‘Dronkbestuurder’ vas ná hy voetganger tref

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Motoris wat na bewering onder die invloed van drank bestuur het, gaan Nuwejaar agter tralies deurbring nadat hy  op Kersdag ʼn voetganger raakgery het.

FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die man (42) het in Nomzamo naby Somerset-Wes glo die voetganger raakgery. Volgens omstanders het die dronk man die voetganger uit die pad geskuif en in sy motor geklim om verder te ry. Dit is nie duidelik hoe ernstig die voetganger beseer is nie.

Volgens van Wyk het lede van die gemeenskap die man glo voorgekeer en die polisie gebel.

“Speurders het tydens die ondersoek gevind die bestuurder is een van die verdagtes wat gesoek word vir omkopery in Lwandle in 2014. Verdere ondersoek het ook gewys dat die man gesoek word in Khayelitsha, Somerset-Wes, Lingelethu-Wes, Harare en die Strand vir ander aanklagte van dronkbestuur,” het hy gesê.

Die man is reeds nege keer tussen Maart 2011 tot 2015 in hegtenis geneem vir dronkbestuur, diefstal en omkopery. Hy is in 2012 skuldig bevind aan diefstal en in 2013 aan dronkbestuur.

Hy word aangekla van dronk- en nalatige en roekelose bestuur. Hy het reeds Maandag in die hof verskyn, maar sal agter tralies bly tot op 4 Januarie wanneer hy vir borgtog kan aansoek doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dirk ·

Volgens die berig is dié ou eintlik ‘n booswig. Hy moet eintlik in die tronk bly.

Griki ·

Nege keer in vier jaar en hy loop vry rond? Wat het geword van ons sg regstelsel – of moet hy eers iemand doodmaak? As dit is hoe dronkryers behandel word, kan ek verstaan waarom “Arrive Alive” telkens faal en mense gewoon voortgaan om te drink en bestuur.

Peet Schabort ·

Een van die mooi dae sal jy ‘n paar doppe moet inhê om die pad aan te durf soos wat sommiges ry.
Alle grappe op ‘n end.
DIE KLAG BEHOORT MOORD TE WEES.

Pieter.v ·

Die man is n gewoonte misdadiger,ek glo enige magistraat moet dit kan sien en hom daarvolgens vonnis ,want dis duidelik hy moet uit die samelewing verwyder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.