Dronkbestuurder vra polisie om sy motor aan die gang te kry

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

ʼn Dronkbestuurder in Wes-Duitsland het Saterdagoggend homself geïnkrimineer toe hy polisiebeamptes voorgekeer het om sy motor aan die gang te kry.

Toe die polisie in die klein dorpie van Mayen met hul patrolliemotor stilhou om met die man te praat, het hulle ontdek hy is besope. Hulle het ook gesien dat sy motor onlangs in ʼn ongeluk betrokke was, maar hy kon nie enige verduideliking bied nie.

Die man het uiteindelik erken hy het ʼn privaat partytjie bygewoon, maar het slegs hulp benodig om sy motor aan die gang te kry. Beamptes het sy rybewys gekonfiskeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos ·

Hy het hulle seker nog gevra om sy dop vas te hou terwyl hy sy rybewys soek!!!

willem Botha ·

Hy was gelukkig in suid afrika is nie eers polisie om dronk bestuurders te help nie.

Gert van Wierdapark ·

Hy is gelukkig dat net sy rybewys gekonfiskeer is – hy kon toe darem by die huis kom?!

SjN ·

Hul het hom ten minste gehelp, in SA sou hy toegesluit gewees het en beroof gewees het van sy besittings, of omkoopgeld is versoek.

Zumie ·

Hy kan dankbaar wees dat sy kar gevrek het ….. hy KON dus nie dronkbestuur nie….dalk kla die aanklaer hom aan van POGING tot dronkbestuur……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.