlik reg help, wat het van dit geword ….verdwyn….vra maar net !!

PJ ·

Ek sien verskeie mense kritiseer die regbank deur te sè die regters is partydig weet nie of ek moet saamstem as mens dink aan hlope wat die regters beinvloed het om klagtes teen zuma terug te trek het niks oorgekom alhoewel hy skuldig bevind is is hy nog op regbank die besope regter wat skuldig bevind is lekker by huis gesit met lekker salaris vir 10 jaar en nou die ou boetetjie laat mens dink nè ?

Adri ·

Haal net soms asem, asseblief! Al gesien jou sleutelbord het ‘n , en ‘n .?

Petrus Heigers ·

My vraag is waarvan kom al die nuwe (swart) regters vandaan? Waar of wie het hulle aangestel, watter opleiding was nodig om te kwalifiseer? Dalk net ANC lidmaatskap.

Alan Lewis ·

As ‘n regter skuldig bevind word daaraan dat hy ‘n hof mislei, en dit is nie growwe wangedrag nie, wat is dan?????

SjN ·

Laat hy al die geld met rente terugbetaal wat hy ontvang het na skorsing, hy het mos nie gewerk nie, dit wat hy nou kastig moet betaal is n druppel in die emmer van wat hy gekry het.

Hanlie ·

Wat ‘n grap. Weereens mag hulle se en doen net wat hulle wil en word nog boonop betaal daarvoor!!!! Ek kan nog baie goed se, maar sal eerder stilbly.

JohanL ·

Verstaan ek dit reg. Die RDK het aanvanklik aanbevelings van die RGT verwerp, maar nou na jare, effektief weer besluit op aksie teen Motata. En dit seker omdat hy nou uiteindelik amptelik op pensioen is.

Ek wonder net – mag ‘n regter wat skuldig bevind word op dronkbestuur (kriminele rekord) voortgaan en dien as regter? Moes Motata nie destyds na daardie skuldigbevinding al sy pos as regter verloor het nie? So hy mag nooit oppensioen gegaan het met die voordele van ‘n regter nie?

J ·

@JohanL, in SA “skors” hulle mos net. Basies betaalde verlof tot die einde van dae.

Frik ·

So kyk ons na mekaar. Hou hom indiens tot hy vir n vet pensioen kwalifiseer en dis ons belastingbetalers se geld wat so gemors word. Wonder wanneer belastingboikot gaan ontstaan agv die vermorsing van swaar verdiende geld

andre ·

Seker op universiteit in ‘rotten english’ gestudeer … ? … praat groot woorde soos ‘n papegaai, maar SONDER BEGRIP!

Jan ·

Wet enige een hy sal nie n sent betaal nie, sal ook nie iets oorkom, sal nog bonus ook kry, al doen hy al 12 jaar niks, kan net in Afrika gebeur In Amerika sou hy nou al sy elfde jaar in tronk gewees het sonder betalingp

Lou ·

Dit is regtigwaar een groot sirkus daar buite. Partykeer lyk dit asof niemand enige idee het wat aangaan nie. 12 jaar om iemand skuldig te bevind op ‘n klag van dronk bestuur en rasisme. Moet ‘n mens lag of huil?

hercu ·

miljoene het vir die cANCer afdeling gestem, nie helder gedink nie en nou sit almal met hierdie klomp hoogsbetaalde narre!!

Boerseun ·

Is die rassis ooit deur die MRK vervolg vir sy growwe haatspraak?

K P ·

Wat was die rede dat die rassis vir solank n salaris kry vir niks werk. Dit is n siekte onder die aangestelde kaders om op betaalde verlof te gaan as hulle krimineel optree

George in Bloem ·

Na 12 jaar het die MRK nog steeds nie teen die dronklap se rassistiese uitbarsting op die ongelukstoneel gereageer nie maar in Eben Etsebeth se geval……..? Twee stelle reels so duidelik soos daglig.

So sien ek dit ·

Wat n verskriklike rassistiese ANC regering het ons! Hulle sal hom seker nog n salaris verhoging gee? Solidariteit vat hom vas asb

Victor Taute ·

Hoe gouer ons vrede maak met die feit dat ons nou in Afrika bly met Afrika standaarde (as daar standaarde is), hoe minder sal ons stress. Vir ons ouer persone is die sg. “Nuwe SA” net , ‘n klug waar ‘n groot mate van omgekeerde rassisme aan die orde van die dag is en persone soos Mal Emma onaantasbaar is. Ons bid egter steed vir ingrype van die Here want dis net Hy wat ons kan help. Hou moed!

Anita ·

Hoe kan hy steeds die pensioen voordele kry, hy moet die bedrag terug betaal tydens sy skorsing. Hy moes vir haatspraak aangekla word, as dit ‘n blanke is word ons dadelik aangekla en as rasis uit gemaak, maar Malemas en vele ander kan rasisisties aanmerkings maak en daar gebeur niks nie.

Iemand moet ook vas stel HOEVEEL PERSONE AL VIR JARE BETAAL WORD TERWYL HULLE WAG VIR HOFSAAK HULLE LEEF OP BELASTING BETALERS SE GELD, HOEVEEL IS DAAR?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.