‘Dronkbestuurder’ vas na hy glo uit polisiesel ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse metropolisie het die naweek 261 mense vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beweerde dronkbestuurders is by verskeie padblokkades oor die stad in hegtenis geneem.

“Een van die dronkbestuurders het uit die Brixton-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap nadat hy vir ʼn vroulike beampte gesê het hy moet die badkamer gebruik,” het Minnaar gesê. Volgens hom is die man in Pretoria opgespoor en weer in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.