‘Dronkbestuurder’ tref insleepvoertuig op ongelukstoneel

Die grys Volkswagen Polo wat in die bos tot stilstand gekom het. (Foto: Rusa/Facebook)

’n Motoris is in hegtenis geneem nadat hy Saterdag, vermoedelik onder die invloed van alkohol, op ’n ongelukstoneel in ’n insleepvoertuig vasgejaag het.

Die insleepdiens het ten tyde van dié voorval op ’n ongeluk naby Redcliffe in KwaZulu-Natal gereageer, waarin vyf mense beseer is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê sy beamptes het ná 17:00 met hul aankoms op die toneel in Oakfordweg op die wrak van ’n grys Volkswagen Polo afgekom waar dit in ’n bos tot stilstand gekom het.

Die bestuurder van die motor het vermoedelik beheer oor die motor verloor en teen verskeie straatligte gebots voordat die motor enkele meters verder in die bos tot stilstand gekom het.

Rusa sê die motor se vyf insittendes was met hul aankoms reeds hospitaal toe geneem om mediese behandeling te ontvang.

Die insleepdiens was besig om die motorwrak uit die bos te sleep toe ’n wit Nissan NP 200 teen die insleepvoertuig gebots het.

“Die bestuurder van die bakkie is [op die toneel] daarvan verdink dat hy onder die invloed van drank bestuur het en is deur die polisie in hegtenis geneem,” sê Rusa.

Geen beserings is tydens dié voorval aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tjaart ·

In my tuisdorp is dit elke Saterdag en Sondagoggend se storie – robotte en lamppale wat deur dronkbestuurders verpletter is. Dit is seker beter as wanneer hulle in ander onskuldige motoriste vasry. Dit sal aanhou solank as wat drank vrylik beskikbaar is vir mense met die emosionelevolwassenheid van n 11 jarige.

Blomme ·

Dis weer tyd vir verbod op drankverkope. Ons mense kan hulself nie disiplineer nie.

Shakespeare ·

KZN met hul Zuma verwerpsels is besig om die brandpunt van kriminele te word. Brandstigting is hul sterkste wapen om hulself te laat verhonger. Ironies nê ?

Gert ·

Is hy dan blind? Die insleep voertuie het ‘n hele klomp ligte wat blits. Hoe kan hy hulle dan nie sien nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.