Dronkbestuurder ‘allergies’ vir hof

Die besope taxibestuurder, wat hier in hegtenis geneem word, het sy eie en nog 17 mense se lewe in gevaar gestel. Foto: Stad Kaapstad

Die Kaapse verkeersafdeling sê hy het die naweek ʼn dronkbestuurder aangekeer wat ʼn gewoonte van dié oortreding begin maak.

Die verdagte, wat vir die derde keer weens dronkbestuur aangekeer is, was een van die 124 motoriste wat die verkeersafdeling en die Kaapse metropolisie die naweek in hegtenis geneem het.

Die vermeende gewoontemisdadiger is aangekeer tydens ʼn optrede wat spesifiek op dronkbestuur en straatrenne in die omgewing van Manenberg op die Kaapse Vlakte gemik was.

Nadat hulle hom aangekeer het, het beamptes vasgestel die 27-jarige inwoner van Nyanga word gesoek op twee uitstaande lasbriewe nadat hy nie in die hof verskyn het op twee ander aanklagte van dronkbestuur nie.

“Dat dié man die vermetelheid het om die wet so blatant te minag deur sy hofdatums te ignoreer en voortgaan met sy swak gedrag, verbaas my nie regtig nie,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, gesê.

“Dis tekenend van ʼn probleem in die stad en die hele land wat geen mate van wetstoepassing sal kan hokslaan nie, tensy dit ernstige gevolge inhou. Dit help nie om mense in hegtenis te neem as die strafregstelsel verder aan nie die nodige doen nie.

Smith waarsku motoriste dronkbestuur hou ernstige gevolge in. “Dit kan jou lewe of iemand anders sʼn kos. En [om iemand se lewe te neem is] iets waarmee niemand wil saamleef nie.”

In ʼn afsonderlike voorval in wat begin lyk na ʼn tendens, het die dronkbestuureenheid wat lukrake asemtoetse uitvoer Maandagoggend ʼn taxibestuurder voorgekeer waar hy 17 passasiers in Airport Industria vervoer het.

Hy was net meer as vier keer oor die wettige perk vir bloedalkoholinhoud, nog een van vele gevalle in die laaste weke waar beamptes bestuurders van openbare vervoer aangekeer het omdat hulle onder die invloed bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Hoe durf hulle die taxi bestuurder aankeer , hulle is mos bo die gereg verhewe

Wonder net ·

Nouas hof hom al 2 keer soek, het hulle nie sy adres. Seker nie, mos 7 gesinne in een huis of bestuur taxi maar eintlik nie n inwoner van SA nie. O ja vergeet, buitelanders meer regte as ons eie mense

Michelle ·

Vir so een vat die taxi of voertuig sit dit in skud (n pound) vat sy lisensie weg indien hy een het en gee hom swaar tronk straf, want as hy iemand se geliefde gaan dood ry gaan hy nie daardie pyn by die oop graf voel nie. Verkoop die voertuig na dertig dae en skenk die geld aan die slagoffer se families.

Nettie ·

Ag, Michelle, “you wish”.

Onthou, ons leef in Suid-AFRIKA. Hier werk dinge (deesdae) volgens die Afrika-manier. Wette en reëls is gemaak om gebreek te word. Die meeste van “ons” Parlement is dan ‘mense’ met misdadige- of ‘korrektiewe’ geskiedenis (m.a.w. hulle het op ‘n stadium êrens in ‘n tronk gesit). En 90% van die res van die Suid-AFRIKAanse samelewing kom êrens uit Sentraal- of Noord-AFRIKA.

PJC ·

Taxi bestuurders is die mees arogantste mense in die land en maak net soos hulle wil en moenie dat die publiek dit waag om hulle aan te spreek nie dan raak hulle geweldadig. Baie van hulle is ook gewapen en moet liefs vermy word. Dalk is dit ook die rede hoekom sommige verkeerslui nie teen hulle wil optree nie.

jakes ·

Toets sommer die SAPD beamptes ook want ons het mos al gesien dat van hulle asook tronkbewaarders aandiens so dronk soos spoke is.

Geregtigheid ·

Sulke mense moet maar toegesluit word. Miskien is hy allegies vir die tronk ook.

A Mac ·

Dis die probleem met ons land, ons moet mos ons medemens menslik behandel, maak nie saak wat hy/sy doen. Daar is elke dag duisende dronk bestuurders op ons paaie, baie van hulle is verantwoordelik vir ongelukke. Hoeveel dronk bestuurders wat verantwoordelik was vir iemand anders se dood word werklik vervolg? Hoeveel van hulle voel werklik sleg omdat hulle verantwoordelik was vir ‘n ander se dood?

Adam ·

Nou weet ons sommer wat is Jacob Zuma se probleem ook; allergies vir die hof. Hoe op aarde kan iemand buite ‘n hof rondloop en verdere misdrywe pleeg terwyl daar ongetwyfeld lasbriewe vir sy arrestasie uitgereik moes word vir wanverskyning. Dit is immers wat wetgewing bepaal en wat deur voorsittende beamptes toegepas moet word. Swak!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.