Dronkbestuurder byt beampte se hand

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

ʼn 23-jarige man wat glo onder die invloed van alkohol bestuur het, het een van die beamptes, wat hom in Westlake, Kaapstad, afgetrek het, se hand gebyt.

Die beampte het die bestuurder aanvanklik Saterdagaand afgetrek omdat hy glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. “Hy het aanvanklik gehoor gegee aan die opdrag om af te trek, maar het toe weer vinnig begin wegjaag en die beamptes het hom agternagesit,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, gesê. “Die beamptes het hom uiteindelik aangekeer, waarop hy die beampte se hand gebyt het om inhegtenisneming vry te spring.”

Volgens Smith het die asemtoets bevestig die man is meer as twee keer oor die wettige bloed-alkoholperk.

“Ondanks ʼn aanklag van dronkbestuur, staan die man ook tereg op aanklag dat hy ʼn polisiebeampte aangerand het, versuim het om ag te slaan op ʼn wettige opdrag en skade aan staatseiendom.”

Volgens Smith het plaaslike polisiebeamptes tussen Vrydag en Sondag 112 persone in hegtenis geneem vir dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Dankie dat daar teen dronkbestuurders opgetreë word. In Januarie 2016was daar net teveel kop en kop botsings.

DBV ·

Hoop jul het hierdie outjie by die DBV toegesluit, hy moes nogal regtig geklits gewees het om te dink hy is ‘n hond of dalk donkie. Honde en donkies byt!!!!! Straf hom maar swaar, te veel onskuldiges verloor hul lewens wees dronkbestuur, verder moet hierdie jong mens wat in sy storm jare is sy lewe met die nagevolge moet leef, so keer hom voor dit gebeur – geen rybewys vir 2 jaar, as jy 2 jaar te voet spandeer het sal jy leer om nie te drink terwyl jy bestuur nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.