‘Dronkbestuurder’ ry in verkeersbeamptes vas

Foto: African News Agency

Foto: African News Agency

Twee verkeersbeamptes het ernstige beserings opgedoen toe ʼn beweerde dronkbestuurder Saterdagaand in Durban met sy bakkie in hul motor vasgery het.

Die man het ook ernstige beserings opgedoen.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, het gesê die twee beamptes is beseer toe die man op die N2 in ʼn noordelike rigting naby die KwaMashu-afrit hul motor van agter getref het.

“Die bestuurder van die bakkie is by die Greenwood-polisie aangekla,” het Mngomezulu gesê. Die twee beamptes was besig om ʼn vragmotor af te trek toe die ongeluk plaasgevind het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die drie mans is in ʼn ernstige toestand na die Umhlanga-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Dit wil my voorkom dat ‘n dronkbestuurder meer lewens op eenslag kan neem as ‘n persoon met ‘n AK47 aanvalsgeweer. Dan loop die dronkbestuurder elke dag nog rond.

DPJ ·

‘n Dronkbestuurdeer is erger as ‘n persoon met ‘n gelaaide AK47/R4 of ander outomatiese geweer wat besirk geraak het. Hy dood meer mense as die een met die geweer.

Peet Schabort ·

Brandewyn het definitief nie brieke nie.
Sterkte aan diegene wat by die ‘dronkbestuurder’ se ongeluk ongevraagd betrokke geraak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.