Droogte beïnvloed al lank kusbewoners se lewenswyse in SA

Droogte beïnvloed al lank kusbewoners se lewenswyse in SA (Foto: Stephen Alvarez/Popular-archaeology)

Homo sapiens se vermoë om te improviseer het sy vermoë om tydperke van erge droogte te oorleef aansienlik verbeter.

Uit ʼn navorsingsverslag wat onlangs in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is, blyk dit dat droër tye twee groepe van die moderne mens op twee terreine aan die Suid-Afrikaanse kus, en met 5 000 jaar tussen hulle, se maak van gereedskap en ander kulturele voorwerpe beïnvloed het.

Die een gemeenskap, dié van Howiesonspoort naby Somerset-Oos, het van ongeveer 66 000 jaar gelede tot 59 000 jaar gelede geleef. Dit het hulle in die middel-Steentydperk geplaas. Hul tegnologiese ontwikkelings het hulle in hierdie tyd van erge droogte gehelp om hul bewoonde gebiede aansienlik uit te brei.

Onder die ontwikkelings wat in dié tydperk plaasgevind het, is die ontwikkeling van die pyl en boog, en om klippe op verskillende maniere te verhit om werktuie van te maak. Die ontwikkelings is vergelyk met dié van die vroeë mense by Stilbaai wat nié so ’n klimaatsverandering ondergaan het nie.

Die Stilbaai-gemeenskap, wat sowat 5 000 jaar voor die Howiesonspoort-gemeenskap geleef het –van 76 000 jaar tot 71 000 jaar gelede – het wel ook heelwat geïmproviseer, soos om silkreet te verhit sodat andersins nuttelose klip vir die maak van harde klipwerktuie gebruik kon word. Die Howiesonspoort-werktuie was egter meer bruikbaar.

Die ontwikkeling van die menslike spesie behoort saam met klimatologiese data van die betrokke periode bestudeer te word, aldus die navorsers van Frankryk en Noorweë wat saam met kenners van die Universiteit van die Witwatersrand aan die projek gewerk het. Die span het paleoklimatoloë en argeoloë ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DG ·

Die lekker ou Ewolusie fabel. Daar is soveel probleme met die teorie, en tog word dit vir ‘n feit opgedis links en regs. Hierdie artikel is net ‘n klassieke voorbeeld hoe die store net so “As a matter of fact” vertel word, geen bewyse om bewerings te staaf, net so matter of fact. Net soos die stelling “Dinosourusse het 65 miljoen jaar gelede uitgesterf” wow, net so – matter of fact. Miskien is dit eerder ‘n geloof/oortuigings stelling as ‘n wetenskaplike stelling. Gewoonlik het wetenskaplike stelling maniere om dit reg of verkeerd te bewys. ‘n “Matter of fact” stelling kan nie eers bevraagteken word nie, of hoe … Eish!

Marius ·

Jy stel dit so goed en hoe meer mens dit ondersoek hoe wankelriger raak die fondamente van die teorie. Daar is aanhangers van die evolusieteorie op rekord wat die geloofsaspek waarna jy verwys bevestig.

Eish ·

Dankie vir jou inset DG. Die hele punt van wetenskap is dat enigiemand wat dieselfde eksperiment onder dieselfde omstandighede doen, dieselfde resultate moet behaal. James Gunn, medestigter van Sloan Digital Sky Survey. Paleontologie, geologie en kosmologie gaan oor n poging om die verlede te rekonstruktureer. Die wetenskap kan nie bewys dat teorie waar is nie, slegs dat dit vals is. Metingsmetodes word in die geval gebruik om ouderdom te probeer bepaal. Meting wat konsekwent is met die teorie, bewys dit nie aangesien toekomstige meting die teorie as vals kan bewys. Ek gee kortliks n paar afwykings. Antarctic journal vol 6, Sept – Oct 1971, p211. n Rob wat so pas gedood is, is met die koolstof 14 toets gedateer dat dit 1300 jaar tevore dood is. LEWENDE skulpdiere se ouderdom is aangedui as 2300 jaar. Science vol141, pp. 634-637. LEWENDE slake is met die koolstof 14 dateringsmetode aangedui as 27000 jaar oud. Science vol224,1984,.pp.code 58-61. Die studierigtings is nie n wetenskap nie. Die hele kwessie gaan nie oor die bewys dat die skeppingsteorie waar is nie, jy kan nie dit bewys nie, ook nie die evolusie teorie nie. Dit gaan daaroor dat die skeppingsteorie n beter raamwerk verskaf vir wetenskaplike bewyse as die evolusie en ou aarde teorie en dat die van die bewyse die evolusie en ou aarde teorie verkeerd bewys. Hebr:11.1 vir evolusie:” Now evolution is the substance of fossils hoped for, the evidence of links not seen.” My spraak gesprook.

Eish ·

Verskoning vir spel en ander foute:
Laaste voorbeeld moet lees lewende slakke.
Vyfde reël van onder, ” die van” moet uit asb. Sinskonstruksie foutief.

Herman Toerien ·

Die artikel verwys glad nie na evolusie of soortgelyk nie. Die span navorsers het jare lank behoorlik navorsing gedoen, en hul artikel is aan ‘n portuuroorsig onderwerp.

Lizan Burger ·

Uhm, Somerset-OOS is 200km van die kus af. Bedoel julle nie dalk Somerset-WES nie? Ook geen Hoiwiesonpoort naby S-Oos nie

Johann Marx ·

Ek was eendag in’n museum waar die toergids gesê het die fossiel waarna ons almal staan en kyk 80 miljoen en 3 jaar oud was. Toe ek my verbasing uitspreek oor die akkuraatheid van die ouderdom en gevra het hoe dit moontlik is, was sy antwoord: “Meneer, dit was 80 miljoen jaar oud toe ek 3 jaar terug by die museum begin werk het!!!”

Juffie ·

Die ironie van die saak is vir soveel jare leef die “homo sapiens” wat al vir soveel “eeue” wetenskaplike oorlewings ontdekkings gedoen het kon tot op hede nog nie vars water van seewater “skep” nie – dis tog wat mens tydens droogtes op fokus – nie eetgerei en jag impkimente nie – “crazy” spesie die “homo sapiens”?

John ·

… ons mis die punt. Die mense het ook glo goeie voorbodes gekry daai tyd… oa dat lekker ou Jan hier gaan wil aanland mijoene jare later en groot moeilikheid gaan bring sowieso dat in die jaar 2017, in die verre toekoms, hierdie selfde wapentuig niks meer gaan help nie en toe sommer net daar die atoombom ontwikkel, wat ongelukkig toe 500 miljoen jaar later deur matrose vanuit die Nuwe Wereld gesteel is om later in die Ooste gedump te word, toe die grootbaas agterkom die ding is ‘too hot to handle’ en toe en toe die bemanning weer daar aan die kus van Afrika verbyseil 10 miljoen jaar later toe sien hulle ou Harry het nou weer ‘n moewiese groot pyl gebou wat na die hemel wys en toe vra hulle vir Harry… sorry, waar was ek nou weer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.