ʼn Dronkbestuurder in Wes-Duitsland het Saterdagoggend homself geïnkrimineer toe hy polisiebeamptes voorgekeer het om sy motor aan die gang te kry.
Toe die polisie in die klein dorpie van Mayen met hul patrolliemotor stilhou om met die man te praat, het hulle ontdek hy is besope. Hulle het ook gesien dat sy motor onlangs in ʼn ongeluk betrokke was, maar hy kon nie enige verduideliking bied nie.
Die man het uiteindelik erken hy het ʼn privaat partytjie bygewoon, maar het slegs hulp benodig om sy motor aan die gang te kry. Beamptes het sy rybewys gekonfiskeer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hy het hulle seker nog gevra om sy dop vas te hou terwyl hy sy rybewys soek!!!
Hehehe, slim vang soms sy baas
Hy was gelukkig in suid afrika is nie eers polisie om dronk bestuurders te help nie.
In Suid Afrika ry dronk regters huise se mure stukkend.
Hy is gelukkig dat net sy rybewys gekonfiskeer is – hy kon toe darem by die huis kom?!