‘Dronkbestuur’ saak teen ANC-hoë hervat

Argieffoto

Argieffoto

Die verhoor van die ANC-swaargewig Tony Yengeni sal Maandag in die Kaapstad-landdroshof hervat word.

Yengeni is in 2013 in die Kaapstad-sakesentrum afgetrek vir beweerde roekelose bestuur. Die staat beweer sy bloedalkoholvlak was vyf keer meer as die wettige perk.

Yengeni het skuld ontken op die aanklagte van roekelose- en dronkbestuur.

Die verdediging het verlede jaar amptelik om ʼn pleitverduideliking aansoek gedoen, wat gewoonlik tot ʼn verminderde vonnis lei, maar die aansoek is afgekeur.

Yengeni se verhoor het reeds verlede jaar begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

As ‘n persoon in sulke saak van dronkbestuur skuldig is hoe kan hy nog land sake behartig?

StopTheMadness ·

Dis rassismme die !! Dit kan net rassisme wees….die drank is vervaardig deur n wit man, dius gekoop by n instelling wat aan n wit man behoort en die motor waarmee hy gery het is deur n wit man gemaak en by n wit man gekoop. Dalk was die spietkop ook n wit man!! Dis rassisties man…. Stop the Madness!!

scalla ·

volgens my behoort die tipe gedrag mos nie by n swaargewig nie, wat is die kwalifikasie/vereiste/kriteria om as n swaargewig te kwalifiseer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.