Dronkbestuurder kry swaar vonnis ná drie vriende sterf

Argieffoto

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het Woensdag die swaar vonnis verwelkom wat ʼn jong man opgelê is nadat hy onder die invloed van alkohol bestuur en sodoende drie vriende se dood veroorsaak het.

Simon Zwane, woordvoerder vir die RTMC, het gesê die noodlottige ongeluk het die aand van 28 Maart 2015 in Linkweg in Chatsworth, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die bestuurder, Kriesen Moodley (24), het ʼn vriend se BMW Cabriolet sonder sy toestemming geneem en teen ʼn hoë spoed in van sy vriende vasgery,” het Zwane gesê.

“Daar is vasgestel dat Moodley die ongeluk veroorsaak het wat tot die dood van Delon Gurriah, Kovashen Pillay en Denalin Naicker gelei het,” het Zwane gesê.

Moodley is vandeesweek in die Durban-streekhof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy is tot vyf jaar gevonnis op drie aanklagte van strafbare manslag, drie jaar vir dronkbestuur en twee jaar vir roekelose bestuur. Daar is ook beveel dat Moodley se bestuurderslisensie opgeskort word.

“Landdros Anand Maharaj het tydens die vonnisoplegging gesê dié tipe oortredings is gevaarlik en gebeur gereeld. Hy het gesê die tyd het nou vir howe aangebreek om die instelling van streng vonnisse te oorweeg vir diegene wat die padreëls verontagsaam.”

Maharaj het bygevoeg die swaar vonnisse word benodig om die denkwyse te verander van bestuurders wat in hul motors dodelike wapens word. Hy het ook vir wetlike ingryping gevra om ʼn minimum vonnis vir strafbare manslagsake in te stel.

“Die RTMC onderskryf ten volle die landdros se bevinding aangesien dit ons standpunt bevestig dat howe swaarder vonnisse moet oplê om aan te dui dat verkeersoortredings ʼn groot misdaad teen die gemeenskap is en onnodige pyn en lyding aan onskuldige slagoffers veroorsaak.”

Hy het gesê die aantal mense wat op die land se paaie sterf weens roekelose optrede van bestuurders wat jaag, onder die invloed van drank bestuur en die padreëls verontagsaam, is onaanvaarbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Esmarie ·

Dis ook net van toepassing as iemand dood is. Was n maand terug in ongeluk wat n dronk bestuur binne my en my ma en dogtertjie vas gery het wat ook nie license het nie skot vry weg gekom het oor niemand dood is nie so ja ek sit met mediese onkoste en hy lewe lekker het nie eers n skaamte nie ry nog steeds rond en worry oor niks nie die polisie het net gese saak afgehandel niemand is erenstig beseer nie.

Leio ·

Saffas raak sommer jaloers dat iemand dood is, omdat dit “unfair” is.

Blommie ·

Ek is teen drank dis net nie waar nie. Die Desember vakansie is om die draai en hoeveel onskuldige mense gaan weer geraak word. Dit mag miskien help om swaarder strawwe vonnisse /boete gegee word, maar solank die mens drink en besuur met geen worries en nie sy houding verander nie gaan dit nie help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.