Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beweerde dronkbestuurders is by verskeie padblokkades oor die stad in hegtenis geneem.
“Een van die dronkbestuurders het uit die Brixton-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap nadat hy vir ʼn vroulike beampte gesê het hy moet die badkamer gebruik,” het Minnaar gesê. Volgens hom is die man in Pretoria opgespoor en weer in hegtenis geneem.